Vyftigtalle oorheers in Blou Bul-klubrugby

Die Tukkies se puntemakers teen QBR: Pieter Griesel (kaptein), Gerrit Engelbrecht, Dwight Pansegrouw, Johan Grobler, Xander Kruger, Steven Moir, Abri Reynolds. (Foto: Johanna de Vos)

Vyftigtalle het die afgelope ronde in die Noordelike Superliga en die Blou Bulle se Carltonliga gekenmerk.

Dit het as ʼn redelike verrassing gekom toe die Tukkies vir Quins-Bobbies-rugby (QBR), die verdedigende kampioen, met 57-33 (rustyd 35-27) op sy plek gesit het.

Hendrik Muller (losskakel) het 23 van QBR se punte met ʼn drie, drie doelskoppe en vier strafdoele aangeteken.

Centurion het Brakpan met 56-7 verniel (rustyd 27-7); die Naka Bulle het met 52-12 teen Springs gewen (rustyd 33-7); en Rustenburg Impala het East Rand United (ERU) met 44-6 afgestof.

Beskikbare puntemakers

Tukkies – Drieë: Abri Reynolds (2), Gerrit Engelbrecht (2), Johan Grobler, Dwight Pansegrouw, Pieter Griesel, Xander Kruger. Doelskoppe: Steven Moir (6), Abri Reynolds. Strafdoel: Steven Moir.

QBR – Drieë: CJ de Villiers, Jasper Genis, Hendrik Mulder. Doelskoppe: Hendrik Mulder (3). Strafdoele: Hendrik Mulder (4).

Naka – Drieë: Kefentse Mahlo (2), Frans Botha (2), Wynand de Sousa, Francois de Jonge, Ian van Deventer, Lawrence Cleminson. Doelskoppe: Anton Beswick (6).

Centurion – Drieë: Etienne Matthys (2), Curtley Brinkhuis (2), JP du Plessis (2), Altus Delport, Oupa Lemekwae, Hendrik Gourrege, Gaybrin Smith. Doelskoppe: Gaybrin Smith (2), Werner Barnard.

Impala – Drieë: Aubrey McDonald (2), Bruce Müller (2), JP le Grange, Bertho van Wyk. Doelskoppe: Trevor Visser (3), Cecil Dumond. Strafdoele: Trevor Visser (2).

Ander uitslae

Carlton-A2-liga

Tweede spanne

Fezelas (UP) 71, QBR 10; Naka 49, Tuine I 20.

Derde spanne

QBR 50, Pumas (UP) 17; Naka 55, Tuine II 3.

KZN

♦ KwaZulu-Natal se Eerste Liga-kampioen, Hillcrest Villagers, het sy titelverdediging met groot sukses begin toe hy die Jaguars met 47-10 oorheers het.

Hillcrest II het met 57-0 gewen.

Boland

♦ Boland moes nes die Westelike Provinsie sy klubligas vanweë die teisterende droogte in die gebied onbepaald uitstel.

Verskeie munisipaliteite in die bond het hul sportgeriewe gesluit.

Van die klubs is oënskynlik nie gediend met die uitstel nie, want die Bolandse Rugbyunie (BRU) waarsku klubs per brief dat diegene wat hul registrasiegeld terug wil hê, daarmee hul lidmaatskap aan die bond opsê.

“Die droogte is geen party se skuld nie – moet daarom nie vingers wys na mense wat nie vir die droogte verantwoordelik gehou kan word nie,” skryf die BRU-president, Ivan Pekeur.

SWD

♦ Die Suidwestelike Distrikte se kampioen, Progress van George, het die seisoen goed afgeskop met ʼn wegholoorwinning van 57-3 oor Blanco in die bond se Premierliga.

In meer mededingende kragmetings het Barbarians (Mosselbaai) vir Evergreens (Pacaltsdorp) met 32-26 geklop; Crusaders (George) het Bridgton (Oudtshoorn) met 19-16 getroef; en Groot-Brakrivier het met 12-10 teen Maori’s (George) geseëvier.

Heidelberg het Silver Stars (George) met 24-8 ondergesit.

Valke

♦ In die Valke se Kestrelliga het Elsburg vir Heidelberg met 64-5 verpletter, en die Oos-Randse Polisie het ʼn taai stryd teen Vanderbijlparkmet 29-24 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.