Vyf spelers met Suid-Afrikaanse bande lei Saterdag hul Engelse klubspanne in die Premierliga op die veld.
♦ Die Springbok Franco van der Merwe (slot) voer London Irish teen Bath aan.
♦ Don Armand (flank), ʼn gebore Zimbabwiër wat vir die Stormers gespeel het, is Exeter Chiefs se kaptein teen Harlequins.
♦ Gerrit-Jan van Velze (agsteman), ʼn gewese kaptein van die Bulls, is Worcester se aanvoerder teen Northampton.
♦ Nóg ʼn gewese Bulls-kaptein, Jono Ross (flank), dra Sale se kapteinsmantel teen Leicester.
♦ Brad Barritt (senter), wat vir die Sharks gespeel het, neem die leiding by Saracens teen Gloucester.
Barritt en Armand het Engeland in toetsrugby verteenwoordig.