Voorlopige sekwestrasie teen OP Rugby toegestaan

ep-kings-logoOP Rugby het Donderdag bevestig dat ʼn voorlopige sekwestrasiebevel deur Regter Eksteen in die Port Elizabethse Hooggeregshof teen hom toegestaan is.

Daarvolgens het OP Rugby (Edms) Beperk tot 10 Mei om die huidige finansiële posisie aan te spreek.

In ʼn persverklaring wys OP Rugby daarop dat die bevel geen invloed het op die dag-tot-dag werksaamhede  van die maatskappy nie. OP Rugby sal dus voortgaan met voorbereiding vir die komende Curriebekerseisoen wat op 8 April begin.

Die likwidasieverhoor is ingestel deur 18 spelers van die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging en ʼn verdere 18 wat deur ʼn onafhanklike prokureur ook aansoek om likwidasie gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.