Vrystaat Cheetahs soek vinnige wegspring vóór Pro14

Die Vrystaat Cheetahs moet hul eerste twee Curriebeker-wedstryde gebruik om vir die res van die seisoen op te maak wanneer hul beste spelers vir die Cheetahs in die Pro14-reeks sal speel.

Die Vrystaat sal die laaste van hul ses Curriebeker-bepalings vyf weke voor die uitspeelrondes afhandel, wanneer die Cheetahs weer afnaweke in die Pro14 het en met hul bestes hopelik in die halfeind- en eindstryd kan speel.

Geoordeel aan die gedugte span wat die Vrystaat Cheetahs vir die eerste wedstryd gekies het vir Vrydagaand (19:00) se kragmeting met die Blou Bulle in Bloemfontein, is die uitspeelwedstryde allermins buite hul bereik.

Die Vrystaat het ʼn ervare en gevaarlike agterlyn, twee Springbokke in hul pak en drie goeie losvoorspelers.

Samespel mag dalk haper, maar die Vrystaat Cheetahs se verlies aan spelers aan oorsese en selfs Suid-Afrikaanse spanne kan met dié klomp oorkom word, hoewel hulle voorlangs veral die ervaring en vuur van Torsten van Jaarsveld en Paul Schoeman sal mis.

Die span ‒

Malcom Jaer, Rabs Maxwane, Benhard Janse van Rensburg, Nico Lee, William Small-Smith, Tian Schoeman, Rudy Paige, Niell Jordaan, Oupa Mohoje (kaptein), Junior Pokomela, JP du Preez, Justin Basson, Luan de Bruin, Joseph Dweba, Ox Nche. Bank: Jacques du Toit, Erich de Jager, Günther Janse van Vuuren, Dennis Visser, Gerhard Olivier, Shaun Venter, Louis Fouché.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

B-man ·

Wel… tegnies is dit nie verkeerd nie, want Torsten van Wyk gaan ook nie speel nie – wie ook al dit is.

Tania Heyns ·

Dagsê Snuffels

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.