Die vurige Cheetahs-flank Willie Britz is op pad terug nadat sy beseerde duimsening herstel het.
Britz is ten koste van Justin Bosman op die bank vir die Cheetahs-vyftiental se wedstryd Vrydag op die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se veld teen die Westelike Provinsie in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks.
Dis een van talle veranderings in die span wat teen die Blou Bulle verloor het.
Vier daarvan is in die opdrafspan waar Lorenzo Gordon vir Masolwa Mafuma op die vleuel vervang; Sias Ebersohn losskakel in Pieter-Steyn de Waal se plek speel; Gunther Janse van Vuuren die Japanner Josoeki Takahasi op vaskop vervang; en Ox Nche bank toe skuif om vir BG Uys op loskop plek te maak.
Chase Morison neem Janse van Rensburg se plek op die bank in en JP Coetzee sit op Darren Brown se plek.
Die wedstryd begin 15:00.
Die span –
15. Reinardt Erwee, 14. Masolwa Mafuma, 13. Carel-Jan Coetzee, 12. Tertius Kruger, 11. Maphuta Dolo, 10. Sias Ebersohn, 9. JP Smith, 8. Jasper Wiese, 7. Tienie Burger, 6. Ntokozo Vidima, 5. Reniel Hugo (kaptein), 4. Armandt Koster, 3. Gunther Janse van Vuuren, 2. Joseph Dweba, 1. BG Uys. Bank: 16. Ox Nche, 17. Tiaan Liebenberg, 18. Chase Morison, 19. Willie Britz, 20. Refuoe Rampeta, 21. Renier Botha, 22. JP Coetzee.
Ek het nou amper bly geword toe ek die opskrif lees, gedink Willie kom weer terug na die Lions toe waar hy hoort maar sterkte Willie hoop die res van die jaar gaan jy sonder beserings kan speel vir die Cheethas…… welkom terug in SA rugby.