Waarom is Calder nie by die Bokke nie?

Sherrylle Calder en Charl Schwartzel (Facebook Sherrylle Calder)

Sherrylle Calder en Charl Schwartzel (Facebook Sherrylle Calder)

In die ou dae het ons dit visie genoem, wat ʼn speler soos Gysie Pienaar  gehad het.

Hy het baie goeie voorgevoel gehad, hy het die gawe gehad om teenstanders uit die hoek van sy oë te sien en hulle dan te systap en te pypkan, soos die ouer garde gesê het.

Jare gelede, toe Sherylle Calder nog hokkie gespeel het, het haar pa gewonder hoekom sy minder as die ander spelers rondgehardloop het. Sy het ook visie gehad en nadat sy 50 hokkietoetse vir Suid-Afrika gespeel het, het sy haar as ʼn wêreldkundige bekwaam om die visuele vaardighede van sportlui te verbeter.

Noem hulle maar op, die Bokke se Wêreldbeker-brekers van 2007, die Engelse rugbyspan wat in 2003 die Wêreldbekertoernooi gewen het, die All Blacks, die Suid-Afrikaanse en Australiese krieketspanne, Ernie Els, Tottenham Hotspur, Monaco, die nasionale hokkiespan en ʼn magdom ander sportspanne.

Daar word gesê dat sy die dryfveer agter Percy Montgomery was om sy vaardighede onder die hoë bal te verbeter, dit was haar bydrae wat JP Pietersen in staat gestel het om onder die hoë bal mee te ding, en dit was haar oog- en koördinasie-oefeninge wat Jean de Villiers en Bryan Habana in staat gestel het om soveel keer die bal te onderskep.

En wat doen die Engelse afrigter Eddie Jones nou?

Hy kry haar aan boord om die Engelse span te help in hul strewe om die All Blacks as die wêreld se beste span te onttroon en die Wêreldbeker in 2019 in Japan te verower.

“Sy het twee goue medaljes (Bokke en Engeland), maat. Ek het haar in Japan gebruik by Suntory toe ons alles gewen het, drie of vier bekers,” het Jones aan The Guardian gesê.

Jones sal weet, want hy was in 2007 ook deur Jake White betrek toe die Bokke teen die verwagting in die WB-toernooi gewen het.

Jones sê die Engelse span, wat onoorwonne is sedert hy oorgeneem het en reeds 13 agtereenvolgende oorwinnings behaal het, se sukses het baie te doen met hul groter selfvertroue,  om beter te kan konsentreer en hul oefenmetodes aan te pas.

Maar waarom is Calder by Engeland en nie by die Bokke nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.