Albei vleuels het driekunste behaal in die honderdtal wat die Shimlas Saterdag op Shimlapark teen Crusaders in die Vrystaatse Stadsliga aangeteken het.
Die studente, wat deur die oud-Springbok Hendro Scholtz afgerig word, was rustyd reeds met 40-14 voor en het uiteindelik 18 drieë gedruk en met 120-14 gewen.
Die vleuels Sango Xamlashe en C Pretorius het elk drie keer agter die doellyn gaan kuier.
Vier spelers – Sechaba Matsoele (heelagter), Anrich Alberts (flank), Ewan Coetzee (slot) en Benji Jansen van Vuuren (plaasvervanger-flank) – het elk twee keer gedruk.
Stephan Janse van Rensburg (binnesenter), Damian Cederas (skrumskakel), Nardus Erasmus (plaasvervanger-agsteman) en Brits (plaasvervanger-heelagter) het vir die res gesorg.
Nakkie Naudé (losskakel, tien), Matsoele, Xamlashe, Cederas en Coetzee (almal een elk) het met doelskoppe geslaag.