VSA-Suid-span behou RAN-titel onder SA leiding

Die VSA-Suid Panthers het Rugby Amerikas-Noord (RAN) se gewestelike kampioenskap Saterdag in Atlanta, Georgia, die tweede opeenvolgende jaar onder ʼn Suid-Afrikaner se leiding gewen.

Hein Erasmus (agsteman), wat, na berig word, ʼn invloedryke rol in die gebied se rugby speel, het ook een van sy span se vyf drieë in sy sege van 42-14 oor die Kaaimanseilande gedruk.

Die span se Argentyns gebore losskakel Lucas Baistrocchi het 17 punte met vier doelskoppe en drie strafdoele behaal.

Die Panthers se ander drieë is deur Alex Maughan (stut), Waymon Cassell (slot), Amro Gouda (stut) en David Coleman gedruk.

Dave Stringer (skrumskakel) en Killian Everard (heelagter) het die Kaaimanseilande se drieë gedruk, en Stringer het albei verdoel.

In ʼn vreemde kinkel is Trinadad & Tobago uit die reeks geskors nadat hy die Panthers verrassend met 34-33 geklop het.

T&T kon nie betyds geld bymekaar kry om sy verpligting teenoor die Kaaimanseilande na te kom nie, en daar was nie tyd om die wedstryd te herskeduleer nie. Hy is gevolglik van die punteleer geskrap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.