Waar is Jesse Kriel?

Jesse Kriel (Foto: Facebook)

Jesse Kriel (Foto: Facebook)

Van wonderkind tot in die rugbywoestyn, of verbeel ek my dit maar net?

Dit het voorheen met ander rugbyspelers ook gebeur en ek hoop nie dat Jesse Kriel dieselfde paadjie sal stap nie.

Die talentvolle Kriel (22) was ná verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Engeland op die kruin van die golf. Hy is deur menige rugbykenner as buitesenter in sy WB-spanne ingesluit, want hy het in 11 toetse (hy het dit vanjaar tot 12 opgestoot) sedert 2015 die verbeelding aangegryp.

Hy was deel van die Bok-afrigter, Allister Coetzee, se planne vir die reeks teen die Iere en is in die eerste toets op Nuweland as plaasvervanger in die plek van Lionel Mapoe opgestuur. Maar sedertdien? Is hy nie eens meer goed genoeg as plaasvervanger nie?

Ek is seker dat Coetzee binne die volgende paar weke met die Bulls se Nollis Marais (soos met elke ander Superrugby-afrigter) sal vergader om voorraad op te neem, om oor spelers soos Kriel te gesels.

Daar was geen klagtes oor Mapoe se insluiting in die Bok-span nie, veral nie ná sy rits blink vertonings vir die Lions in die Superrreeks nie. Maar een van die tekortkomeninge in die drie toetse teen die Iere was die samespel tussen Mapoe en Damian de Allende, wat om die een of ander rede verleer het om die bal uit te gee en kop eerste ingeduik het. Ja, dit het tot sy drie in die tweede toets op Ellispark gelei, maar wat van die ander 239 minute?

Was dit die Bokke se plan om die Iere se Paddy Jackson (losskakel) en hul senters se verdediging te beproef?

Kriel is veelsydig, want hy kan met vrug heelagter, vleuel of senter spel. Dit kan ook tot sy nadeel wees, vra maar vir Ruan Pienaar en Francois Hougaard . Ek weet spelers sê hulle sal in enige posisie speel net solank hulle die Groen-en-Goud kan aantrek, maar hulle sou baie eerder in hul gunsteling-posisie oefen en speel.

Die Rugbykampioenskap is om die draai en hopelik sal Kriel weer betrek word.

Sulke talent mag nie verlore gaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fransm ·

Solank kwotas span keuses bepaal sal spelers soos Jesse Kriel die prys betaal. Dit is nie gemik op Mapoe nie maar die afrigter moet sy getalke reg hou.

Hasie ·

Jesse Kriel mis uit as gevolg van die kwotastelsel. Hy is ook ‘n beter senter as de Allende wat regtig nie weet van die bal uitgee nie. Jesse, as ek jy was het ek nou al na buitelandse kontrakte begin kyk.

Hasie ·

Ek stem een honderd persent saam met Maroela se skrywe hierbo. Jesse, as ek in jou skoene was het ek begin kyk na buitelandse konrakte.

Gerhard ·

Daars geen rede om Jesse op die kantlyn te los nie. Hy is ‘n uitstekende heelagter en Willie le Roux is nie tans op vorm nie.

Bibbies ·

Ek dink dis eerder tyd dat Willie le Roux nou maar moet gaan rus want hy skop tog net in elk geval al die balle weg…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.