VSRU-liga: studente baljaar met 3- en 2-kunste

Drie- en tweekunste was aan die orde van die dag in die Vrystaatse Universiteit se Shimlas en die Irawas se wedstryde Saterdag in die Vrystaatse Rugbyunie (VSRU) se Stadsliga.

Die studente het tussen die twee spanne twee drie- en ses tweekunste behaal.

Die Shimlas het Bloemfontein Polisie op Bobbiespark met 50-19 geklop nadat hulle rustyd reeds met 26-7 voor was.

Polisie was verlede jaar die bond se beste oop klub, en het as sulks aan die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks om die Goue Beker deelgeneem.

Sango Xamlashe (regtervleuel), Francois Pretorius (buitesenter, twee), Christiaan Nel (linkervleuel, twee), Benji Jansen van Vuuren (flank), Charl Pretorius (plaasvervanger-linkervleuel, twee) het die Shimlas se drieë gedruk.

Nakkie Naudé (losskakel) het vyf verdoel.

Die universiteit se ander span in die Stadsliga, die Irawas, het Crusaders op Shimlapark met 84-14 afgeransel. Die rustydtelling was 34-7 in die studente se guns, en hulle het 14 drieë gedruk.

Jarik van der Walt (heelagter, twee), Frank van Heerden (regtervleuel, twee), Tiaan Schutte (buitesenter), Francois Agenbag (linkervleuel, drie), Kobus Lombaard (agsteman, drie), Cwenga Cenge (flank) en Willem Barnard (plaasvervanger-skrumskakel, twee).

Schutte (vyf), Mervyn Roos en Barnard het met doelskoppe geslaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.