VSRU-liga: UV se o.21-span stof Oud-Greys af

Die Universiteit van die Vrystaat se o.21-span het in sy jongste kragmeting in die Tweede Liga van die Vrystaatse Rugbyunie (VSRU) se reeks om die Stadsbeker Oud-Greys op Shimlapark afgestof.

Die Kovsiespan het met 69-5 gewen nadat hy rustyd reeds 31-5 voor was.

MP Hendriks (regtervleuel) en Jaco de Vos (buitesenter) het elk ʼn driekuns vir die studente behaal, en Jaden Rodgers (plaasvervanger-skrumskakel) het twee keer gaan druk.

Ruan Janse van Rensburg (plaasvervanger-stut) het 11 punte met ʼn drie en drie doelskoppe bygedra.

Willem Louw (heelagter) het ʼn drie en ʼn doelskop behaal; en Herman du Plessis (flank, twee) en Barend van Heerden (linkervleuel) het met doelskoppe geslaag.

♦ Die Irawas het indrukwekkend teruggeveg in hul wedstryd vroeër teen die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) om met 29-28 te wen, nadat die Ixias rustyd met 28-7 voor was.

Jarik van der Walt (heelagter), Ruan Henning (regtervleuel), Mervyn Roos en Stephan Botha (slotte) het die wenspan se drieë gedruk.

Justin Taylor (losskakel) het ‘n drie verdoel en ʼn strafdoel behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.