Vrygestelde De Jongh in WP-halfeindspan

Huw Jones - gevaarman vir die Bulle (Foto skysports.com)

Huw Jones – gevaarman vir die Bulle (Foto skysports.com)

Die Westelike Provinsie se afrigter John Dobson het ses veranderinge vir Saterdag se Curriebekerhalfeindstryd teen die Blou Bulle op Loftus aangebring.

Ondermeer het hy die twee vrygestelde Springbokke Juan de Jongh en Bongi Mbonambi ingesluit. Terwyl dit verstaanbaar is dat Mbonambi vrygestel is aangesien hy nouliks in sy agt toetse op die bank speelkans gekry het, is die besluit oor De Jongh ietwat vreemd.

Hy het in die laaste vier toetse in die Rugbykampioenskap elke keer al 80 minute gespeel – en hy moets ongetwyfeld lyfseer van al die keerwerk wees!

De Jongh sal teen die Blou Bulle aan die buitekant van die giftige Skotse senter Huw Jones speel. Hy was in 2014 in die Ikeys se span wat die Varsitybeker gewen het en het in die Curriebekerreeks dusver sewe driee gedruk wat saam met vier ander spelers – Jamba Ulengo, Kwagga Smith, Howard Mnisi en Frankie Herne – die meeste tot dusver is.

Die Blitsbok Werner Kok is ook weer na ʼn blaaskans terug.

Op skrumskakel is Dewaldt Duvenage na sy dyspierprobleme in die beginspan.

Die span –

15 Cheslin Kolbe, 14 Werner Kok, 13 Juan de Jongh, 12 Huw Jones, 11 Leolin Zas, 10 Robert du Preez, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Kobus van Dyk, 6 Rynhardt Elstadt, 5 Chris van Zyl (kapt.), 4 Jan de Klerk, 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 JC Janse van Rensburg. Bank: 16 Mike Willemse, 17 Alistair Vermaak, 18 JP Smith, 19 JD Schickerling, 20 Stefan Willemse, 21 Jano Vermaak, 22 Johnny Kotze, 23 Scott van Breda.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Dit is nie vir my vreemd dat De jongh vrygestel is nie.
AC is ‘n WP man en sal alles doen in sy vermoeë doen om WP te bevoordeel

Christo Visagie ·

As die Bulle hulle klop dan kan daar geen verskonings wees van die WP se kant nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.