Vrystaat kies ʼn nuwe skakelpaar teen Leeus

Vrystaat logo ronelNamibië se Wêreldbekerhaker Torsten van Jaarsveld sal die Vrystaat Cheetahs Donderdagaand in Bloemfontein teen die Goue Leeus aanvoer.

Van Jaarsveld, wat vanjaar uitstekende rugby speel, neem die leierskap by Tian Meyer oor wat op skrumskakel deur Shaun Venter vervang word.

Ander veranderinge aan die span is die terugkeer van William Small-Smith in die plek van Michael van der Spuy as binnesenter en Neil Marais wat losskakel in die plek van Fred Zeilinga speel.

Vrystaat Cheetahs –
15 Clayton Blommetjies, 14 Rayno Benjamin, 13 Nico Lee, 12 William Small-Smith, 11 Raymond Rhule, 10 Niel Marais, 9 Shaun Venter, 8 Henco Venter, 7 Uzair Cassiem, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Tom Botha, 2 Torsten van Jaarsveld (kapt.), 1 Ox Nché. Bank:  16 Jacques du Toit, 17 Charles Marais, 18 Armandt Koster, 19 Tienie Burger, 20 Niell Jordaan, 21 Tian Meyer, 22 Fred Zeilinga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adolph ·

Is daar nie om VADERSNAAM n ander heelagter nie Franco??????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.