Vrystaat-Cheetahs gly byna teen die Goue Leeus

Foto: Cheetahs/Twitter

Die Vrystaat-Cheetahs se rugbyspan het Saterdag in Bloemfontein die Curriebeker ná 40 minute reeds in die sakkie gehad, maar daarvan vergeet om dit toe knoop en amper ʼn duur prys betaal.

Die tuisspan was rustyd reeds met 31-7 voor teen die Goue Leeus, maar die Vrystaters moes baie delf om met 31-28 te wen nadat die Leeus vier drieë binne die laaste kwartier gedruk het.

Dit was die Vrystaters se sesde Beker-oorwinning nadat hulle ook in 2016 teen die Blou Bulle in Bloemfontein baas was. Hulle kan dus met groot vertroue uitsien na die komende Pro-14-reeks, hoewel ʼn mens wonder of hulle die pas sal kan volhou.

Die oorsese spanne het in Mei laas gespeel en ʼn hele paar weke ruskans gehad terwyl die Vrystaat geen ruskans gegun is nie en week ná week hul beste gelewer het. Waar die Vrystaat se fiksheid hulle die afgelope paar weke deurgetrek het, het hulle Saterdag besluit om vroeg hard te slaan.

Hulle het vier skitter-drieë gedruk, was in die vaste fasette baas en het die Leeus agter die voordeellyn aan bande gelê. Wanneer hulle in hul eie gebied was, het Ruan Pienaar en Tiaan Schoeman met lang buiteskoppe gesorg dat die span op die voorvoet bly.

Toe die Vrystaat boonop die tweede helfte weer soos ʼn sneltrein afsit, het die 38 000 toeskouers hulle reggemaak vir ʼn vyftigtal. Maar dié keer het die stoom opgeraak, die seisoen het sy tol begin eis en die plaasvangers kon nie enige impak maak nie.

Daarteenoor het die jong Leeus al hoe meer bresse begin slaan, oor die voordeellyn gekom, die Vrystaat in die vaste fasette oorheers en byna die knoop deurgehak. Dit was veral Tyrone Greene, Wandesile Simelani, Duncan Mathews, Shaun Reynolds en James Venter wat gebaljaar het, want die pak was op die voorvoet.

Die Vrystaat het boonop ʼn geel kaart (Sintu Manjezi) gekry ná ʼn reeks oortredings en die Leeus het heelwat munt daaruit geslaan.

Hulle het na links en regs geslaan, byna elke keer oor die voordeellyn gekom en die Vrystaat se ondersteuners laat naels kou. Maar die eindpoging was te laat, want Venter se tweede drie het eers in die doodsnikke gevolg met die Vrystaat bra loodvoetig. Albei spanne sou baie groot baat gevind het by vanjaar se reeks.

Die Vrystaat het weer ʼn paar blink diamante ontdek met Oxe Nche, Walt Steenkamp en Joseph Debwa aan die voorpunt. Agterlangs het die 35-jarige Ruan Pienaar se kalmte die jonger spelers laat gedy.

Aan die Leeus se kant het die jongelinge, waarvan ʼn hele paar spelers ʼn jaar of twee gelede nog junior rugby gespeel het, al hoe ryper en vaardiger geword.

Hulle het weliswaar verloor, maar weet dat dit teen ʼn baie goeie span was en dat net een strafdoel tussen hulle en glorie gestaan het.

Puntemakers:

Vrystaat-Cheetahs 31 (31): Drieë: Joseph Debwa, William Small-Smith, Clayton Blommetjies, Walt Steenkamp. Doelskoppe: Ruan Pienaar (4). Strafdoel: Pienaar.

Goue Leeus 28 (7): Drieë: Wandesile Simelane, Dillon Smit, James Venter (2). Doelskoppe: Shaun Reynolds (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Buffel ·

Jippie my shakies het gewen . O nee, hulle het dan nie gespeel nie

Ware Buffel ·

Buffel support nie die sharks nie. Maar bly die Cheetah’s het gewen ipv WP narre met hul groot bekke.

Stier ·

Haak Vrystaat haak, haal hom uit heel onder. Met ‘n bal teen my lyf wil ek doelyn toe dryf, haak Vrystaat haak. Hoe is daai Vrystaat haker ? Baie baie beter as Mbonambi. Bly vir Vrystaat. Beste span in SA. Sou op daai vertoning Rassie se narre laat bloed sweet het vir ‘n wen.

Boswell Wilkie Circus ·

Stier, obs kort n paar narre hier by die sirkus, doen aansoek asseblief. Jy behoort loshande die beste nar te wees. Enigste voorwaarde: jy mag geen alkohol gebruik nie

Greeff ·

Jy spel jou eie naam verkeerd: dis B I E R. Heeltemal te veel bier ou stier

Janus ·

Om met 3 punte teen n uiters uitgedunde Lions span te wen is nie so wonderlik nie. Rassie sal met sy 12 bestes vir julle ore aansit.

Stier ·

Boswell en Greeff julle kan se net wat julle wil. Selfs persoonlik raak. Suur druiwe bly die suurste suur. Veral as jou eie nar spannetjie soos die province dit nie gemaak het nie. Vrystaaaaat !!!

Poot ·

Dit wys hoe vrot die Cheetahs regtig is as hulle n no-name Leeuspannetjie net met 3 punte kon klop.

Nic ·

Met net Elton en Kwagga uit!Sterkte met jul no name spannetjie volgende jaar!

Nico ·

Ai Cheetahs. Die kwaal wat nou al baie lank aankom het ons so byna on trane gehad. Dit is ‘n jare lange siekte dat julle
die openente in die eerste helfte van hul voete afspeel net om die wedstryd in die 2de helfte op ‘n skinkbord weg te gee en so byna doen julle dit vannaand weer. Indien julle nie stutte kry nie gaan dit ‘n swaar en lang Pro 14 word.

Nelis ·

n Pro14-span soos die Cheetahs moet pro14 titels wen, nie currybekers nie.

Ware Apools ·

Apools hierbo – kan jy dink waste grap die WP in die Pro 14 sou gewees het as die Cheetah’s hulle pap gespeel het die jaar ? Jy is ‘n regte WP supporter under cover – dink jou regte naampie is kolla. Bonteheuwel styl.

kolla ·

So bly die Vrystaat het gewen. Ek besef my geliefde province het nie ‘n kans gehad teen een van die twee Lions of Cheetah’s nie. Selfs kolisi kwota kaptein se werfbokke sou gesukkel het teen die Vrystaat boere.

Swartwolf ·

Ek erken dat my nulle spannetjie nie sou kon kersvashou met die manne nie. My nulle spannetjie kon nou vir ‘n hele dekade nie die Currie Beker wen nie. Dis baie pynlik.

Sparks ·

Ek het al n paar keer gasè raak ontslae van Ross
Cronje en swak skeisdregter ma Vrystaat verdien om te wen

Peet ·

Wat ‘n snaakse ondervinding. Byna die hele berig –
Hoe Leeus amper gewen het en meeste kommentare beledig die Cheetahs.
Welgedaan Cheetahs die mooiste rugby van die kompetisie.
O ja, die Pro 14 – die ‘rent a player’ provinsies staan weer tou vir ‘no name’ spelers.

Sies man! ·

Nog nooit gesien dat mens ‘n span wat wen so slegsê nie.
Suur druiwe julle?
Waar is die sportmangees? Dink in elk geval hier is ‘n paar wat hier kommentaar lewer wat sover dit rugby aangaan, nie eers die laerskoolspan gehaal het nie. Hulle talent neig eerder rondom nydigheid en venyn.

Stier ·

Wat jou atlantic league spannetjie nie gewen het nie. Vrystaat bo die keer.

ano ·

Eks n trotse Cheetah!! maar moet se van die kommentare dui op geen sportman gees nie. As ek so houding gehad het, het ek sport eerder gelos

Frans C ·

Dit is nie die spanne wat in die eindstryd gespeel het dat die Curriebeker ontaard het in dit wat dit is nl. ‘n toets vir die reserwekrag van die vyf sg groot provinsies waarvan slegs een die toets net-net gedruip het en dit is die Goue Leeus,die ander vier grotes het dit ver gedruip.

Kyk ‘n mens na die goeie spel wat die manne van oorsee tans vir die Springbokke lewer verstaan ‘n mens waarom die standaard van Curriebekerrugby daal.Die Leeus het in die lynstane gesukkel en sou die teenwoordigheid bv van Mostert en agterlangs de Klerk ‘n reuse verskil gemaak het,terwyl Le Roux soos Pienaar meer waarde agterlangs aan die Cheetahs sou verskaf het.

Nou wat van die Cheetahs. Vir die Cheetahs ‘n goeie beloning nadat hul uit Superrugby geskop is.Hulle gaan Suid Afrika as Currriebekerkampioene in die Pro 14 verteenwoordig waar hul teen veel beter kombinasies en ervare spanne met hope internasionale spelers as die Goue Leeus te staan gaan kom.

Kom hul daar weereens nie mas op nie moet SARU ernstig oorweging daaraan skenk om die Curriebeker af te stof en in ‘n museum te plaas want geen regdenke bestuur sal toelaat dat sy kampioenskapspan verneder word in ‘n internasionale kompetisie nie, waarvan hul deelname as troosprys aan die uitgeskopte Suid Afrikaanse superrugbyspanne gegee het.
Glo nie NZ sal toelaat dat sy provinsiale kampioenspan in so’n wip gevang word nie al sê Supersportkommentators ook wat.

Willie ·

Van die beste bokke nog kon uit die Vrystaat.
Van skool af ander provinsies weet van Vrystaters af rokkel laas jaar meer as 10 spelers verloor maar staan nog op.

Swartwolf ·

Stem saam Willie van die beste is uit die Vrystaat. Dis ‘n rugbyfabriek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.