Vrae, en ook antwoorde, oor Rassie se Springbokgroep

Rassie Erasmus – in die spervuur, soos alle afrigters maar is. (Foto: Twitter @Springboks)

Waar is Akker van der Merwe, die Du Preez-tweeling, Jean-Luc en Dan, en Marco van Staden?

Hoe kon die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, ʼn reddingsboei na die veteraan-heelagter/vleuel Gio Aplon (36) uitgooi, maar nie eerder plaaslike spelers soos Divan Rossouw en Dillyn Leyds oorweeg het nie?

Waar kom JD Schickerling, die slot van die Westelike Provinsie, in die prentjie, veral omdat Lood de Jager van sy besering herstel het en Franco Mostert dalk nie eens die toetswedstryd teen Engeland sal misloop nie?

Dit was van die algemene kommentaar nadat Erasmus Saterdagaand sy Springbokgroep van 36 spelers vir die komende jaareindtoer aangewys het wat toetswedstryde teen Engeland, Frankryk, Skotland en Wallis sal speel.

Soos enige Springbokafrigter (en keurders) voor hom, was daar die gelukkiges en die ongelukkiges en die ondersteuners sal nooit saamstem nie.

Hulle het nie eens toe Kitch Christie sy span gekies het wat in 1995 die Wêreldbeker gewen het of toe Nick Mallett as afrigter op die kruin van die golf tussen 1997/’98 was en sy span 17 agtereenvolgende toetswedstryde gewen het nie.

En wat van toe die Bokbreier Jake White in 2007 weer die Wêreldbekertrofee omhoog gehou het en  toe Heyneke Meyer se Springbokspan byna die All Blacks in die WB-toernooi in 2015 se halfeindstryd geklop het?

Kom ons gee Erasmus punte, al stem ons nie altyd saam met sy spankeuses en verduidelikings nie. Hy span sy net baie wyd, hy gee die meeste van die spelers kans, en hy maak seker dat hy raakvat voordat hy aanstaande jaar die groep vir WB-toernooi in Japan moet aanwys.

Neem Schickerling as voorbeeld.

Erasmus het vanjaar  in tien toetse reeds vier verskillende slotpare gekies: Jason Jenkins en Pieter Steph du Toit teen Wallis, RG Snyman en Mostert in die drie toetse teen Engeland, Eben Etzebeth en Du Toit in die eerste kragmeting teen Argentinië en vanaf die tweede toets teen die Poemas en het toe in die vier agtereenvolgende toetswedstryde teen die Wallabies en All Blacks raakgevat met Etzebeth en Mostert as sy voorkeurkombinasie.

Schickerling se insluiting is niks minder nie as “mediese versekering” as een van Etzebeth, Mostert, Snyman of De Jager sou seerkry.

Ja, baie sal kopkrap omdat daar nie plek vir Van der Merwe in die Bokgroep is nie, veral nadat Bongi Mbonambi in die Curriebeker-halfeindstryd en die -eindstryd oorskadu is.

Hoe kan ʼn span wat sewe of agt lynstane in die eindstryd verloor die Springbokhaker (Mbonambi) en ʼn nuwe Springbokslot (Schickerling) in die span hê? word tereg gevra.

Ook: Is Sikhumbuszo Notshe beter as een van die Du Preez-broers?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Swartwolf ·

Notshe en Mbonambi is 100% kwotas maw daar om die ANC se kleur doelwitte te bereik. Vd Merwe ‘n baie sterner en meer aggressive speler as Mbonambi en Notshe het nog zero reg gekry hy lyk of hy daar is om baggasie te dra. Is hy regtig beter as die du Preez’s? Dink almal ken die antwoord.

Ralph ·

Stem saam Swartwolf. Kwotas het vir Rassies hier laat besluit. So sal ons rugby nie heelbo uitkom nie.

Pieter ·

Die du preez boeties het die bal 4 keer aangeslaan in die currie cup final en 3 strafskoppe afgestaan. En moes nog eintlik ń geel kaart ook gekry het. Sy woede op die veld is ń aanwins maar ongelukkig kan hy dit nie beheer nie.Ek dink hulle kort nog ervaring om slimmer te speel. En volgens my is Akker net te klein as jy man teen man tackles moet doen teen groot oposisie, hy is ń beter aanvallende haker, maar nie beter as marx nie.

Donavan ·

Ek stem dai manne was power ve WP in die laaste twee wedstryde akker gee alles op die veld

Lukie Carelsen ·

Dink net hoe sleg die tranformante moet voel wat WEET hulle is nie op meriete gekies nie?
Hulle word as politiese pionne gebruik vir die vuil gewin van SARU en sodat Rassie sy jôppie kan behou. Wanneer gaan hierdie gemors ophou?

Gert Coetzer ·

Skrik wakker — Kwotas op skoolvlak word SO GEHOORSAAM– SPRINGBOKKE hou dan alreeds op rugby speel. Sokker — n SWART skande vir SA — DAAR GELD NIE NET KWOTAS–MAAR ALGEMENE OORHEERSING– En kyk hoe WEN ONS!@ SKANDE dat Wittes dit net so aanvaar– DIS WITTES SE EIE SKULD– deurdat hulle net ALLES aanvaar soos deur die 《MEESTAL》 KORRUPTES VASGESTEL– Hoekom kies ons nie net n SA 15 TAL — WAT ook swart MERIETE spelers kan insluit en dan N SWART -‘ SPRINGBOKSPAN WAT NET UIT KWOTAS BESTAAN–LAAT DIE SG.VERLIGTES TOE OM SATERDAE HUL TYD TE MORS EN DAN VIR DIE SG. SPRINGBOKKE TE …KYK–En saam hul te verloor nie–Ek sal graag na die SA 15 TAL KYK– AL IS DIT OP MAANDAE—— en ten laaste — WP — RAAK VAN (SLAAP)FIELD ONTSLAE– Hy is n verleentheid vir jul STATUS

Dries ·

Sulke irrelevante vrae aangesien die antwoorde daarop klinkklaar en duidelik is vir almal. Dis kwotas.

Lekker lag ·

Akkers te klein ? Hy het deur Schikkerling gedryf om sy drie te druk. Niemand bevraagteken Marx as eerste keuse haker nie maar wel vir Mbonambi en Brits as reserwes. Mbonambi is kwota geen twyfel. Brits eintlik klaar met rugby.

bj smit ·

as rassie enige intergiteit in hom los hy dit daar en gaan rig oorsee af waar dit nie vir honm voor geskryf word wie hy moet kies nie hoop hulle verloor allws daar in die noorde

JJ ·

Geen doel om te moan nie. As hulle speel is die pawiljoene propvol van almal wat kla.

Derick ·

Mense onthou die ANC beheer SA rugby en kwotas het gekom om te bly. Waar laat dit die wit opkomende talentvolle spelers?
Gaan oorsee speel vir daai land en speel dan die hel uit die Kwota ANC Bokke.

Wesley ·

Almal kla oor Bongi en Notshe as “kwotas”, maar nie n woord oor Flou Louw, Schalk Britz uit aftrede nie, of onfikse Malherbe nie? Hul hou daai “beter” spelers soos Akkers en du Preez broers net so uit die span. Maar nou ja, as jy behep is met kleur dan is dit maar so…

blesbok ·

Ek stem 100% saam. Ek is so gatvol om te lees van “kwota” spelers. Wie is dit nogal? Vra eerder wat die obsessie met Brits, Louw en Malherbe is. Kon veel eerder Vd Merwe, JL Du Preez en Coennie in die 3 “WP Kwotas” se plekke gekies het, maar dis seker vir party mense (wat 10 teen 1 nie eers rugby volg nie) makliker om enige debat in ‘n kwota debat te verander…

Henry ·

Foeitog Wesley van watter geweste kom jy?
Dit is jou leiers en hul regime wat so behep met kleur is. dat selfs sport onder hul leiding/lyding in sy glory is. Soos die Rand die spoorweë, die lugdiens ens ens ens.

Wesley ·

Ja Henry alles was altyd beter wanneer 90persent van ons land se burgers heeltemal vergete van was behalwe om blaam op hul neer te le

kobus ·

Mense julle moet onthou Rassie rig net die span af, die spelers word gekies deur ons regering.

JOHAN ·

Om al die frustrasie te ontduik het ek SA rugby vaarwel geroep. Gemiddeldheid en onbeskaamde kwotas sal met ons wees tot ons dieselfde vlak bereik as die Bafanas. Oorbetaald en onder gemiddeld/ Bye bokke!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.