Vlymskerp kritiek teen ‘kleinlike politiekery’

Springbok-LogoVlymskerp kritiek teen wat as ‘kleinlike politikery’ by die aanstelling van `n afrigter vir die Springbokke bestempel word, word deur die internasionale webwerf Planet Rugby uitgespreek.

Met verwysing na die veldtog om van Heyneke Meyer ontslae te raak, sê `n gewese redakteur van die webwerf, Danny Stephens, die teenstand was in gevalle niks anders nie as “verfoeilike haat”.

Die blad se huidige redakteur, Ross Hastie, het vroeër gesê hy glo slegs `n buitelander kan die skoon lei en neutrale perspektief bied wat Suid-Afrika vir `n vars wegspring nodig het.

“Slegs `n buitelander kan die vooropgestelde etikette van kwota/rassis ontduik, maar dit sal nie maklik wees om iemand te vind wat bereid is om van die gifbeker te drink nie.”

Stephens sê SA ondersteuners se hartstogtelike ondersteuning van die spel word uitgeleef in heftige binnegevegte, buitegewone opsweping as dit sleg gaan, en snelle kant kies tussen die ingeste afrigter en potensiële opvolgers.

Hy sê die spel in Wallis is deur dieselfde siekte op sy knieë gedwing voor buitelandse afrigters soos Graham Henry en Steve Hansen [nou die All Blacks se afrigter] die nasionale span op die been gekry het, nadat eie afrigters jare lank nie bo die plaaslike dwarstrekkery kon uitstyg nie.

Toe sake goed gaan, het die Wallisers weer hul eie breiertalent probeer benut, om eenvoudig in dieselfde ou stommiteite te verval – tot `n ander buitelander, Warren Gatland, maar weer sake moes gaan regruk.

Die skrywer sê dit lyk of buitelandse afrigters dit makliker vind om neutraal, oordeelkundig en veral kalm in die plaaslike debatte te bly.

Dit gaan egter `n baie dik vel verg en wie ook al as `n sukses beskou word wanneer hy uittree, sal `n meneer van `n afrigter moet wees.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bok-Bok ·

Ag nou ja, laat ons nie vergeet hoe rof dit in Engeland gegeen het nadat hulle uit die RWC gespeel is nie – wat die Franse betref … nou ja, daar het die Suid-Afrikaners nog ‘n paar lesse te leer as dit kom by rugbybe@@###heid. (Self gesensor).

Kyk, rugby (en sport oor die algemeen) is ‘n god vir baie mense. Ons sal tot in der ewigheid suur, goor, woes, haatdraend, geniepsig, afknouerig, moorderig, kleinserig, kinderagtig ens ens wees solank ons nie wen nie. En laat mens dit nou maar so aanvaar. Wat die afrigter betref – hy moet weet hy moet wen, anders sal sy kop geeis word – dis deel van sy paket en dis gewoonlik ‘n hense paket. Ek sal maklik ‘n pak of twee vat om nie eers te praat van kasteding as dit kom by R5 miljoen per jaar nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.