Voorlopers kry wind van voor in SuperSportreeks

Twee van die voorlopers het die wind van voor gekry in die jongste ronde van die SuperSportreeks.

Die Vrystaatvyftiental het sy onoorwonne rekord in die Sentraalstreek afgestaan toe Griekwas hom in Bloemfontein met 27-19 geklop het (rustyd 14-7); en in die Suidstreek het die Boland die Westelike Provinsie in Worcester tot `n gelykop uitslag van 24-24 gedwing nadat die tuisspan rustyd met 24-7 voor was.

Griekwas se losskakel, George Whitehead, het met ʼn doelskop en vyf strafdoele geslaag en 17 punte tot sy span se oorwinning bygedra.

Die Blou Bulle het onverwags kwaai teen die Valke in Pretoria gesukkel, en kon net met 37-32 wen (rustyd 20-10). Die wenspan se heelagter, Earll Dowrie, het 17 punte met ʼn drie, drie doelskoppe en twee strafdoele behaal.

Die Suidwestelike Distrikte kan alles behalwe tevrede wees met sy sege van 24-17 oor Grens in Oos-Londen (rustyd 10-10).

In Windhoek het die Goue Leeus-vyftiental ʼn gelukkige 13 drieë gedruk om die Welwitschias met 89-10 te verfomfaai (rustyd 42-3). Die Leeus se Siyabonga Masuku het 15 punte met ʼn drie en vyf doelskoppe aangeteken.

Die Sharks-vyftiental het die Luiperds-vyftiental in Piet Retief met 52-24 ondergesit (rustyd 17-12).

Die puntemakers –

Vrystaat 19 (7) – Drieë: Daniël Jordaan, Jasper Wiese, Sango Xamlashe. Doelskoppe: Barend Janse van Rensburg (2).

Griekwas 27 (14) – Drieë: Pieter Jansen van Vuuren, Christopher Bosch. Doelskop: George Whitehead. Strafdoele: George Whitehead (5).

WP 24 (7) – Drieë: Dan Du Plessis, Edwill van der Merwe, Juarno Augustus (2). Doelskoppe: Joshua Stander (2).

Boland 24 (24) – Drieë: Elgar Watts, Sergio Torrens (2), Charles Mayeza, Doelskoppe: Elgar Watts (2).

Blou Bulle 37 (20) – Drieë: Johan Grobbelaar, Earll Douwrie, Jano Venter, Mox Mxoli, Lian du Toit. Doelskoppe: Earll Douwrie (3). Strafdoele: Earll Douwrie (2).

Valke 32 (10) – Drieë: Robey Leibrandt, Jacques Alberts, Marco Klopper, Siphiwe Sithole. Doelskoppe: Andries du Plessis (3). Strafdoele: Andries du Plessis (2).

Grens 17 (10) – Drieë: Somila Jho, Siphosenkosi Nofemele. Doelskoppe: Aphiwe Stemele, Xolela Payi. Strafdoel: Aphiwe Stemele.

SWD 24 (10) – Drieë: Marlou van Niekerk, Johan Steyn, Adri Jacobs. Doelskoppe: Leighton Eksteen (3). Strafdoel: Leighton Eksteen.

Goue Leeus 89 (42) – Drieë: Wayne van der Bank (2), Phumzile Moqondwana (2), Siyabonga Masuku, Selom Gavor, Anthony Volmink, Stephen Bhasera, Eduard Fouché, Darrien Landsberg, Austin Davids, Morné van den Berg, strafdrie. Doelskoppe: Alwyn Cilliers (6), Siyabonga Masuku (5).

Welwitschias 10 (3) – Drie: JC Winkler. Doelskop: DJ van Weidts. Strafdoel: Aurello Plato.

Sharks 52 (17) – Drieë: Khutha Mchunu, Aphelele Fassi (2), Lubabalo Mtembu, Andrew du Plessis, Jeremy Ward, Leolin Zass. Doelskoppe: Danrich Visagie (5), Aphelele Fassi (2). Strafdoel: Danrich Visagie.

Luiperds 24 (12) – Drieë: Frans Botha, Dane van der Westhuizen, Chriswell September, Bradley Moolman. Doelskoppe: DP de Lange (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.