Vonke spat wanneer Bokke die All Blacks pak

Vergeet van die Wallabies, Poemas en Hane, vergeet van Engeland, Wallis en die Iere … wanneer die All Blacks deur Suid-Afrika toer of ʼn toetswedstryd teen die Springbokke speel, het die land rugbykoors.

Dit was nog altyd die span wat die maatstaf gestel het, teen wie ʼn mens jouself wil opweeg, die span waarvoor jy (in die ou dae) deur die nag buite die stadion se hekke sou slaap om twee toetskaartjies te bekom.

Die Springbokke en die All Blacks het sedert 1921, toe hulle die eerste keer kragte gemeet het, reeds 96 keer teen mekaar gespeel.

Vir kennisname, die All Blacks was 57 keer aan die wenkant, die Bokke 36 keer en drie toetswedstryde het gelykop geëindig.

In Suid-Afrika was die Bokke 25 keer aan die wenkant, die All Blacks 23 keer met een kragmeting gelykop.

Dis hoekom al die kaartjies vir Saterdag se toetswedstryd in die Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld opgeslurp is, al het die All Blacks reeds die Rugbykampioenskap gewen toe hulle vroeg Sondagoggend (SA tyd) in Buenos Aires die Poemas geklop het.

Dit maak nie saak nie, dit sal Saterdag op Loftus oorverdowend wees wanneer die Bokke uitdraf, die bloed sal bruis wanneer die All Blacks Saterdag die haka uitvoer, wanneer Eben Etzebeth of Pieter-Steph du Toit vir Beauden Barrett raakduik.

Dis waar helde gebore is, soos in 1949 toe Okey Geffin die All Blacks voos geskop het, waar Hennie van Zyl in 1960 om die All Blacks se heelagter, Don Clarke, gehol het. Dis waar Joggie Jansen in 1970 vir Wayne Cottrell disnis geduik het, en Gerald Bosch in 1976 vir 33 van die Bokke se 55 punte gesorg het.

Die Bokke het die reeks met 3-1 gewen en net vier drieë gedruk, maar wat maak dit saak as die All Blacks uitoorlê kan word.

Wat van Ray Mordt se drie drieë in 1981 in Auckland – wie sal ooit Joel Stransky se wenskepdoel in 1995 kan vergeet?

Daar was donker dae, soos in 2017 toe die Bokke met 57-0 in Albany afgeslag is, toe hulle in 2003 met 16-52 op Loftus verloor het, toe hulle in 2016 met 16-57 op Kings Park slae gekry het.

Maar daar was ook heuglike dae, soos in 1995 se Wêreldbeker-eindstryd, soos in 2000, toe die Bokke die All Blacks met 46-20 op Ellispark geklop (en ses drieë gedruk) het, soos die oorwinning van 40-26 in 2004 (weer op Ellispark). Die slag toe die Bokke in 2008 vir die eerste keer in Dunedin kon wen (30-28) en onlangs, toe die Bokke die All Blacks ʼn paar weke gelede met 36-34 in Wellington getroef het.

Wanneer die Springbokke teen die All Blacks speel, al is dit die 41ste keer sedert 2000, is dit ʼn belewenis – wen of verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Genieve ·

Ek hoop Rassie het met Faff gesels om die bal te bebou en nie weg te skop nie want die AB ken hou al sy taktiek..speel dai bal asb want dis maak of breek Saterdag.

Jack Rusl ·

Dis nie Faff se taktiek nie, dis wat van die afrigters afkom oor hoe om te speel.

Maar ek stem saam dat hulle meer balbesit moet hou. Jy kan nie rugby speel as jy nie die bal het nie

Niklaas ·

Dit sal baie spesiaal wees vir alle Bok ondersteuners as ons hul weer kan wen. En dis nie onmoontlik nie. Ongelukkig is dit so dat NZ net so trots is soos ons en gewis vir ons in een groot poging die stryd gaan aansê. Ek glo die telling gaan laag wees , iets soos 17-13 , in wie se guns sal ons eers Saterdagaand weet.

What a joke! ·

Weet nie so mooi nie! Die bokke moes die Wallabies n loesing gegee het maar het nie! Gaan hul weer hou by dieselfde begin span as teen die All Blacks wat susksesvol was of gaan dit weer n span wees soos teen die Wallabies? Waarom verander jy n span as jy wen teen een van die sterkse spanne ooit op hul tuisveld…
Wil hul nou die regte kombinasies en die sterkste span elke keer instoot om te wen en reg te maak vir die wereld beker of is dit nou maar weer n geval soos altyd van bevredig die rugby kwota base….Ek dink op meriete is Aphiwe die enigste speler daar van kleur wat nie meer as n kwota geag kan word nie, maar sy verdediging sal moet verbeter op aanval is hy skerp! Die res ry maar net saam,hul is gemiddeld en selfs onder gemiddeld,daars is n paar blanke spelers ook wat nie daar hoort nie…Dink die All blacks gaan die die bokke weer trap as hul by die week se span kombinasies gaan hou….Leer asb tog vir Faf om nie die bal elke keer weg te skop nie.
Teen die All blacks is bal besit weggee selfmoord!As jy moet skop skop jy ver weg om in hulle gebied te gaan speel en jy skop uit!

Hoc est bellum ·

My familie, vriende en kennisse moet asseblief nie troues, verlowingspartytjies, ens. Saterdag reël nie. Dis nou een wedstryd waarvoor ek nie kan wag nie. My landlyn gaan uitgeprop wees en my selfoon gaan afgeskakel wees. Die bier sal yskoud wees. Wie gaan wen? Dié voorspelling gaan ek nie maak nie. Hoop nie die skeidsregter foeter dit op met geelkaarte nie.

LHS ·

Ag my aarde tog, dink enige iemand dat n briljante skrumskakel doelbewus sommer so op sy eie balle sal skop sonder rede. Ontleed wedstryde in geheel en sien dan wat die doel daarmee was. Bal behou beteken nie noodwendig punte aanteken nie, geleenthede moet geskep word deur soms doelbewuste uitlokking van jou teenstaanders, taktiese spel. Faf hou hulle aan die raai en haal die druk van 10 af. Takties word doelbewus nie altyd uitgeskop nie, laat hulle terug en uitskop en kry weer die lynstaan. Gaan kritiseer eerder die kaptein wat jy nooit op die veld sien praat met sy spelers nie, ook die wat hom aangestel het.

wolla ·

De Klerk is geen Fourie Du Preez nie. Du Preez kon baie akkuraat skop, mopkop kan nie. Ek dink sy hare hang in sy oë so hy kan nie lekker sien met die skoppery nie. Die All Blacks sal dit definitief uitbuit.

What a joke! ·

Die verskil is hul die All blacks kan uitskop en skop uit met rente.Hul val dan aan reg op jou doellyn wat nie maklik gestop gaan word nie met groot sterk voorry spelers wat gapings skep en slaan dan vinnig agter met van die gevaarlikste aanvallende agterspelers wat jy moontlik kan kry in wereld rugby! Dit LHS is die verskil!
Ek se weer skop om in hul gebied te gaan speel en skop deksels ver en skop deksels uit!
As jy dan wil aan neek met up en unders doen dit op hul gebied en volg die bal op! Te minste as hul die bal kry en dan skop het jy gebieds voordeel sou hul uitskop maar kyk mooi hul skop en volg vinnig op om die skopper te dwing om dan n swak skop af te dwing! Dis is hul weer terug in jou gebied met die bal voordeel….Skop ver en skop deksels uit en volg op! Nog n ding Faf is goed maar hy is nie n Fourie of Joost met box kicks nie al probeer hy!

alida ·

Hier is baie afrigters vandag. Die beste span sal wen (hoop dit is die Bokke!!!!!)

ac ·

Ja hulle praat so baie speel eintlik kantlyn rugby,het seker nog nooit rugby gespeel nie.

Veritas ·

Die All Blacks gaan nie weer ongemotiveerd op die veld draf nie. Ons kan maar weet dat die Bokke gaan swaar lewe. Die AB’s het iets om te bewys en ek glo nie dat ons die spelers het om die golf swarttruie weer te troef nie.

Swartwolf ·

@wolla: Fourie du Preez het ‘n ordentlik pak voor hom gehad en ‘n agterlyn wat kon driee druk langs hom. Daar was nie kwota spelers nie daar om was du Preez lid van die wereld beker wenners van 2007. Selfs die kaptein en afrigter was nie kwotas nie. Nou kom jy hier arrogant en praat oor Faf kyk saam met wie moet hy speel.

Stephen Namibia ·

Die AB het teen hulleself verloor. Australia was ook n swak span laasweek. Die AB gaan SA groot loesing gee. Ek skat so 50-15 .

Leon ·

Die berig noem groot name, regte egte Springbokke, toe dit nog spel van eer was om die beste te wees in jou land, maar nou berus die keuses om spelers te kies vir die sprinbokspan mos by politiek en beslis nie meer die beste spelers vir posisies nie, so die dae wat Spingbokke die beste was in die land, is nou verby, en dit moet sad wees om te weet as jy gekies word dat daar wel beter spelers as jy is…

Frans C ·

Die sg ‘box kick’ kan aanvallend of verdedigend wees.Verdedigend wanneer span onder druk is en afstand soek,om by die volgende lynstaan te herorganiseer en verdediging in orde te kry.

‘n Aanvallende ‘box kick’ is veronderstel om druk op die opponent te plaas wat die bal inwag,maar dan moet dit opgevolg word anders word dit ‘n aanvallende bal vir die teenstanders.

Ongelukkig is Faf se skoppe nie altyd akkuraat nie,want die voorspelers beskerm hom nie altyd goed nie/

Smirre ·

@AC of sal ons se Toetie: hoe weet jy waar wie gespeel het en wat maak dit saak? Probleem is ANC beleid en kwotas (as ander kleurige spelers dan so goed is hoekom word hul plekke deur beleid bespreek en nie verdienste? ) Springbok rugby opgeneem het sodat dit nooit weer sal reg wees nie. Hier en daar ‘n game wen verder rond dobber in die see van onderprestasie soos enige iets waarby die regering en ANC betrokke is. So SA se betalende rugby publiek is moeg daaroor en sal hul se he op forums soos die al wil jy en jou papsak broertjies dit nie hoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.