Vreugdevure brand maar laag ná Bokke se sege oor Wallabies

Faf de Klerk breek met sy teenstander Will Genia wat hom probeer afsny. (Foto: Twitter @qantaswallabies)ʼn Mens moet altyd dankbaar wees vir ʼn oorwinning in toetsrugby, maar Saterdag se oorwinning van 23-12 oor die Wallabies in die Rugbykampioenskap in Port Elizabeth is een wat nie lank onthou sal word nie.

Nadat die Bokke ná 20 minute met 14-0 voor was en op verlede week se momentum teen die All Blacks in Wellington voortgebou het, het hulle weer in ʼn groef van middelmatigheid teruggesak.

Net soos in verlede week in die toetswedstryd teen die All Blacks in Wellington, toe die Bokke sonder besit en byna bloot op genade (en verdediging) met 36-34 deurgeskraap het, het hulle weer in baie fasette te kort geskiet.

Hulle was rustyd met 20-12 voor en die Wallabies was reg om afgeslag te word, maar die Bokke kon nie die uitklophou plant nie.

Was dit nie maar net ʼn pure vloekskoot teen die All Blacks nie?

ʼn Mens wil nie net kla nie, maar só gaan die geluk moes opdroog. Jy moet kan drieë druk, jy moet kanse skep, jy moet genoeg gebiedsvoordeel hê en darem genoeg besit wen om teen die heel grotes mee te ding.

Twee drieë teen twee teen een van die swakste Wallaby-spanne in jare, wéér ʼn gebrek aan besit (40 persent teenoor 60 persent) kan jou mos nie laat wen nie?

Die Bokke moes weer op hul verdediging staat maak om aan die wenkant te bly. Hulle het 183 duikslae (waarvan nege onsuksesvol was) uitgevoer. Die Wallabies moes net 90 keer verdedig en het tien duikslae gemis.

Is dit nou die Bokke se grootste troefkaart? ʼn Mens hoop werklik nie so nie.

As is verbrande hout, maar as die Wallaby-senter Matt Toomua nie met ʼn strafdoel en ʼn doelskop misluk het nie en Reece Hodge ook nie skeef gekorrel het met ʼn lang strafdoel nie, kon sake so maklik anders verloop het.

Aan die positiewe kant was die werkverrigting, verdediging en die aanvalsvermoë van Aphiwe Dyantyi  weer ʼn openbaring. Ja, hy het ʼn geelkaart gekry, maar die span was gewaarsku en hy was ongelukkig die eerste oortreder ná ʼn algemene waarskuwing.

Dan was Handré Pollard op sy kop met sy algemene spel, taktiese skopwerk, sy balverspreiding en met sy skopwerk pale toe.

Faf de Klerk was weer ʼn woelwater en voorlangs het Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Malcolm Marx en Siya Kolisi uitgetroon.

Aan die negatiewe kant: Wat het met die Bokke in die skrums verkeerd geloop? Teen ʼn span wat nog nooit as skrumwerkers gereken is  nie?

Dan is die ou waarheid dat jy nie sonder ʼn baljagter kan speel nie, herbeklemtoon.

Ook, sal dit ʼn tweede keer genoeg wees om net op verdediging teen die All Blacks staat te maak?

 Puntemakers:

Suid-Afrika (20) 23: Drieë: Aphiwe Dyantyi, Faf de Klerk. Doelskoppe: Handré Pollard (2). Strafdoele: Pollard (3).
Australië (12) 12: Drieë:  Reece Hodge, Will Genia. Doelskop: Matt Toomua.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Groen Ertjie ·

Faf het al die besit weggeskop en die bokke onder druk geplaas in die tweede helfte – twee senters is ook useless

wolla ·

Moet sê dis die swakste Wallaby agterlyn wat ek in jare gesien het. Nou dat hul skrumwerk op standaard is, gaan hulle agterspel agteruit. De Klerk moet minder besit wegskop dit kan fataal wees teen die AB’s. Kolbe baie goed asook Pollard. Dyanti is gevaarlik op die aanval maar moet baie leer as dit by verdediging kom. Etsebeth, Mostert, PSDT, Kolisi en supersub Kitshoff ook goed gespeel. Van Staden weer nie beindruk nie.

Swartwolf ·

@Wolla: het jy dieselfde game gekyk? Weer soos 2 weke terug het Kolbe nie sy man gemerk nie en ‘n drie afgestaan. Tuindwerg in ‘n groen en goud trui. Waar was Kolisi – twee tackles en ‘n drie weggesmyt met sy tekort aan visie ?? Jy droom van kiewieteiers…….

SjN ·

Hoekom sommige spelers so ophemel deur die afgewaterde kommentators, as hul so speel gaan hul nie ver kom nie. Ek dink nog steeds daar was n gekonkel met die AB wedstryd.

Swartwolf ·

@Wolla: het jy dieselfde game gekyk? Weer soos 2 weke terug het Kolbe nie sy man gemerk nie en ‘n drie afgestaan. Tuindwerg in ‘n groen en goud trui. Waar was Kolisi – twee tackles en ‘n drie weggesmyt met sy tekort aan visie ?? Jy droom van kiewieteiers…….

LHS ·

Seker van die swakste rugby wat Australie huidiglik speel. Kom ons wees eerlik oor die huidige spelers in die bok span, wie hoort daar sonder enige twyfel. Nr’s 15, 11, 10,9, 6 (PsdT) 4,5 en 2 en daar stop die lysie. Die res se verdediging is goed, dankie Soois de Bruin, maar ongelukkig in n oorlog is dit gewoonlik die aanhoudende verdedigers wat uiteindelik moet oorgee. Gelukkig WEET ons vooraf niks gaan verander of verbeter nie, so wees bly oor die krummels as ons per ongeluk wen. Beslis nie a.g.v. goeie spel wat ons die afgelope 2 gewen het nie, goeie verdediging en baie geluk ja. Ek dink enige realistiese persoon sal vir jou kan uitwys dat ons ernstige rede tot kommer het huidiglik.

Pierre de Villiers ·

Wanneer gaan iemand Faf aan sy hare trek en se hy moet ophou die bal weggee vir sy opponente!
En daar was net een goeie breekslag en dit was Pollard wat ‘n goeie game gehad het.

Yankee ·

Waarom, waarom!! As hulle verloor, kraai julle klomp gal!!! As hulle wen, braak julle sideliners steeds gal!! Sies man. Hier in Amerika stoot ons trots n bors uit.

John ·

Bedoel jy soos wanneer die spelers hulle knie buig wanneer die volkslied speel – lol

Yankee ·

John, jy klink erg na n bittergal. Ek praat hier van Suid-Afrikaners in die VSA as die bokke speel, lol!!

wolla ·

Amper geen kommentare nie, ons het mos gewen. Tot ons weer verloor dan kruip almal weer uit hul gate uit en blameer die kwotas.

John ·

Daar is nie iets soos kwotas, plaasmoorde, grondgryp of staatskaping in pragtige utopiese Suid-Afrika nie!

Smirre ·

Kolbe was pateties weer ‘n drie afgestaan want hy kom binnekant toe en probeer die opposisie vleuel inhardloop en “ankle tap”. Te min en dun om ‘n ordentlike “tackle”” te maak.

nico k ·

Kolbe het uitstekend verdedig (en ek het die wedstryd gekyk.) Gaan kyk na die statistieke. Ja hy het een keer gemis, maar die res was hy elke keer onder sy man in. Wat net bewys ‘n klein outjie kan ‘n groot man neer trek, jy moet net laag gaan. Nee wat hierdie negatiewiteit van Maroela lesers irriteer my verskriklik. Ons is verseker 2de in die superreeks wat vir ons baie goed is. Ons is nie elke jaar 2de nie.

Smirre ·

Nie negatiwiteit nie eerder realiteit. Gaan kyk hoe het Ioane vir Kolbe afgestamp twee weke terug om in die hoek te druk. En gister staan hy weer ‘n drie at. Sy verdediging is suspect no doubt. Bokke is definetief beter as laas jaar toe Toetie die span so opgeneuk het. Maar dit lyk eerder of van die spelers self meer toegewyd is as wat die regte keuses gemaak en goeie afrigting die oorsaak is. Vraag is oor die volhoubaarheid van die huidige bestel. Ek hoop van harte dit hou en verbeter nog meer.

Hennie ·

Nogal kommerwekkend as Australie ‘n skrum teen SA verkies as hulle ‘n stafskop kry in die Bokke se kwart gebied. Wys eintlik ons skrumwerk is swak.

Fritz ·

Wolla ek vermoed Swartwolf het nie dieselfde game as ons gesien nie. Ek stem 100% met jou opmerkings saam. Was direk na die wedsryd presies my gevoel.

Swartwolf ·

Selfde game gekyk maar sonder papsak. Wallabies was swak. Bokke nie veel beter. Pollard was goed- enigste goeie speler in die bok agterlyn. Faf moes so baie skop omdat die bok agterlyn onder druk was – veral die tweede helfte. Kholisi het ‘n sekere drie weggesmyt en Kolbe weereens nie sy man gemerk nie vir ‘n Aussie drie. Bok vaste vyf saam met Beale het wedstryd for bokke gewen. As jy die gemis het vat ‘n koffie en kyk die game weer.

Spike ·

Ons probleem is die senters, het glad nie visie en kannie bal versprei. Sit Pollard op binnesenter en Willemse op losskakel. PS du Toit op 8, Siya op 7 en v Staden op 6.

Frans C ·

Die Bokke het maar 40% balbesit geniet,is in die ‘breakdown’ ore aangesit en kon slegs 52
teen Australië se 91 wen.Die Aussies wen 9 skrums die Bokke 8,terwyl die Aussies die lynstane 12-10 wen

Die Bokke sal moet drasties verbeter anders wag probleme teen die All Blacks.
Kolisi oortuig nie as kaptein nie en moes Marx dit onder skeidsregter se aandag bring dat die Aussies die Bokke dryf voordat die springer se voete op die grond is.

Dit het die Leeus ook deeglik van goeie besit ontneem in hul eindstryd teen die Crusaders wat dieselfde taktiek toegepas het,sonder dat die skeidsregter hul gestraf het.

Te veel bokke staan en kyk hoe hul spanmaats die donkiewerk doen,sonder om vinnig by die afbreekpunte te kom en skoon te maak.

Oom Kalahari ·

@Swartwolf, beter as jy kon ek dit nie gestel het nie en ja ek dink die papsak manne en verkoolde vleis en wors by die vuurtjie het ‘n heel ander wedstryd gesien. Ons bly maar by ons koffie en gesels weer as die “All Black” wedstryd opkom volgende naweek. Meeste SA (Springkok) spelers van formaat het hul heil oorsee gaan soek waar hul wel ‘n groot verskil maak en spasie maak vir Erasmus se kwota beloftes en spelers. Kom ons konsentreer liewer wat die wereldbeker deelname vir Azania gaan inhou.

Willem ·

Ek sien een ou, ‘n rubriekskrywer, skryf dat al die negatiewe kritiek wys hoeveel mense nog vir die ” …. ” omgee, kom ek noem dit eerder DIT waaroor hier geskryf word. Hy kon net sowel vir my vertel het dat daar nie plaasmoorde is nie.

Swartwolf ·

@Oom Kalahari: dankie Oom Kallas ek wardeer bly jy sien die game ook so. Bokke nog ver van wereldbeker materiaal of selfs gereelde top 3 op die ranglyste. Te veel rondgevallery met spelers, spelers wat uit posisie speel, kwotas bv. Notshe, Kholisi, Kolbe ens. Asook die afwesigheid van leierskap. Die spelers self het opgestaan en probeer maar dit sal nie genoeg wees om die ommekeer en momentum te skep wat nodig is nie.

Gollie ·

Die Sharks moet by WP verby kom dan kan hulle die bokke ‘n les leer

LHS ·

Kom ons los die kwota storie heeltemal maar kyk na realiteite. Whitley moet daar wees in vergeleke.met sy plaasvervanger van SA, Ons kort n goeie fetcher op flank en beslis nie die ene wat Sa. opgekom het nie, gaan haal vir Jaco Kriel in Kolisi se plek. Ruhan J v Rensburg en Ruan Combrinck is n moet. Dan het ek steeds die gevoel dat daar beter stutte is wat daar hoort. Ons sal moet begin balbesit kry. Verdediging is uitstekend maar dit gaan vinnig deur goeie spanne geneutraliseer word.

Smirre ·

Stem saam met Combrink op vleuel, Kriek op flank, en ‘n meer aanvallende senterpaar. Louw en Kitshoff in die begin 15.

Yankee ·

Julle ouens laat my trane rol. Dit is lagspier trane!! Die Bokke het gewen, vaderland, dis al wat saak maak!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.