Vyf treë vorentoe, tien agteruit

Allister Coetzee (Twitter)

Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, sê hy wil eers kyk wat fout gegaan het in Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap toe die All Blacks die Bokke met 57-0 in Albany verneder het voordat daar oorhaastige besluite geneem word.

Waarna wil hy kyk?

Hoe die Bokke agt drieë afgestaan het, hoe hulle die eerste keer in die afgelope 107 toetse nie ʼn punt kon aanteken nie; of hoe hulle 33 duikslae verbrou het en hoe hulle besit in vyf lynstane (met straks een van die beste slotpare in wêreldrugby) afgestaan het: of hoe die All Blacks hul grootste telling nog teen die Bokke geëwenaar het, en hoe die All Blacks met die grootste telling nóg (31-0) met rustyd voorgeloop het?

Kom ons maak dit nog makliker: Die All Blacks het in die afgelope vyf jaar in 11 toetse die Bokke tien keer geklop,  331 punte aangeteken en net 172 afgestaan, met ʼn gemiddelde telling van 30-15.

Die All Blacks het in die afgelope drie toetse met Coetzee aan die stuur 113 punte aangeteken en net 30 punte afgestaan. Hulle het in die proses 23 drieë gedruk en die Bokke kon net een keer hul doellyn oorsteek.

Daar word geskerm vir die onervare Bokke: verlede jaar toe die Bokke met  57-15 oorrompel is, het die Bok-spelers altesaam 615 toetse agter die blad gehad.

Wat van onervare All Blacks soos Damian McKenzie (6 toetse), Rieko Ioane (7), Nehe Milner-Skudder (10), Kane Hames (3), Nepo Laulala (7), Scott Barrett (11), Ofa Tu-unganasi (8), Liam Squire (11), Lima Sopoaga (11) en Anton Lienert-Brown (17) wat Saterdag almal in die opdrafspan was of opgestuur is?  Hoe is dit deur Suid-Afrika uitgebuit?

Toe Nick Mallett se Springbokspan in 1998 die All Blacks se wêreldrekord van 17 opeenvolgende toetsoorwinnings geëwenaar het, het hulle in die laaste toets teen Engeland 372 toetse agter die blad gehad.

Wat moet Raymond Rhule nog verkeerd doen om weggelaat te word?  Is daar werklik nie ʼn beter skrumskakel as Francois Hougaard  nie?

Is Trevor Nyakane werklik van toetsgehalte? Wat het verkeerd geloop in die lynstane? Is die lostrio doeltreffend genoeg?

As daar planne is om Vincent Koch (wat vir Saracens speel) as vaskopstut nader te trek, moet Ruan Combrinck, Cobus Reinach en Faf de Klerk en ander oorsese Bokke ook oorweeg word.

Kom ons vergeet van Saru se president, Mark Alexander (en vroeër ook die uitvoerende hoof, Jurie Roux) se belaglike voorstel dat daar voortaan dalk twee Springbokspanne (een vir die Suidelike Halfrond en een vir die Noordelike Halfrond) gekies kan word.

Kom ons kies eers een Springbokspan van werklike toetsgehalte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

rollie ·

Ja ons is verneder maar – die ontydige beserings van Cronje en Kriel het definitief ‘n invloed gehad. Ek sal ook ‘n paar veranderings wou aanbring, veral in die agterlyn. Daar is beter spelers as Jesse Kriel, Skosan, Rhule en Coetzee beskikbaar. Ons het verloor teen die beste span in die wereld op hul tuisveld. ‘n Span wat ons so tweekeer elke twintig jaar in NS klop. Ons het 7 gespeel en net 1 verloor sover, geen rede om op ‘n ashoop te gaan sit nie.

Veritas ·

Rollie ons moet in gedagte hou teen wie ons gewen het. Die Springbokke moet nie gemeet word teen middelmatige spanne nie maar teen die beste. Laat ons maar die feite in die oë staar. Hier is groot probleme vir SA rugby aan die kom as ons ons nasionale span wil meet teen spanne wat in die bondel rondploeter.

rollie ·

Ek dink nie jy kan sê Australie is ‘n hierjy spannetjie nie. Ek val ook nie daarvoor dat Frankryk kwansuis so vrot is nie. Hulle het gesamentlik derde in die sesnasies geeindig en hul grootste nederlaag was teen Ierland met tien punte. NS is by verre die sterkste span en enige iets kan teen hulle gebeur. Gister was hulle witwarm en het ons dit ontgeld, beteken nie dat ons oornag swak geword het nie. Dis meer ‘n vingerwysing na waartoe NS in staat is as alles vlot verloop en hul teenstanders nie op alle silinders vuur nie.

Sjo... ·

Ag asb verskonings verskonings verskonings,nes ou AC! As Jy op internasionsle vlak wil kompeteer moet seker maak Jy kies die regte spelers en reserwes! Om te verloor is een ding maar om 0-57 is n ander ding..n verloor kan ek vat veral teen die beste span maar so n vernerdering wys daars Groot vout!
Maar aan alle bok ondersteuners moet nie bekommerd wees nie want AC reken daar is baie plus punte om Te vat uit n vernederende sogenaamde leer proses op internasionale vlak…

Swart Piet ·

Beserings het absoluut niks met hierdie nederlaag te doen nie. Die huidege Springbok span is net eenvoudig vrot. Van die Afrigter tot by die span moet almal die trekpas kry en kies dan die beste spelers wat jy moontlik kan kry asook die beste afrigter wat jy kan kry. Elkeen se prestasies moet vir homself praat.

rollie ·

Deesdae moet mens ook versigtig wees om veel waarde te heg aan ‘n telling. Drie drieë kan reeds 21 punte wees en ‘n voorsprong van 30 hardloop maklik 50 toe want die wedstryd is basies reeds gewen. Beteken nie veel vir my nie.

Nugter ·

Nie te veel waarde heg aan ‘n telling nie? Sjoe ou Rollie, waarvoor dan toetsrugby speel as die telling nie van waarde is nie? Kom uit jou droomwêreld ou maat…

Juan ·

Dit is die resultaat wanneer transformasie die belangrikste doelwit word in n organisasie. Die ouens wat skep gaan dit goed praat, verdedig en aanmoedig.

Toppie ·

Kom ons hou op om verskoning te maak , die Springbokke het uiters swak gespeel. Allister Coetzee hoef nie te gaan kyk wat verkeerd geloop het nie, hy moet die eerbare ding doen en bedank. Die kwota stelsel is Springbok rugby se ondergang. Saterdag tussen die Leeus en Blou Bulle was daar baie beter spelers as in die patetiese Springbokspan. Die Springbokke word groot geld betaal om vir SA te speel en daarom word daar verwag dat net die bestes sal speel of word spelers vergoed met Sassa grants.

anton ·

As ek moet sê wat ek van ons rugby dink, sal dit nie geplaas word nie.
Gelukkig het ek in/na 1995 my belangstelling in s.a rugby vaarwel geroep.
Pla my dus min wat eintelik daar gebeur.
Ons mense aanbid mos sport baie meer as vir God.

rollie ·

Die aanbidding van die rugbygod is baie groter in NS, ek wonder dan hoekom hulle so goed vaar….of dink jy die All Blacks gaan ook tot ‘n val kom?

rollie ·

Ons het NS, ver beter as enige ander span, dan Engeland effe beter as die res en dan SA, Australie, Ierland, Wallis, Skotland, Frankryk omtrent almal op dieselfde vlak (tuisveldvoordeel speel ‘n rol). Al ons spelers is op meriete in die Bok-groep ingesluit alhoewel mense met spankeuses sal verskil.

Zane ·

Rollie, moenie vaskyk in die ranglys nie. Dit beteken maar niks nie. Ek waarborg jou, die bokke sal hul moses teeloop teen volsterkte Engeland, Wallis, Ierland en Skotland. Ons gaan ook ons alies teen die Wallabies sien wanneer hul hier speel, hul bou darem. Die oorwinnings teen Frankryk beteken min, ons weet hulle toer altyd baie swak en is maar vesukkeld die laaste paar jaar, selfde vir Argentyne. Mens wil optimisties wees, maar soms moet mens die harde feite in gesig staar.

Jack Russl ·

Dit is onaanvaarbaar. Ja ons het hierdie jaar 1 uit 7 verloor, maar dit beteken absoluut niks as ons met sulke spel voorkom nie.

‘n Mens kan nie net kyk en sê 1 uit 7 is nie sleg nie. As dit die geval was hoekom reel ons nie dan sommer ‘n hele rits toetse teen lesotho en botswanna nie? Dan sal (of behoort) ons mos genoeg wenne te kry in ‘n jaar om die mense tevrede te stel

rollie ·

Wat jy eintlik sê is dat Australie, Frankryk en Argentinie swak spanne is. Ek stem nie saam met jou nie.

rollie ·

Ons sukses-rekord sover vanjaar is beter as die gemiddeld van ons prestasies oor die afgelope 120 jaar.

Toppie ·

Met ‘n telling van 57 – 0 is daar wragtag ‘n baie groot probleem. Die All Blacks is goed maar die Springbokke se spel was uiters pateties

Philip ·

Ons het al verlede jaar genoem dat daar deffinitief groot probleme met ons rugby is. Niks is gedoen om ondersoek in te stel na wat ons probleme is nie. Gebruik kundiges SARU en ondersoek waar lê die probleme. Help nie om so aan te gaan nie!

Toppie ·

Met ‘n telling van 57 – 0 is daar wragtag ‘n baie groot probleem. Die All Blacks is goed maar die Springbokke se spel was uiters pateties .

Nugter ·

Nog ‘n ding, Rollie. Ons “sukses-rekord” die beste die afgelope 120 jaar? Ironies genoeg is jy in die kol. Die Suid-Afrikaanse span het met die grootste punteverskil óóit, gesorg vir ‘n onverbeterlike rekord! Ongelukkig was die punteverskil teen hulle en nie vir hulle nie. Ek sou nou nie juis spog daaroor as ek jy was nie…

rollie ·

Kyk, ons was nooit eintlik rerig baie goed in rugby nie (ons sukses-rekord voor 1996 was maar iewers in die 60 persent). Dis eintlik maar die apartheidsregering wat ons gebreinspoel het deur te maak asof die Bokke so verskriklik goed en onoorwinlik was. NS se rekord is en was byvoorbeeld altyd baie beter as die van die Bokke.

Jaap ·

Hel Rollie maar jy is n kenner ne. Ek gee nie om wat ons rekord se nie. Geen Springbok span behoort so te verloor nie. Allles begin op skoolvlak waar n seker aantal spelers van kleur moet Craven Week toe gaan. Dit veroorsaak dat baie beter spelers nooit raak gesien word nie en dan ophou speel.

Nugter ·

Die Apartheidsregering kry darem ook maar die skuld vir alles, nê? Die feite is egter dat tot en met 1994, die Springbokke teen al die rugbyspelende lande in die wêreld ingesluit Nieu-Seeland, ‘n rekord gehad het van meer toetse gewen as verloor. Trouens, die Springbokke was die ENIGSTE span in die wêreld teen wie die All Blacks tot op daardie stadium meer toetse verloor as gewen het. Miskien moet jy ‘n bietjie beter navorsing doen voor jy ondeurdagte stellings maak. Hoe jy dit as breinspoeling kwalifiseer is vir my baie moeilik om te verstaan. Miskien net suur druiwe…?

rollie ·

My navorsing is heeltemal in die kol dankie. Ek is bewus daarvan dat die Bokke net-net ‘n voorsprong in wen-veloor teen die AB’s gehad het maar die algehele gemiddelde rekord teen alle spanne is en was veel swakker as die van die AB’s. In die amateur-era het die AB’s 72% van hul wedstryde gewen.

marous ·

Die man kyk seker vir ‘n ruimteskip om hom te kom oplaai.

Johanna Botha ·

Hy wil NOU eers kyk wat fout gegaan het ….al die analisie vorentoe en agtertoe week na week …ASB die bokke is huidiglik n GROOT grap en verander tog asb die naam want julle is n groot verleentheid vir al julle voorgangers en die hele SA !

Toppie ·

Allister Coetzee wys jy is ‘n beter man as Zuma en doen die regte ding – BEDANK asseblief

Eish ·

Ek wil die bokke van harte bedank vir die spontane uitbarsting van humor wat die uitslag tot gevolg gehad het. Dis pragtig dat ons so met onsself die spot kan dryf.

Boetman ·

Bokke kan bly wees hulle het 0 gekry. Ons speel nie intelligente rugby nie.

Corrie A2JESUS ·

Moet eintlik Sprite Zero wees. Want die Bokke was geensins sigbaar nie.

Rianto ·

In die land van die blindes SARFU (die slim ouens wat AC en bende aangestel) het maak AC die koning. Omdat hy halfblind is moet hy 2 x na elke wedstryd kyk om te sien wat gebeur het… AC as rugby liefhebber…. kies die beste spelers.. Dan Sal sulke uitslae soos gister nie gebeur nie

·

Bokke moet elke game goed speel naweek in en naweek uit hoekom doen die All Black dit .Bokke is pateties soos hulle afrigter! Se net wat julle wil!

Gerhard ·

As ek kyk na Rhule,en dit het ek as onkundige gesien,het ons met 14 man gespeel,Jantjies en Hougaard (hopeloos)Casiem,niks werd,dan kan ek nog n paar uitlig wat gladnie daar hoort nie.Ons het beter spelers hier.Maar weereens sal hulle nie beter spelers kies nie.

PieterF ·

Toetie se ontleding van wat verkeerd gegaan het voordat oor spankeuses besluit word is baie edel onder normale omstandighede; met ‘n punteverskil van 57 en 8 driee teen nul gaan selfs hy sukkel om iets te kry wat goed verloop het. Die bokke se bestuurspan en keurders het hulle self en die gekose spelers totaal oorskat. Hulle gaan weer ‘n loesing kry teen die Aussies indien daar nie ‘n losvoorspelerkombinasie gevind word wat die waarde van balbesit besef nie. Die span kort ook ‘n skrumskakel met visie en ‘n losskakel van ten minste superrugby gehalte. Dit kan ook oorweeg word om vleuels in te span wat die heelagter kan help verdedig. Die twee senters boesem nie vertroue in nie; Jan het weer duidelik gewys dat hy geen spoedvraat is nie en Jesse se verdediging het nog nie sedert die verloortoets teen Japan noemenswaardig verbeter nie. Die res van die span het in die eerste helfte reeds aan bomskok gely en dit gaan moeilik wees om weer spelers van gehalte te word. Raak maar gewoond daaraan dat die eens trotse Springbokspan die doodskoot gekry het. Laat die Protea nou die verloorkultuur voortsit.

Josua Keys ·

Mense ons val het gekom toe ons die rooi politieke trui moes dra dit was die eerste kopseer vir die bokke gewees die tweede Saterdag se uitslag, Pollard se eerste Wedstryd die jaar was Saterdag toe hy vir die bokke uitgedraf het… what a joke!!!!Soos my span die Lions huidiglik speel is daar ook nie juis spelers wat ek graag in die bok span wil sien nie want hulle maak net so droog maar kom ons wees positief, ek glo dat daar iets in die week voor die wedstryd gebeur het wat die ouens se konsentrasie en ingestelktheid beinvloed het (POLITIEK)!!!!! maak nie saak wat mense sê nie. Ek kan julle waarborg die bortjies gaan hier by ons verhang word, ek het na die wedstryd gekyk na die tyd en ons bokke was nie so sleg nie ek dink dat vir veertig minute het ons al die rugby gespeel maar kon nie punte daarvoor wys nie en dit het ook bygedra tot die verloor. Die All Blacks is nie so goed soos wat almal sê hulle is nie ek kan julle waarborg as hulle teen ‘n voltallige Lions(Super reeks ) span gespeel het sou dit n ander storie gewees het, Allister het maar weer terug geneuk na stampkar Rugby want Johan Akkermann is mos nie meer hier om sy voute uit te wys nie, maar hou die spasie dop oor twee weke sing julle dalk n ander storie solank politiek uit ons rugby bly.

Ag seblief ·

57-0 was nie so sleg nie huh? Wereld rekord nederlaag!Nie so sleg gespeel nie ne? Ek Sal maar net hoop dit sal beter gaan! Teminste sien Jy en AC goeie aspekte uit n rekord nederlaag….wow!

Lhs ·

Nee wat ou Rolle, gesamentlik 3 de in die 6 nasie is maar bra vrot en Australie beleef huidiglik van hulle swakste tye ooit. Vergelyk appels met appels. Kom ons aanvaar maar net eenvoudig dat S.A. rugby a.g.v. politieke dwalinge net soos die S.A.L. en andere, totale vernietiging, besig is om te volg. Hierdie vernietiging van rugby maar ook baie ander sportsoorte en ander aktiwiteite begin ongelukkig reeds op die jongste vlakke onder die swaksinnige denkwyse van sogenaamde kwotas.

Bokkoms ·

Rollie, ek bewonder jou optimisme, maar is bevrees jy het voeling iewers met die werklikheid verloor. Uit respek vir ons trotse en ryke Springbok geskiedenis, verwys ek graag na die span wat Saterdag teen die AB’s gespeel het as die SA Ontwikkelingspan (gegewe die transformasie agenda). Dis waar… 3 vinnige drieë en daar is gou 21 punte in die bord… Die sleutel hier is, die reël geld vir beide spanne. Ons SA span het vir ons ‘n verleentheid geword en vir solank as wat transformasie groter is as die spel, sal ondersteuners soos ek van die spel vervreem word, stadions leeg raak, borge verdwyn en die geld op raak. Dit in belang van politieke doelwitte en transformasie. Klink vir my na selfvernietiging.

bgj van der westhuizen ·

wel mense dit is wat die regering al lank al beplan dat die dat springbok moet sleg lyk dat hy almal kan oor tuig om n nuwe span te kies wat onder die protea kan speel maar daar om het ek al gese voor hulle gespeel het hulle gaan verloor en ek kyk nie eers na hulle spel nie wand as hulle dan nog nou en dan eits behoorlik speel maar dit is maar min en afrigters raak al slegter

Frans C ·

Was in my lewe gelukkig genoeg om beroemde besoekende spanne soos die 1994 Leeus in aksie te sien asook ander en goeie Springbokspanne.Die verskil is dat rugbyspelers vandag net goed is as die patroon en bewegings wat by hul ingedril is,ja sommige bewegings het selfs ‘n nommer werk.

Werk die goed lyk hul soos kampioene ,lees die teenstanders dit, dan val dit plat en verander die Bokke in pampoene.Waar is die dae dat ouens soos Mannetjies Roux, Gerber,self Naas die onverwagse gedoen het en die teenstanders onkant betrap.

Ja daar was daê toe as Gysie die bal op heelagter vang en begin hardloop, die Engelse benoud op mekaar begin skree,of waar kry ons ‘n Joubert wat met verbluffende vaart. ‘n agterlyn van heelagter kon oopkloof of ‘n Naas wat darem al gaan dinge hoe beroerd,selfs in die reën ‘n skepskop of twee deur die pale kon klits.

Is daar dan niemand wat dit op die veld gebeur kan lees en sê genoeg is genoeg,dit werk nie
kom ons probeer iets anders.Die All Blacks is nie onoorwinlik nie, dit het die Iere bewys.
Hulle som dit wat op die veld besig is om te gebeur veel vinniger en buit dit uit en laat onse
Bokkies en afrigtingspan verslae agter.

Nugter ·

Frans C, die 1994 Leeus? Was dit nie 1974 Leeus van Willie John Mcbride nie? Die Springbokke was afgeransel in daardie reeks waarvan die 28-9 nederlaag in die 2de toets op Loftus die ergste was. Maar jy is reg, hulle was ‘n fantastiese span maar ten minste het hulle nie met 0-57 verloor nie…

Pieter ·

Jy kan nie die wereld se beste spanne aanpak met ‘n tweederangse kwota span nie. As jy nie jou beste spelers, ongeag van kleur, kan kies nie gaan jy pakslae kry.

JOHNNY ·

Die beste span sal met ‘n NUL OP ‘N KONTARK afrigter verloor. Toetie kry jou ry asb!!!!!

rollie ·

Wat van al die hulpafrigters wat eintlik die afrigting doen, elkeen “spesialis” op eie gebied? Coetzee is amper soos ‘n bestuurder van die afrigters.

Johan du Toit ·

Vraag 1) Wat het van die Springbok span se tegniese adviseur geword wat die speel styl van die ander span moet ontleed en hul swak punte uit wys?
Vraag 2) Wanneer gaan ons ophou vaskyk in spiere en vir `n slag balvaardigheid leer?
Vraag 3) Die 1995 Springbok span was nie as die beste geklas nie, maar as dit by fiksheid gekom het was hulle tops en hulle het die beker gewen. Is ons spelers rerig 80 minute se harde rugby fiks?
Vraag 4) As jou afrigting span nie kop of stert kan uitmaak wat op die veld aan gaan nie nevermind `n plan B het nie wat verwag ons dan?
Die AB speel die eerste helfte teen half pas, want hulle kyk wat die ander span se spel patron is. In die tweede helfte nadat hulle TEGNIESE ADVISEUR hul die ander span se swak punte uit wys kom hulle met `n splinternuwe spel patron na vore en vang die ander span met hulle voete plat op die grond, want skielik speel die AB`s dan nou vinniger en harder as in die eerste helfte. FIKSHEID, BAL HANTERING en SELFVERTROUE. Hulle koppe is reg ingestel. Hoekom gaan soek hulle nie hul heil in ander lande nie.TROTS, TROTS, TROTS!!!!!!

Toppie ·

Na Saterdag se vernedering het die Springbokke sielkundige berading nodig. Die groot probleem het gekom met die Haka want ‘n paar van die bokkies het maar bra skrikkerig en bleek om die kiewe gelyk. Coetzee soek soos gewoonlik verskonings vir swak spel, patetiese afrigting en swak kwota spelers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.