Vrystaat verander ses vir stryd van kolkatte

Henco Venter - vervang (Foto: Toyota Cheetahs)

Henco Venter – vervang Tienie Burger. (Foto: Toyota Cheetahs)

Die Vrystaat het vier veranderinge (twee voor en twee agter) en twee posisionele skuiwe in die middeveld in die opdrafspan wat 31-44 teen Griekwas verloor het, aangebring vir die wedstryd Vrydag teen die Luiperds in Bloemfontein.

Dit vorm deel van die opstelronde van die reeks om die Curriebeker.

Jacques du Toit haak in die plek van Joseph Dweba wat bank toe skuif, en Henco Venter vervang Tienie Burger op die flank.

Niel Marais is van binnesenter af terug op losskakel in Sias Eberson se plek, en Tertius Kruger skuif van buitesenter af binnetoe om vir Carel-Jan Coetzee plek te maak.

Maphuta Dolo vervang Lorenzo Gordon (wat bank toe skuif) op die linkervleuel.

Ander nuwellinge op die bank is Johann Grundlingh, Ntokozo Vidima en Arrie Vosloo.

Die wedstryd op die Vrystaatstadion begin 17:00.

Die span –

15. Reinardt Erwee, 14. JP Coetzee, 13. Carl-Jan Coetzee, 12. Tertius Kruger, 11. Maphuta Dolo, 10. Niel Marais, 9. Jean-Phillip Smith, 8. Niell Jordaan, 7. Henco Venter, 6. Refuoe Rampeta, 5. Reniel Hugo (kaptein), 4. Carl Wegner, 3. Luan de Bruin, 2. Jacques du Toit, 1. Ox Nche. Bank: 16. Joseph Dweba, 17. Chase Morison, 18. Johann Grundlingh, 19. Ntokozo Vidima, 20. Arrie Vosloo, 21. Ali Mgijima, 22. Lorenzo Gordon.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.