Vrae oor nuwe reeks en Superrugby gevra

Andrew Forrest – hoe gaan sy reeks vaar? (Foto: Facebook)

Vrae word gevra oor die uitwerking wat ʼn nuwe internasionale reeks van aanstaande jaar af op Sanzaar se Superrugby kan hê.

Byna gelyktydig met die uitreiking van die komende seisoen se Superrugby-bepalings, kom die nuus dat Wêreldrugby (WR) en die Australiese Rugbyunie (ARU) hul seën oor die Aussie-miljardêr Andrew Forrest se “Rapid Rugby”-reeks uitgespreek het.

Die reeks spruit uit die Western Force se uitsetting uit Superrugby en Forrester se proefneming verlede jaar met sy Wêreldrugby-reeks (WSR) tussen spanne uit die Stille Oseaan-streek.

Luidens ʼn aankondiging deur Forrest sal die nuwe reeks, naas die Force, spanne uit Fidji, Hongkong, Japan, Maleisië, Samoa, Singapoer en dalk selfs Hawaii betrek.

Dit sal in dieselfde tydgleuf as Sanzaar se reeks afgehandel word, en wedstryde sal slegs 70 minute duur, met reëls wat onder meer uitskoppery en lynstane ontmoedig.

Forrest het aan ʼn Australiese blad gesê hy wil dié dinge uit rugby haal wat ondersteuners irriteer, en ʼn skouspelagtige, vinnig bewegende en dinamiese spel skep.

Vrae wat ontstaan, is veral hoe Forrest se voorneme om heelparty van die wêreld se beste spelers na “Rapid Rugby” te lok Superrugby se spelerspoel kan raak, en hoeveel van die bestaande reeks se TV-kykers die nuwe een kan afrokkel.

Die nuwe reeks sal geen salarisplafon vir spelers voorskryf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Albert ·

n Man met n plan, ek stem saam met hom die lynstane is n klug waar die grootste onheil gepleeg word om n drie te druk. Rugby is jy duik die speler met die bal maar met die lynstane mag jy dit nie doen nie, die grootste opstruksie word daar gepleeg en dit is reg maar anders elders op die veld is dit opstruksie. As dit aanloklike rugby gaan wees gaan die kykers dit verseker kyk. As Sanzaar slim is sal hy hulle in korpereer met 2020 waar daar 20 spanne is met 12 Super A speel en 8 in Super B speel. Altwee reekse speel dubbel ronte teen mekaar en aan die einde van die reeks speel wenner van Super B teen span wat 12de geeindig het weg en tuis en die wenner speel dan in Super A.

Frans C ·

In rugby league is daar geen lynstane en word skrums gevorm,maar nie betwis nie.
Voorspelers staan net daar om agterspelers meer hardloop kans te gee.

Haal jy lynstane uit ,gaan skrums volg en dan word aantal spelers verminder en jy speel rugby league.

Gatvol ·

NRL is in elk geval n beter toeskouer sport dan die 15 man spel.Gaan kyk maar na die getalle toeskouers wat vir so n wedstryd opdaag. Die NRL spelers se fiksheid is by verre beter as die 15 man spel se spelers. Tyd word nie gemors met met skums wat inmekaar tuimel nie. Lynstane word die bal ingegooi en dan word die bal met die skoen geraak en die spel vloei dan weer vinnig. My beskeie opinie is, ons mot ernstig begin kyk na n NRL liga in die RSA sonder inmenging van enige Politieke partye..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.