Vyf met SA bande in Amerika se groep vir ARK

usa-rugbyVyf spelers met Suid-Afrikaanse bande is ingesluit in die Amerikaanse Arende se groep vir die komende Amerikas-rugbykampioenskap (ARK) wat Woensdag aangekondig is.

Die span word deur `n gewese afrigter van die Lions en Goue Leeus, die Nieu-Seelander John Mitchell, gebrei.

James Hilterbrand (haker), Todd Clever (losvoorspeler en kaptein), Shaun Davies (skrumskakel) en JP Eloff (senter) is in die groep vir al vyf wedstryde teen Uruguay, Brasilië, Kanada, Chili en die Argentynse Vyftiental.

Hanco Germishuys (losvoorspeler) is slegs vir laasgenoemde twee kragmetings opgeroep.

Die Australiër Hilterbrand was kortstondig by die OP Kings voor die spelers einde 2015 onbetaald laat gaan is; Clever was twee seisoene lank aan die Lions en Goue Leeus verbonde; Davies is in Durban en Eloff in Pretoria gebore. Eersgenoemde is `n produk van Westville Boys High in Durban en Eloff van die Hoër Tegniese Skool John Vorster in sy geboortestad.

Germishuys, wat Griekwas by die o.13-Cravenweek verteenwoordig het, het verlede jaar Amerika se o.20-span aangevoer.

Loffie se span wen 68-5

 Hy (Germishuys) is Saterdag as die speler van die wedstryd aangewys toe Eugene (Loffie) Eloff se Austin Huns die Dallas Harlequins 68-5 in die Red River-liga afgeransel het.

Eloff het nes Mitchell die Lions en Goue Leeus afgerig, maar veral groot sukses as afrigter van die SA o.19-span behaal en twee keer die Junior Wêreldbeker in dié afdeling gewen.

Hy het sy tevredenheid met die wegholoorwinning uitgespreek, maar beklemtoon dat daar nog heelwat skaafwerk vir die wenspan voor lê.

Die Huns se volgende uitdaging is teen die sewemalige nasionale kampioen, Old Mission Beach Athletic Club (OMBAC) van San Diego.

Boot bedank

 Jan Boot, `n gewese Carltonafrigter en oudbreier van die Blou Bulle se o.21-span, het Vrydag as afrigter van Dallas Quins bedank.

Dis nie bekend wat sy toekomsplanne is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JC ·

Kry VIR JULLE “SARU”!! Swik mos onder druk van die CANCer! Wat ‘n grap. Die manne kon Springbokke gewees het!! Weet julle wat; laat tog net die arme SPRINGBOK rus en aftree want wat nou al aangaan sedert 2010 en sedert die CANCers oorgeneem het IS NIE DIE NAAM VAN DIE SPRINGBOK werd nie en ‘n BELEDIGING, die SPRINGBOK moes na 2007 se WB oorwinning afgetree het, dan kon die CANCers daarna gedoen het wat hulle wou en sommer ‘n nuwe span begin het en hulle die Mampara’s genoem het. EK SAL NIE, EN EK WEIER, OM DIE ONDERDUIMSE SIEK SPUL TE ONDERSTEUN. BLOEI MAAR GELD, julle wil mos en gaan nog ten gronde gaan!!Kry vir julle:-(

Johannes van Staden ·

Ja kyk nou net …gaan speel maar daar want dis n gemors hier en hier word jy net heeltyd in jou ribbes geskop oor jy n rasis is en net die slegte word gesien en aangeblaas …daar het julle dit nou asof mens nou iets ander kon verwag …dankie SARU dankie vir niks !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.