Voorloper Griffons kan kwaai uitdaging verwag

Die verdedigende kampioen en huidige voorloper in die Curriebeker- Eerste Liga, die Griffons, kan Saterdag ‘n kwaai uitdaging verwag wanneer hy die tuisspan op die Boland-stadion in Wellington die stryd aansê.

Die Wynboere het die afgelope paar wedstryde goed vertoon en kan met die wortel van ‘n eerste plek voor en sy tuisskare agter hom moeilik raak.

Die Griffons is die enigste onoorwonne span tot dusver en hy sal dié status nie sommer so prys gee nie.

Op Outeniekwa-park in George sal die Valke Vrydag moet wakker loop vir ‘n Suidwestelike Distrikte-span wat nog nie vanjaar oortuig het nie en gevolglik nie eintlik kan bekostig om voor sy tuisskare teleur te stel nie.

Die Luiperds behoort op Potchefstroom heeltemal te sterk vir die Welwitschias van Namibië te wees; en in Port Elizabeth sal die Oostelike Provinsie sy bes doen om die agterosjuk af te skud wanneer hy teen die Grens speel, wat tot dusver kwalik beter vaar.

Boland se span –

15. Divan Nel, 14. Charlie Mayeza, 13. Alcino Izaacs, 12. Gerrit van Wyk, 11. Logan Basson, 10. Adriaan Carelse, 9. Vian van der Watt, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Ludio Williams, 6. Chaney Willemse, 5. Rinus Bothma, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Arnout Malherbe. Bank: 16. Francois Esterhuyzen, 17. Kyle Kruger, 18. Wayne Wilschut, 19. Kenan Cronjé, 20. Jovelian de Koker, 21. Elgar Watts, 22. Danwel Demas.

Afskoptye –

Vrydag

15:00 OP teen Grens, Nelson Mandelabaai-stadion, Port Elizabeth.

16:00 Luiperds teen Welwitschias, Olënpark, Potchefstroom.

18:00 SWD teen Valke, Outeniekwapark, George.

Saterdag

14:00 Boland teen Griffons, Bolandstadion, Wellington.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.