Vrae, vrae en vrae, en min antwoorde

Die meeste van ons het in ʼn droomwêreld geleef en aan strooihalms vasgeklou ná verlede jaar se tweedaagse dinkskrum om Springbokrugby weer op die regte pad te kry.

Kom ons wees eerlik, dit gaan meer as ʼn indaba verg om die krake toe te messel.

Soos almal weet, gaan dit nie net oor die Springbokspan nie, maar oor rugby op alle vlakke, oor spelpatrone, diepte, afrigting, fiksheid, die ontwikkeling van spelers, krag teen krag in die Curriebeker-reeks en baie ander gebreke.

Die indaba was broodnodig, want daar kon nie meer weggeskram word nie en daar moes selfondersoek gedoen word. Die spelpatroon, fiksheid, die beleid oor die kies van oorsese spelers, die afrigtingspan wat vernuwe is met die insluiting van Franco Smith en Brendan Venter.

Ja, daar was vordering in die drie toetse teen die Franse in Junie, en ja, daar was tekens van verdere oplewing teen die Argentynse Poemas in Port Elizabeth en Salta.

Maar toe die krake weer begin ooptrek het teen die (swak) Wallabies, is daar gejuig oor die terugvegpoging.

Kom ons gaan kyk na die spanne wat gekies is. Die kern van die Bokspan het bestaan uit Lions-spelers, wat twee jaar agtereenvolgens in die eindstryd van die Superrugbyreeks gespeel het. Sewe in die opdrafspan in die eerste toets teen Frankryk, toe agt en weer sewe in die volgende twee toetse. Sewe teen die Poemas.

En toe die eindfluitjie Saterdag in Albany geblaas het, hoeveel Lions was op die veld? Net een, Courtnall Skosan.

Ses Bulls, ses Stormers.

Ja, ja, ja, die bank was een van ons sterkpunte ten die Franse, Poemas en Wallabies. Maar as jy rustyd reeds met 31-0 teen die All Blacks agter is?

Wat nou gemaak?

Hou jy by die span en gee hulle nog ʼn kans en beloon middelmatigheid?

Is Ruan Combrinck swakker as Raymond Rhule? Kan Warrik Gelant, Makazole Mapimpi of Dillyn Leyds swakker vaar?

Moet Francois Venter of Rohan Janse van Rensburg nie dalk ʼn kans kry nie? Wat het Lionel Mapoe verkeerd gedoen?

Is Piet van Zyl, Louis Schreuder en Tian Meyer nie beter skrumskakels as Francois Hougaard of Rudy Paige nie?

Moet Steven Kitshoff nie dalk in Beast Mtawarira se plek begin nie? Word Pieter-Steph nie gemors as ʼn impakspeler nie? Wat van Kwagga Smith, of leef ek in ʼn droomwêreld?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Gerbrandt ·

Raak eers ontslae van die hoofafrigter.hy het bewys hy het nie n idee nie.dan sal alles begin regkom.rigting is wat die bokke nodig het.goeie afrigter sou span gedraai het na rustyd.

Frans C ·

Die nare waarheid is dat spankeuses erg gekniehalter word deur politieke voorskrifte.
Is die span te wit dan mor die politieke base.Wat die afgelope toets aanbetref is van ons agterspelers,veral op vleuel geboelie deur die kragtige NZ-spelers.

Daar sal vinnig ‘n plan gemaak word op die agterste driehoek te versterk.

Arie ·

Ek stem. Raak van politieke inmenging ontslae, bestuur en die kamtige hoofafrigter ontsalae anders os daar geen toekoms vir die bokke nie

rollie ·

Die Wallabies is beslis nie “swak” nie. ‘n Span wat terugveg teen die AB’s en dertig punte aanteken nadat hul meer as 40 punte agter was en in ‘n volgende wedstryd ‘n haarbreedte kom van ‘n oorwinning teen die AB’s in NS is beslis nie swak nie. Die Wallabies het eintlik meer vaardighede as die Bokke, ons is net gelukkig dat ons hulle ‘n bietjie kan boelie voorlangs.

Stephanus ·

Hou ingedagte dat jy nie die bestes kan kies nie want daar moet voldoen word aan ‘n sekere getal kwotas!!!

Lukas ·

Regtig , die swakste van my era, geen plan nie, wat soek manne soos Houghard,janties, ons twee vleuels in die span. Waar jy gesien Pollard op bench, nog nie eers n provinsiale game gespeel nie. , En so al ons spellers met karakter verloor ons aan ander lande, Ons afrigter kon nooit maar nooit n super 14 reeks wen nie, wat soek hy daar, Jaag die hele afrigting span weg man, Baffanna se afrigters sal beter vaar.

Bloues ·

Afrigterspan wat nie genoegsame kennis van die spel het nie en dus swak spankeuses maak wat ook nog beinvloed word deur kwotas.

Brendon en Franco los vir Rohan van Rensbyrg en Venter by die huis terwyl De Allende saam toer. Dit allen wys die manne het nie die kennis wat benodig word nie. Hoekom dus enigsins verder die probleem ondersoek. En Nee dis nie Coetzee nie, die agterlyn afrigters maak die dom onnosel keuses. En die spreekwoord sê dat as jy dom is moet jy ly. Sooo kry vir julle!!!

Lukie Carelsen ·

Daar is net een oplossing. Daar moet druk op die regering uitgeoefen word, nasionaal en internasionaal om die onwettige rassekwotas en politiese inmenging in ons sport te staak. (Die internasionale olimpiese kode verbied dit!) Intussen moet die wereld ons sportspanne boikot soos hulle gedoen het in die apartheidsjare. (Sou Afriforum of Solidariteit nie die regering internasionaal aangekla het nie?). Die Springbok embleem moet waai asook die Springbok trui. Finish en klaar!

Anoniem ·

Vervang die agterste 3 met Galant, Combrink en Mapimpi. Vervang Serfontein met Janse van Rensburg. Vervang Beast met Kitshoff en hou Beast op die bank. Vervang Cassiem, selfs met ‘n eenpoot donkie. Hou PSDT in die opdraf span. Steek julle trots in julle sakke en kry Bismark en Jannie terug. Ons kan nie met hakers speel wat nie die bal in ‘n lynstaan kan ingooi nie, dan kan jy net sowel nie met slotte speel nie. Jy kan nie skrum sonder ‘n sterk vaskop nie.

Jack Russl ·

Dit help ook nie die haker gooi die bal in, maar die slotte wend nie ‘n poging aan om te wen nie. Dan is dit mos logies dat die bal oor almal se koppe gaan as niemand spring om die bal te ontvang nie.

Galant en Mapimpi se verdedeging is nie op standaard nie, maar kan seker nie swakker wees as Rhule en Skosan nie.

Los voorspelers is nie waar hulle moet wees nie. Jantjies, Etzebeth, Kriel, Coetzee breek almal deur net om alleen te wees, geen los voorspelers om die bal te beskerm nie.

Los vir Bismark en Jannie net waar hulle is. Ons het genoeg stutte en hakers benodig die slotte ten minste ‘n poging in die lynstaan aan te wend

KLEINTJIE ·

Ek dink nog die Nieu-Seelanders is `n swak span want hulle was alleen op die veld en kon net 57 punte aanteken. Wat sou gebeur het as die Bokke ook op die veld was?

Dean ·

Lekker gelag kleintjie..nie so daaraan gedink nie…miskien kan jy vir afrigtingspos aansoek doen…Alistair was ook nie daar nie..was besig om heruitsendings van stormer games te kyk.

m.d.r ·

Die Springbok losvoorspelers was net eenvoudig te stadig. Toe ek hoor Jaco Kriel is ook beseer, het ek dadelik besef hier kom groot moeiikheid.
Opgelet hoeveel maal het Andries Coetzee gehardloop met die bal maar daar was eintlik geen ondersteuning nie. Word hy gekeer, moes daar tenminste drie tot vyf spelers by gewees het om vinnige besit te verkry–daar was hoogstens twee…
Hougaard se manier om eers twee of meer tree DWARS te hardloop voor hy uitgee was fataal—vir elke tree dwars is die opponente ‘n tree nader..daarom dat die agterlyn eintlik op ‘n bondel beland het wanneer die senters iets probeer doen.
Iets wat my opgeval het was tot hoe ‘n mate die Bokke gesweet het–Franco Mostert se gesig was sopnat gesweet netna die AB’s se eerste drie. Kort darna het Jessie Kriel sy gesig afgevee met sy trui se onder pant. Ek glo vir ‘n oomblik hulle was onfiks nie.
En dan die liewe lynstane—wie het besluit dat Marx elke keer so diep moes ingooi-‘n truuk wat duidelik nie gewerk het nie…?
As ek ‘n kaartjie vir Nuweland gehad het , het ek my geld gaan terugvra…

Jack Russl ·

Stem saam met meeste van jou punte. Enigste verskil is dat dit nie sal saak maak hoe akkuraat Marx ingooi as die slotte nie spring in die lynstane nie.

Fiksheid, onthou dit tap meer energie om te verdedig as om aan te val. Maar nou ja, of hulle verdedig het is ook ‘n vraag op sy eie

Ben ·

Die doel van Rugby is om jou doelyn te verdedig en dan die doelyn van jou opponente oor te steek. In Suid Afrika kies ons net spelers wat kan vinnig kan hardloop. Hulle het regtig nie vaardighede nie. ‘n Persoon is sterk in die kop as hy die moed het om ‘n laagvat te kan uitvoer. Ons kan egter dit egter nie se van die twee vleuls en die heelagter wat sterdag gespeel het nie. Transformasie hoort nie by die Sprinkbokke nie, dit kan geimlementeer word op Skoolvlak, Klubvlak en provinsiaal. As SA Rugby so aangaan gaan ons as publiek en die borge dit boikot asook ons eie sport begin.

Lol ·

Korrek Ben. Selfs ons Cravenweek spanne en SA Skole spanne word gekies agv aanvallende vaardighede by spelers wat nie hoef te verdedig nie want hulle kom uit die sterker skole wat die meerderheid balbesit het. Ongelukkig word hulle verdedigende tekortkominge dan uitgewys sodra hulle nie die balbesit het nie.

se maar net ·

Ja ja blameer als ons rugby is uiters swak en klaar en gaan nooit weer reg kom nie

Jack Russl ·

Agterste 3, bring vir Combring, Lleyds en Nkosi. Sal Gelant op die bank inbring.

Senters Rohan en Vorster. Kriel op die bank

Jantjies en Cronje as skakelpaar. As Cronje weer uit is Vermaak, met Schreuder op die bank. Een van Bosch of Boshoff op die bank

Los drie is Kolisi, Smith en Bholi, met Du Preez op die bank

Slotte Etzebeth en Mostert met PSDT op die bank.

Voorry moet Kitshoff, Marx en Dreyer wees. Op die bank Beast, Akker en Trevor

Jack Russl ·

Bholi het vir die Kings gespeel en hy was een van hulle uitblinkers gewees. Hy speel nou vir die Pumas in die CC

cjj ·

ai liewe rugby vriende hoekom verloor ons so, het julle nie dalk al gesit en geluister na die afgewatere volkslied wat ons so uit volle bors staan en sing, geen 1 van ons verstaan wat daar gesing word nie, word daar rerig gesing GOD SEëN AFRIKA, nee luister en vertaal die song dit gaan oor voorvaders wat Afrika moet seën. Ons Wonderlike Hemelse Vader word glad nie eers genome nie, so ek wil nie swartgallig klink nie dit is hoekom die bokkies so verloor daar is geen vertroue nie.

Nugter ·

CJJ, daar slaan jy die spyker 100% op sy kop. Ons ou volkie besef nie wat hulle doen nie. Ek is bly dis nie net ek wat dit raaksien nie…

Lol ·

Ek kan verkeerd wees maar die Springbokke het tydens die All Black Haka glad nie intens gefokus gelyk nie en dit nie gebruik vir eie motivering nie. Hulle het rondgetrippel, geen oogkontak gemaak en Cassiem was besig om sy sweetpak uit te trek voor die Haka klaar was. Dus besef hy nie die respek en tradisie wat daarmee gaan nie. In my opinie het ons die wedstryd verloor nog voor dit begin het.

Basiese Rugby ·

Ja almal huil oor die spelers maar wie kies hulle? Teen Frankryk het almal gesê hierdie spelers is die beste! Nou ja Bokke kort ‘n neutrale afrigter, iemand van buite wat weet hoe om spelers te ontwikkel en talent kan raak sien. Kwotas hmmmmm nou ja hier is ‘n probleem as jy kyk na spelers van kleur wat by die huis sit en wie gekies word laat my wonder…. Skosan is ‘n meriete speler, rhule wel almal wat rugby kyk weet hy kan nie verdedig nie maar hy word gekies. Terwyl vleuels soos Combrinck en Senatla by die huis sit en kyk. Daar is baie talentvolle spelers van kleur maar hulle kry nie kans nie. Wat dit erger maak is jy sit met ‘n afrigter wat nie weet hoe om druk te hanteer nie hoeveel superrugby finale het die WP met hom aan die stuur gewen??? Nou ja wat meer moet ons sê
SARU stel asb ‘n afrigter aan wat nie genome aan enige provinsie is nie en laat hom toe om 60 spelers te kies en te verseker dat daar diepte gekweek word in elke posisie. Kyk net na die Kings ek haal my hoed af vir Davids hy het verlede jaar gewys met spelers van orals en jong spelers dat as jy bereid is om die harde werk in te sit sal dit vrugte werp. Coetzee hou op praat en kyk in die spieël ou maat…….

Jack Russl ·

Jammer, maar ek het glad nie gesê dat dit ons beste span is teen die Franse nie. Ek dra nie meer my springbok trui tot die gemors uitgesorteer is nie, ek het dit meer as ‘n jaar laas aangehad en soos dit nou lyk kan ek my springbok trui opgradeer na ‘n vloerlap toe.

Senatla hoort ook nie daar nie. Sy verdedeging is net so swak en hy kan die spasies skep soos in 7s nie. Hy is ‘n briljante 7s speler en moet daar bly, dit is waar SA hom nodig het

Ada ·

Ek is so bly dat die Bokke verloor het sodat die hoofafrigter uit sy droomwereld kan kom en besef hy is nie bevoeg vir die joppie nie. Ek hoop hy besef dit – want dit lyk nie of hy doen nie. Al wat hy doen is om die All Blacks te prys vir hulle goeie spel maar hy sien blykbaar niks fout met die Bokke nie – wat weereens beteken dat hy geen fout met homself sien nie. En dit is die groot probleem. Die mense wat hom aangestel het – het dieselfde probleem – Hulle is oblivious van wat om hulle aangaan. Ons gaan nooit ‘mn wenner wees indien die hoof afrigter en sy maatjies nie loop nie. Kry iemand wat die job oordentlik kan doen. Kry spelers wat ‘n bal kan vang, wat iemand kan laagvat , wat kan uitskop indien nodig en nie heeltyd die verdomde bal wegskop of in die teenstander se hande nie. Die Bokke kan nie eers die basics regdoen nie want die afrigter kan dit nie doen nie. Lyk my hy is net daar om te gorrel foor die TV dis al wat hy kan doen. Verder is hy die NUL in die telling van Saterdag.

Addo ·

Hoe laat jy die afrigters besef hulle hoort nie daar nie? Veral nie die hoofafrigter.. Al wat hy kan doen is babbel en babbel – verder beteken hy niks nie. Hy hoort so nie daar nie. Kry ook ‘n beter onder-kaptein. Een wat respek afdwing en leierskap toon wanneer dit nodig is.
Kry professionele afrigters oorsee want ons het nie sulke afrigters nie – die enigste een is land- uit en dit was Ackermann.

Johannes van Rooyen ·

Politiek is die probleem solank hulle daar is sal rugby Nooit regkom nie

Pieta ·

Bekommer my dat die afrigter wedstryd na wedstryd vertel dat hy baie uit die wedstryd geleer het of andersins op ‘n leerkurwe is. Wat vertel hy eintlik? As hy aanmekaar nog moet leer hoe op aarde kan hy afrig as hy vir die volgende wedstryd moet wag om nog by te leer? Wat het hy dan in die eerste plek geweet? As dit so is maak kwotas nie saak nie en ook nie wie in die span is nie – selfs die beste spelers in die land sal verkeerd? afgerig word.

Jack Russl ·

Bekommer dit jou nou eers. Dit is die AC van ons maar ken van WP se dae af. Verskoning op verskoning en blameer alles behalwe homself

Rianto ·

Die voordeel wat Divvie gehad het is ou spelers soos Fourie en kie wat nog daar was maar die afrigting was maar op selfde vlak as AC. Hy het ongelukkig nie sulke spelers om op terug te val nie… dit het Jake W lank gevat om Jean en Jacques te kies… en hy was glad nie spyt nie.. die rugby publiek het gesmeek en kyk na die resultate….. AC asb my ou blinde maat gebruik die gehoor sintuig as jy nie wil sien nie en kies die 2 Ruans… dit kan nie slegter gaan nie…

Frans C ·

Die Bokke is kwesbaar op vleuel en in die middelveld want die spelers is fisies nie sterk genoeg om die All Black agterspelers intoom te hou en dood te vat op die voordeellyn.
Wat ons soek is twee sterk aggresiewe vleuels in die Ray Mordt klas en ‘n senter wat sterk genoeg is om oor die voordeellyn te kom en die All Black senters in die laagvat kan smoor voordat hul die bal wegkry.

Ons soek ‘n sterk vinnige agsteman wat die nommer 10 kanaal met mening aanval en Barrett op sy agterent plaas as die hom probeer laagvat.Dan moet daar ‘n ‘fetcher’ wees
wat vinnig by die breekpunte kom en balbesit verseker.

Ons soek ‘n skrumskakel sterk genoeg om die NZ losvoorspelers aan te vat ,wat oor ‘n venynige breekslag van die skrum en losskrum besit met ‘n sekure aangee sonder om eers
skuins oor die veld te beweeg.Kleur maak nie saak nie,solank hy die basiese goed reg doen.

MANIE ·

Stop kwotas en regering inmenging. Indien nie wag daar nog groter loesings

Neels Vorster ·

Springbok rugby was ons Suid Afrikaanse pa”s se hero’s en motivering om rugby te speel. Op ons beurt het ons ons seuns ook aan die Hero’s bekend gestel oor Springbok rugby van gister en ons eie rugby ervaringe. Almal wil iemand op daardie veld wees. Pa’s het hulle seuns gedress in hulle plaaslike rugby bonde se kleure en pa en seun het die groen en goud met trots gedra as ondersteuner. Maak nie saak die redes vir die gemors waarin oms rugby is nie Pa’s het nie meer hero’s om sy kind positief te beinvloed nie. Ons hero’s het gewone mense geword. Die score board wys maar net die hartseer wat n pa beleef, alles wat hy seun wou trots maak is nou afgewaterde rugby. Daarom is pa’s boos. Ons is beroof van n kultuur wat so eie van ons was. Bring terug hero’s wat weet waarvoor hulle eintlik speel-ons seuns.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.