Waar was die minuut se stilte?

Lionel Wilson – hy het beter verdien (Foto stuff.co.nz)

Dis ʼn hartseersaak dat die Suid-Afrikaanse rugbybase nie van die oud-Springbokke wat oorlede is, behoorlik vereer nie.

Dit was Saterdag op Nuweland voor die Curriebekerwedstryd tussen die Westelike Provinsie en Griekwas die ideale geleentheid om hulde aan Lionel Wilson te bring.

Maar geen minuut se stilte nie, geen swartbande om die arms nie, hoewel die televisiekommentator Gavin Cowley voor die wedstryd sy voet verkeerdelik daarin gedruk het en toe vinnig sy woorde moes sluk.

Wilson, wat in 27 van die Bokke se 28 toetse tussen 1960 en 1965 gespeel het, is verlede week in Nieu-Seeland oorlede. Hy was ʼn legende op Nuweland, ʼn instelling.

Ja, daar was darem ʼn kort huldeblyk  op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se webwerf, net soos toe Johnny Buchler, die laaste oorblywende lid van 1951/’52 se seëvierende Springbokspan, ʼn rukkie gelede ook oorlede is.

Net soos Wilson by die WP was Buchler ʼn instelling in die ou Transvaal, maar op Ellispark, daar waar hy emmers vol bloed gesweet het?

Wat van die oud-Natalse ysterslot Martin van Rensburg (Springbok nr. 436, as die beamptes dit nie weet nie)? Hy 61 keer vir Natal gespeel, wat in vandag se dae byna 200 wedstryde sou gewees het voordat hy op 26 moes ophou speel.

Ook niks nie.

Wat van Poens Prinsloo (Springbok nr. 363) – een van net drie Suid-Afrikaners wat dubbele Springbokke in rugby en atletiek was?  Voor hom was Attie van Heerden (1920 in atletiek en in 1921 rugby) ook ʼn dubbele Springbok.

Ná Prinsloo het Jaco Reinach (atletiek 1983 en rugby 1986) ook gevolg.

Toe Salie Fredericks en Welile ‘Bomza’ Nkohla vroeër vanjaar oorlede is, is daar heeltemal tereg hulde aan hulle gebring, want net soos Wilson, Buchler en Van Rensburg was hulle legendes in hul eie reg.

Maar trek tog die streep regdeur…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jean B ·

SARU se beamptes is selektief en onbevoeg. Hul is groter as die sport self. Hul dryf n agenda wat deur politici voorgeskryf word.

Amelia ·

Martin van Rensburg was my oom en daar was ‘n minuut stilte voor die wedstryd na sy dood ‘n post op d Sharks se blad

Johan ·

Simpatie aan jou Amelia, As ek mag vra, was Oom Martin siek gewees. Ek onthou hom van my dae in Durban (ek as kind natuurlik) waar hy in NG Gemeente Port Natal was. Jare later toe ek hier in Pretoria werk, loop ek hom raak (seker so 6-7 jare gelede). Hom gegroet en vinnig gepraat. Vir my was hy altyd ‘n groot man gewees.

Media24 ·

Wie de hel is Salie Fredericks en Welile ‘Bomza’ Nkohla?

Lukie Carelsen ·

Lionel Wilson was ‘n yster in sy dae. Dis vir my hartseer dat hy nie erkenning kry tydens die laaste wedstryde, soos die gebruik is nie. Die rede dink ek, met alle respek, het alles te doen met politiese agendas. Lionel Wilson was wit en dis die rede dat hy geignoreer word, soos ‘n “nobody”! Sies SARU! Dis hoekom ek ‘n voorstaander is dat die Bok embleem vervang moet word en die groen en goud trui. Ons rugby is nie meer wat dit was nie. Dis nou ‘n ANC speelbal.

Johan ·

As SARU dan moedswillig slaap hoekom het WPRU dan nie inisiatief geneem nie?

Amelia ·

was bietjie siekerig en maar gesukkel met die bors. Maar is rustig oorlede in sy slaap by sy kinders. Ja hy was ‘n winderlike mens en my GROOT hero.

Nico ·

Die minuut stillte vir afgestorwe oud sportmanne gee my ‘n pyn in die gat. Dit kan niks vir hulle beteken nie. Ek kan my nie herinner dat dit vroeër jere die geval was nie. Laat die gestorwes met rus hulle het hul tyd gehad.

Braam ·

Geen respek. Ploeter net aan. Gelukkig draai die wiel, al is dit vrek stadig.

L Du Plessis ·

My Pa was een van die persone wat in die berig genoem is. Dankie Blou Bulle vir die erkenning wat jul aan hom gegee het. SARU – swak – daar is vir ons familie gesê dat daar nou net aan persone wat ‘n Springbok kaptein was, eer gegee gaan word…. Nou wil ek graag weet wat van al die ander legendes soos bv Frik du Preez en andere – wees konsekwent asb. en Nico – vir die pyn in die gat – dit gaan meer oor respek meneer – toe ek ‘n kind was is ek geleer dat jy tydens ‘n begrafnis stoet wat by jou verby gaan doodstil gaan staan – RESPEK ouboet – die persone waarvan in die berig gepraat word, het dit gewerk en verdien wat na hul kant gekom het, en het baie vreugde aan die publiek verskaf. Daarom is al wat ons vra – net bietjie respek!!

Laxre ·

Ek probeer al sedert gister aan ou nikoukie dieselfde prentjie te kleur, maat dalk met te veel detail

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.