Vrystaat se Curriebekerdae allig verby

Vrystaat se dae as deel van die reeks om die Curriebeker is na alle waarskynlikheid ná 121 jaar verby.

Vrydag se Pumas-sege van 42-14 (rustyd 28-7) in Bloemfontein het dit beklemtoon dat die Blikore nie mededingend aan sowel die Pro14-liga as die Curriebeker-reeks tegelyk kan deelneem nie.

Die groot sege ten spyt, is dit maar die Laevelders se tweede oorwinning in vyf wedstryde en is hulle derde laaste uit sewe spanne.

Hulle het eenvoudig die spel uit die staanspoor oorheers, en het drie keer gaan druk voor die tuisspan kon antwoord. As hulle nie hul greep in die tweede helfte verslap het nie, kon die telling veel hoër gewees het.

Vrystaat kon nie ʼn enkele wedstryd in die reeks wen nie, en is gemiddeld met 40-16 verslaan.

Dit lyk of die Eerste Liga hul voorland is.

Die Blikore het in 1897 aan hul eerste Curriebeker-toernooi deelgeneem, en was toe ook laaste.

♦ In Potchefstroom het die Luiperds hul onoorwonne rekord in die Eerste Liga behou deur Grens met 47-22 te verslaan (rustyd 21-3).

Puntemakers –

Vrystaat 14 (7) – Drieë: Rudi Paige, Jannes Snyman. Doelskoppe: Ernst Stapelberg, Reinhardt Erwee.

Pumas 42 (28) – Drieë: Ryan Nell (2), Morné Joubert, Neil Maritz, Marnus Schoeman, Simon Westraadt. Doelskoppe: Chris Smith (5), Kobus Marais.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet ·

Ek mis iets met hierdie berig. Die afgelope Saterdag het die Vrystaat teen Griekwas verloor en die Pumas het teen die Blou Bulle verloor. Maw die Vrystaat en die Pumas het nie teen mekaar gespeel nie…

Adriaan ·

Die berig gaan oor die 2 se kragmeting van Vrydag 21 September, al se dit “Saterdag”.

Lol ·

Die Curriebeker met effektief ‘n Vrystaat B-span is ‘n klug.

Wim van der Berg ·

Baie dankie PEET en ADRIAAN vir die uitwys van die fout.
Ons het dit reeds reggestel en Saterdag met Vrydag vervang.
Wim van der Berg, Maroelamedia

Stefan ·

Die Sunwolves en Jaguares moes nooit bo die Cheetahs verkies gewees het nie. Die stand van Vrystaat rugby is geheel en al die skuld van SA Rugby wat nie hul man gestaan het teen die res van SANZAR nie. Hoe op aarde moet hulle gelyktydig aan twee kompetisies deelneem? Terloops, ek is nie n Cheetah supporter nie, maar reg is reg en verkeerd is verkeerd.

Stefan ·

En nog iets, as SA Rugby dan nou niks kon doen om sanzar te oortuig nie, kon hulle gerus die Cheetahs se deelname aan die Curriebeker vir minstens drie jaar gewaarborg het

Frans C ·

Die huidige gemors van Curriebekerrugby spruit uit SARU se slapgathouding en onderdanigheid aan SANZAR.Kyk ‘n mens na die uitslae van die Super 18 in 2017,sal jy sien dat die Kings 11 en die Cheetahs 13 uit 18 spanne geeindig het.
Tog is die Reds,Bulls,Waratahs,Sunwolwes en Rebels, behou wat onder hul geeindig het.

Sou is die spanne wat (11de Kings)12de(Western Force) en 13de (Cheetahs) summier
uit die kompetisie geskop ten koste van spanne wat veel swakker as hul gevaar het.
Die Cheetahs en Kings kry toe as troosprys ‘n plek in die Pro 14 en neem die Western Force tans in ‘n ander kompetisie deel.

Suid Afrika se voorste span wat in 2017 14 uit 15 wedstryde kon wen, het in 2018, slegs 9 uit 16 wedstryde gewen en pak gekry teen spanne wat hul in 2017 geklop het.

Dit is mi alles die gevolg hoe rugby plaaslik bestuur word en die gedurige grootpratery
van selfs rugbyspelers, hoe ‘awesome’ hul gaan wees as die span eers kliekseker baseer op die feit dat Sharks en die WP die beste aankope gedoen het,ten koste van ander spanne.

Om nou die Cheetahs uit die Curriebeker te gooi nadat hul en die Kings vir die geldwolwe van Europese rugby gegooi is, is mi om van te stik.

wolla ·

Die Cheetahs het kronies onderlangs in Superrugby geeindig. Dis nie net as gevolg van een seisoen se swak vertonings nie. Was duidelik nie kompeterend genoeg in daai kompetisie nie.

Pieter ·

Die Cheetahs mag nie uit Curribeker. SA rugby moet hulle meer geld gee om sodoende rugby gesond te hou. Die Super rugby is i.e.g. gemors en vervelig. Die feit dat die Cheetahs in Europa speel is goed, maar daar moet planne gemaak word om Curribeker rugby te red en dit is die probleem wat SA rugby het en sal moet oplos!

Freud ·

Curriebeker rugby het gesneuwel die dag toe S10/12/15 gebore is. Dit geld nie net vir die cheetahs nie maar al die spanne. Kom terug na ons huishoudelike rugby toe dit nog ʼn eer was om die Curriebeker te wen.
Die manne is voos gespeel aan al die kompetisies. Waar het jy nou in die wêreld gehoor jy het ʼn klein unie soos die vrystaat en jy breek die span op in twee halfwas spanne wat nou nie en goed genoeg is nie en laat die beste van die twee halwe spanne nog internasionaal ook meeding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.