Vrystaat-droom ontaard in nagmerrie

Die Vrystaat-vyftiental se droom om die kwarteindronde van die Supersportreeks te haal, het Vrydag in ʼn nagmerrie ontaard toe die Sharks-vyftiental hom op eie werf vermorsel het.

Die besoekers se onverwagse groot sege van 52-10 (rustyd 35-7) het so hittete die Vrystaters ʼn plek in die uitspeelrondes ontsê.

Hulle het nou – nes Grens – met 22 ligapunte geëindig, maar met ʼn punteverskil van ʼn enkele punt beter as die Oos-Kapenaars.

In Vrydag se ander wedstryde het die Blou Bulle ʼn rustydvoorsprong ingeboet, maar twee bonuspunte verdien in sy nederlaag van 49-55 teen die Goue Leeus-vyftiental in Soweto (rustyd 15-32); en Griekwas het ʼn sterk mededingende Griffons met 49-35 in Kimberley geklop (rustyd 21-11).

Die Bulle se losskakel, Tiaan Schoeman, het 17 punte behaal deur met vier doelskoppe en drie strafdoele te slaag.

Die puntemakers –

Sharks 52 (35) – Drieë: Stefan Coetzee, Etienne Oosthuizen, Philip van der Walt, Dan du Preez, Cobus Reinach (2), André Esterhuizen, S’bura Sithole. Doelskoppe: Garth April (6).

Vrystaat 10 (7) – Drie: Joseph Dweba. Doelskop: Marco Mason. Strafdoel: Marco van der Spuy.

Goue Leeus 55 (15) – Drieë: Jacques van Rooyen, Akker van der Merwe, Lourens Erasmus, Marvin Orie, Madosh Tambwe (2), Kwagga Smith, strafdrie. Doelskoppe: Shaun Reynolds (5). Strafdoel: Shaun Reynolds.

Blou Bulle 49 (32) – Drieë: Pierre Schoeman, Jaco Visagie, André Warner, Dries Swanepoel, Duncan Matthews, strafdrie. Doelskoppe: Tiaan Schoeman (4). Strafdoele: Tiaan Schoeman (3).

Griekwas 49 (21) – Drieë: Christiaan Meyer, Enver Brandt (2), Tertius Kruger, Koch Marx, Eric Zana, Wilmar Arnoldi. Doelskoppe: George Whitehead (7).

Griffons 35 (11) – Drieë: Louis Venter, Carel Coetzee, Vuyo Mbotho (2), Alrin Eksteen. Doelskoppe: Wynand Pienaar (2). Strafdoele: Duan Pretorius (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.