Vrystaatse Cheetahs: is dit paniek of diepte?

ʼn Mens kan nie help nie om te wonder of dit paniek of diepte is, as die Vrystaatse Cheetahs 12 man verander aan die opdrafspan wat die jongste Curriebekerstryd met 14-57 teen die Westelike Provinsie verloor het.

Jasper Wiese (agsteman), Chris Dry (flank en kaptein) en Dennis Visser (slot) is die enigste spelers wat hul plekke vir Saterdag se wedstryd in Bloemfontein teen die Pumas behou.

Van die nuwelinge was Clayton Blommetjies (heelagter), Ali Mgjima (buitsenter) en Cecil Afrika (linkervleuel) deel van die Cheetahs se Pro14-22-tal in sy eerste twee wedstryde.

Die Superrugbyslot Carl Wegner se insluiting op slot behoort ook die span te versterk.

Vuyani Maqina maak sy Curriebekerbuiging nadat hy die afgelope paar jaar deur die onderouderdomspanne en die Vrystaatse Vyftiental gevorder het.

Jeremy Jordaan, ’n aanwins van die Pumas af, kan sy Cheetahs-buiging van die bank af teen sy ou spanmaats maak.

Ernst Stapelberg (losskakel) en Luther Obi (vleuel) is intussen tot die Pro14-groep bevorder.

Die span –

15. Clayton Blommetjies, 14. Vuyani Maquina, 13. Ali Mgijima, 12. Lloyd Greeff, 11. Cecil Afrika, 10. Robbie Petzer, 9. Zee Mkhabela, 8. Jasper Wiese, 7. Chris Dry (kaptein), 6. Daniel Maartens, 5. Carl Wegner, 4. Dennis Visser, 3. Erich de Jager, 2. Joseph Dweba, 1. Gert Coetzee. Bank: 16. Reinach Venter, 17. Andrew Kuhn, 18. Jeremy Jordaan, 19. Nicolaas Immelman, 20. JP Smith, 21. JW Jonker, 22. Stephan Janse van Rensburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.