Waar het Ross Cronje dié slegte gewoonte aangeleer?

Ross Cronjé – hy gee ook maar ‘n tree of twee voor hy uitgee. (Foto: GB Jordaan)

Nou sit die Springbok-keurders met ʼn nuwe kopseer.

Nadat Francois Hougaard dit jare lank al doen en Ross Cronje nou ook die slegte gewoonte aangeleer het om eers ʼn tree of wat met die bal te hardloop voordat dit uitgegee word, is die vraag wie volgende maand die Bok-skrumskakels vir die toetse teen Ierland, Frankryk Italië en Wallis sal wees.

Cronjé, wie se taktiese skopwerk in Saterdag se toets op Nuweland teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap ook nie in die kol was nie, bly die voorkeurkeuse.

Maar die spens lyk leeg, veral omdat Piet van Zyl besluit het om aan die einde van die seisoen eerder op sy plaas in Vrede te gaan boer.

Hougaard se leemtes is deur Coetzee, wat in speeldae op sy dae ook ʼn skrumskakel was, uitgewys.

Maar nou is die vraag, hoekom het dit nou ook na Cronjé oorgespoel?

Cronjé is in die stoel, oor sy samespel met Elton Jantjies. Sy twee adjudante is Rudy Paige en Louis Schroeder, maar wat sal gebeur as Cronjé ʼn besering opdoen?

Kan ʼn mens met Paige of die onervare (op toetsvlak) Schroeder oorlog toe gaan?

Die oud-Bokafrigter Jake White, het onlangs ʼn pleidooi vir Ruan Pienaar (33) gelewer, wat nou vir Montpellier speel nadat Ulster nie meer sy dienste mag gebruik het nie. Hoewel ek hoë agting vir Pienaar het, sal dit verkeerde boodskap aan jong plaaslike spelers soos ondermeer Shaun Venter en Ivan van Zyl stuur.

Jano Vermaak was ook in die Bok-planne, maar hy het in onguns geraak en sal straks nie oorweeg word nie. Sy ouderdom (32) tel ook teen hom.

Faf de Klerk speel nou vir  Wasps en Cobus Reinach vir die Northampton Saints. Hulle het in elke geval te min toetse op hul kerfstok om as oorsese spelers vir die Bokke gekies te word.

Dus, skaaf maar aan Cronje.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Genieve ·

Nee kyk ek stem saam met die dat Ross Cronje se spel was waarlik pateties,en die meeste bal besit weggeskop,jy kan nie bekostig om teen NZ jou balbesit weg te skop nie.Die Bokke moet hard daaraan werk om te hardloop met die bal of is hulle te onfiks?

Joe Hall ·

Dit is mos nie ‘n “nuwe” kwaal van Cronje nie!
Loop kyk na die afgelope jare se Leeu wedstryde en sien hoe Cronje en de Klerk met hul aanlope vorendag kom, wanneer hulle die bal uitgee.

Dirk Kotze ·

Daai skoppies oor die skrum werk ook nie. Behou eerder die bal besit en dwing fases af.

Anton ·

Die probleem is nie soseer die keuse tussen die beskikbare skrumskakels nie. In my opinie is dit veel eerder dat die jonger talent in skrumskakel posisie (Reinach en De Klerk) nie betyds die nodige kontrakte aangebied was nie. Ongelukkig is dit ook waar van ‘n paar ander sleutelposisies

wesley ·

Dit is absoluut n nuwe gewoonte daai. Net paar toetse terug het almal gegons oor die skoon en vinnige bal wat Cronje vir sy lyn lewer. By die Leeus was dit ook nog altyd vinnig en sy “sniping” om die kante wat hom die beste in die land gemaak het. Hy is een rede hoekom die spelpatroon van die Leeus so vlot verloop het na Faf slegte gewoontes laas jaar onder AC aangeleer het. Eks jammer om te se maar baie spelers onder AC leer slegte gewoontes aan deur hul betrokkenheid naby sy afrigting. Is dit die “curse” van AC of wat maak dit so?

p ·

Maar as A C dan die fout kon uitwys by Hougaardt omdat hy ook skrumskakel gespeel het(weet nie waar vir wie en op watter vlak) dan behoort hy mos dit te kan uitstryk. Is dit nie die rede waaroor Faf gepos is nie. 3 Skrumskakels met dieselfde fout?? AFRIGTING MAKEER

Hewitt ·

Hy het vir die destydse Oostelike Provinse skrumskakel gespeel, in die Currie Beker, en voor dit natuurlik in die liga vir nie-blanke spelers. Weet nie of hy goed was nie, maar vir ‘n speler van kleur om destyds ‘n Currie Beker span te kon haal, moes jy jou storie ken, so hy was definitief nie ‘n slegte speler nie, en die OP was in daardie jare ‘n taai span gewees!

bloues ·

AC rig nie agterlyn af nie!! Die fout lê by die agterlyn se afrigter Franco.

Sputnik ·

AC rig niemand af nie, dis die probleem. n Hoofarigter moet nie op sy gaai sit en kyk hoe hulpafrigters afrig nie, hy moet in beheer wees van alle fasette, soos n projek bestuurder. Maar hy is te clueless en dit wys….

George Steyn ·

Daar was niks wat my meer frustreer het as hy so staan wn toesien hoe die opposisie ons balle afneem by losgemale nie. Hougaard was baie meer werd en het 100% commit om die balle te behou. Hulle moes nooit vir Faf laat gaan het nie, hy was beslis ons scrumhalf vir die toekoms. Daar kon so bietjie geskaaf geword het aan sy taktiesd spel maar verder was hy ‘n yster. Ruan Dreyer is nie die antwoord op stut nie en Andries Coetzee volgens my hoort nie in ‘n Bok span nie! Sy posisionele spel is pateties en dit sit die agterlyn permanent onder druk. Hy is telkens in ‘n scrum of op scrumhalf met die laaste vesting onbeman.

lollie ·

Sy diens was besonder stadig Saterdag. Dis jammer want hy is nogal ‘n goeie speler andersins. Ek dink nie daar is beter op die oomblik nie.

lollie ·

My agterlyn: Cronje, Pollard, RJVR, Serfontein, Mapimpi, Leyds (of Nkosi), Gelant. Die enigste probleem met die span is dat Serfontein effe te stadig vir ‘n buitesenter is.

semaarnet ·

Faf speel vir Wasps in Engeland. Julle weet mos wat die reels is vir spelers wat oorsee speel!

Hewitt ·

Soms moet mens maar eers seker maak jy ken jou rugby, voor jy kommentaar lewer. Anders sit jy met eier op die gesig! Dankie vir die reg-help @semaarnet. ;)

Rina Kotze ·

Het Patrick Lambie al herstel?

Pollard nog nie heeltemal reg nie, maar het beter as Jantjies gedoen die rukkie op die veld?

semaarnet ·

Patrick Lambie is Frankryk toe. Speel nie eers meer vir die Sharks nie.

Oom Kosie ·

Ross Cronje moet asb self kommentaar lewer. As hy n paar treë hardloop is hy deel van aanval en kan sê die oposisie se verdedigers aan die raai sit en hulle in trek na hom toe, weg van die loskakel ens. Dit kan werk as hy soms naby die skrum self probeer deurbreek. Dit hou minstens twee verdedigers besig. Hy moet net nie voorspelbaar wees nie. Sy hoë skop oor die oposisie moet binne bereik wees van bv sy twee sneller flanke, waar die bal land
om die verdediger te smeer. Die slotte moet kort daarna dommineer en julle wegvat. Dit moet vier van ons wees, teen twee van hulle, sodat ons hulle blitsvinnig oorrompel en bal wen.

Japes ·

Die bokke makeer n aanvallende skrumskakel. Die losvoorspelers most saam beweeg. Jy gaan vuurwerke sien.

Japes ·

Die bokke makeer n aanvallende skrumskakel. Die losvoorspelers most saam beweeg. Jy gaan vuurwerke sien.

JdV ·

Cronje kan ook nie vêr of reguit gooi nie. Let maar op hoe gereeld Jantjes die bal voor sy voete of bo sy kop moet vang, in plaas daarvan dat Cronje die bal na Jantjes se middel tot bolyf stuur. Nog erger as die een of twee tree wat hy elke keer moet neem voor hy uitgooi is sy alewige gesloer om die bal op te tel! Die opponente is al almal in plek en opgestel dan besluit Cronje eers om die bal op te tel en uit te gee. En hoe dikwels is hy nêrens te sien of kom hy laat op die aangewese plek aan nie. Nee wat ou Cronje, kry maar eerder ‘n besering sodat ons kan sien wie anders jou posisie kan volstaan. En dis ongelukkig nie Coetzee se skuld nie, want Cronje het maar dieselfde streke gehad in die Leeuspan gedurende die Superrugby vanjaar.

Frans C ·

Hoe stadiger die bal uitkom by die skrum of losskrum of losgemaal of ‘n bal wat uit die lynstaan geklap word,hoe groter is die druk op die skrumskakel en hoe meer sal hy geneig wees om weg te beweeg van die teenstanders,want die staan reeds gereed om enige beweging van hom in die kiem te smoor.
Dit is waarom die All Blacks teen die Britse Leeus gesukkel want hul het stadige bal gekry met die Leeus wat in hul gesjgte boer en is hul skrumskakels so aan bande gelê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.