Namibië se Wêreldbekerhaker Torsten van Jaarsveld sal die Vrystaat Cheetahs Donderdagaand in Bloemfontein teen die Goue Leeus aanvoer.
Van Jaarsveld, wat vanjaar uitstekende rugby speel, neem die leierskap by Tian Meyer oor wat op skrumskakel deur Shaun Venter vervang word.
Ander veranderinge aan die span is die terugkeer van William Small-Smith in die plek van Michael van der Spuy as binnesenter en Neil Marais wat losskakel in die plek van Fred Zeilinga speel.
Vrystaat Cheetahs –
15 Clayton Blommetjies, 14 Rayno Benjamin, 13 Nico Lee, 12 William Small-Smith, 11 Raymond Rhule, 10 Niel Marais, 9 Shaun Venter, 8 Henco Venter, 7 Uzair Cassiem, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Tom Botha, 2 Torsten van Jaarsveld (kapt.), 1 Ox Nché. Bank: 16 Jacques du Toit, 17 Charles Marais, 18 Armandt Koster, 19 Tienie Burger, 20 Niell Jordaan, 21 Tian Meyer, 22 Fred Zeilinga
Is daar nie om VADERSNAAM n ander heelagter nie Franco??????