Vrystaat onoorwonne in drieëfees

Vrystaat logo ronelDie Vrystaat Cheetahs het hulle onoorwonne rekord in die ligafase behou toe hulle Griekwas Saterdag in Bloemfontein in die heel laaste ronde van die Curriebeker-rondomtalie 63-26 geklop het.

Die bonuspunt-oorwinning beteken dat die Vrystaat in sewe van sy agt wedstryde ʼn bonuspunt vir drieë gekry het. Die span (39) was los voor op die ounteleer, nege punte voor die Blou Bulle (30) wat tweede was.

Die Cheetahs en die Leeus het vanjaar albei 49 drieë in die reeks gedruk, tien meer as die Bulls wat die derde meeste het. Die Bloemfonteiners se verdediging was ook die beste, met net 18 drieë afgestaan, drie minder as die Sharks se 21.

Die twee spanne het Saterdag saam 13 drieë gedruk – nege deur die Vrystaat en vier deur Griekwas.

Die wedstryd in Bloemfontein het redelik gelykop begin, maar te veel rfoute deur die Poubloues het hulle na so 14 minute uit die prentjie laat verdwyn toe die Vrystaat twee drieë binne minute twee minute gedruk het.

Rustyd was die telling 42-12, maar in die tweede helfte het Griekwas, wat nooit gaan lê het nie, net drie drieë afgestaan en self twee gedruk.

Die Vrystaatse agterlyn was soos altyd weer kookwater, en Francois Venter en sy kombinasie met Nico Lee op senter was die spil van hul aanvalle.

Puntemakers –

Vrystaat Cheetahs (42) 63 : Drieë:
 Strafdrie, Uzair Cassiem, Shaun Venter 2, Henco Venter, Niel Marais, Nico Lee, Torsten van Jaarsveld, Strafdrie. Doelskoppe: Marais 6, Fred Zeilinga 3.
Griekwas (12) 26: Drieë: Jonathan Francke, Renier Botha, André Swarts, Jason Fraser. Doelskoppe: Swarts 2, Eric Zana.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.