Visnywerheid skop sonder kampioen af

Die trofee waarom dit by die Visbedryfsrugbytoernooi gaan (Foto: BRU)

Die bekers waarom dit by die rugbytoernooi van die Visbedryf gaan (Foto: BRU)

Die jaarlikse toernooi van die Suid-Afrikaanse visnywerheid skop vanjaar sonder `n verdedigende kampioen af.

Club Mykanos het sonder opgaaf van rede laat weet hy neem nie deel nie, maar sê hy behoort aanstaande jaar weer op sy pos te wees.

Die naaswenner, Elandsbaai A, die gesamentlike Plaathouers, Cerebos A en Sea Pride, en I&J sal darem almal weer 28 en 29 Oktober op die Smit-sportterrein, Velddrif, in aksie wees.

Die getal spanne is van 12 tot 16 uitgebrei, met Abdive, Coastal Links, Lucky Star-vloot, Sea Vuna, Spot on Deals en West Point-vissery wat nie verlede jaar deelgeneem het nie.

Amawandle, Elandsbaai B, Gansbaai, Lucky Star, Sea Harvest (die 2014-kampioen) en West Point is die ander deelnemers.

Die toernooi wat deur die Bolandse Rugbyunie (BRU) in samewerking met die SA Rugbyunie (Saru) aangebied word, vind vanjaar die 29ste keer plaas.

Enrico January, Ashwin Willemse, Wayne Julies en Dale Sandton is Springbokke wat die eerste keer by die toernooi die oog gevang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.