Vrystaat-platteland beslis halfeind in ‘vreemde’

Die halfeindronde van die Vrystaatse plattelandse reeks word Saterdag op Barkly-Oos en Burgersdorp in die Noordoos-Kaap uitgespook.

Barkly-Oos se Black Jacks speel op sy tuisveld teen Eur-Africans van Aliwal-Noord; en Hibernians van Burgersdorp en die Aliwal Buffels meet op die Eureka-rugbyveld, Burgersdorp, kragte.

Die een Plaathalfeindstryd tussen Crocodiles van Burgersdorp en Venterstad Rovers word eweneens op Burgersdorp afgehandel.

ʼn Uitstaande ligawedstryd op Gariep tussen die plaaslike Scorpions en Venterstad Stoele sal bepaal wie aan die ander Plaathalfeind deelneem.

Jongste uitslae –

Hibernians 99, Scorpions 0; Aliwal Buffels 67, Crocodiles 7; Eur-Africans 26, Venterstad Rovers 24; Barkly-Oos 27, Universals 12.

Opgesomde punteleer –

Barkly 43, Hibernians 43, Aliwal Buffels 37, Eur-Africans 34, Universals 22, Crocodiles 19, Zastron Vultures, Stoele 5, Scorpions 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.