Waar word die streep getrek?

Kane Hames – ander gewrigsbande. (Foto: Facebook)

Dis sal nie ʼn gewilde besluit wees nie, maar rugbyspelers sal voortaan verbied word om enige boodskap, simbool of kenteken op hul gewrigs- en armverbande aan te bring.

Die verbod geld glo reeds in die sewesreeks en Wêreldbekertoernooie, maar die spelers is briesend, want hulle sê hulle is glad nie daarin geken nie.

In plaas daarvan om spelers op te voed en duidelike riglyne te stel wat aanvaarbaar is en wat nie, is die mat onder hulle uitgepluk.

Die besluit is is geneem om te voldoen aan die vereistes wat die Internasionale Olimpiese Komitee (waarvan Wêreldrugby ʼn lid is) stel, wat deelnemers verbied om enige boodskap, simbool of kenteken uit te beeld.

Dis baie gewild by die spelers en dit kom al hoe meer voor. Waar daar vroeër net ʼn kenteken, simbool of voorletters van ʼn geliefde op die gewrigsbandjie verskyn het, het dit tot langer boodskappe op armverbande gelei. Maar tot dusver het die rugbybase anderkant toe gekyk.

Volgens stuff.co.nz was daar die afgelope 20 jaar slegs ʼn paar voorvalle waar spelers op “oortredings” gewys is, en het hulle dit nie herhaal nie.

Die All Black-stut Kane Hames is juis verlede jaar berispe nadat hy sy steun aan die Amerikaanse inheemse bevolking op sy gewrigsband gegee het toe hy vir die Nieu-Seelandse Maori’s gespeel het, en het hy toe gehoor daaraan gegee.

Nou is die vraag, word spelers ooit geken oor die borge se embleme wat op hul truie, broeke en sweetpakke voorkom?

Jare gelede, in 1992 om presies te wees, het ʼn sigaretmaatskappy die Suid-Afrikaanse krieketspan geborg wat in die Wêreldbekertoernooi in Australië gespeel het. Daar is selfs ʼn verteenwoordiger saamgestuur wat in die kleedkamer moes toesien dat daar genoeg kartonne sigarette beskikbaar was, en dat spelers nie ʼn ander produk rook nie. Van die spelers het dit gehaat om in die sweetpak te verskyn, wat die groot letters van die sigaretmaatskappy uitgebeeld het en ʼn piepklein “Suid-Afrika”.

Wat van biermaatskappye wat die nasionale spanne borg, en die Gupta-maatskappye wat krieket ondersteun en borg.

Wat van beroepsweddersmaatskappye, soos Hollywood Bets en World Sports Betting se betrokkenheid?

Wat van die sukkelende Griekse sokkerspan Voukefala wat deur die bordeelhouer Soula Allevridou geborg word, en die bordeelnaam “Villa Erotica” wat op die truie pryk? Die klub se voorsitter, Giannis Batzionalas, het dit duidelik gestel dat dit uitsluitlik ʼn administratiewe ooreenkoms is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vonkie van der Dool ·

Die rede waarom hulle nie omgee watter borge se name verskyn op spelers se truie nie, al is dit nou bordele, is natuurlik omdat hulle baie,baie geld betaal word daarvoor. Die spelers se boodskappe aan die anderkant bring hulle niks in die sak nie-so, die rede soos met baie ander dinge is GELD

Pierre ·

Ek hoop daar gaan ook iets oor die aaklige haarstyle gedoen word. Spelers stel swak voorbeeld vir jong seuns.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.