Waarom is Munisipaliteit se naam op Kings-truie?

southern kings logoNouja, dan is die nuwe groot borg van die Oostelike Provinsie Rugby-unie beslis nie die Mandelabaai Munisipaliteit nie. Dit is ’n Britse sportmaatskappy Integrated Sport wat die belegging van R100 miljoen maak,

Maar waarom is die naam van die munisipaliteit dan hoegenaamd daar?

Dit het heelwat mense warm wat onder die kraag was dat die burgemeester Danny Jordaan, eertydse sokkerbaas wat ook onder groot druk uit vele ander oorde is, se munisipaliteit die tóé nog onbekende borg van die Southern Kings kon wees.

Belastingbetalers se geld, het hulle gebrom.

In die hooggeregshof in Port Elizabeth is bevestigende stukke egter Dinsdag ingedien dat Integrated Sport die onderneming agter die groot borgskap is wat teen R20 miljoen per jaar oor vyf jaar aan OP Rugby (Edms) Beperk betaal sal word.

Dit sal deur hul batebestuur-maatskappy RU Asset Management geadministreer word.

Integrated Sport is aktief in Europese sport, het pas ʼn Franse rugbyklub bekom en onderhandel met ʼn voorste Engelse Premierliga-rugbyklub.

Die hooggeregshof, wat Dinsdag uitspraak sou lewer oor die finale likwidasiebevel het egter besluit dat die saak eers op 4 Augustus finaliteit sal bereik om die onderskeie partye tyd te gee om die sakeplan van OP Rugby te bestudeer.

Intussen moet die OP se rugbyspan in die opstelreeks van die Curriebeker nog steeds sonder finansies klaarkom – en wonder ʼn mens steeds wat die betekenis is van die bewoording agterop die spelers se truie: ‘Mandela Bay Municipality’.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus Nieman ·

Dit is n ope geheim in klubrugby kringe in O P rugby dat die NMB Munisipaliteit reeds n paar jaar die Kings finansieel ondersteun met belastingbetalers se geld. Groot bedrae word genoem. Dit sal beslis die moeite werd wees om die gerugte verder te ondersoek, want die Mother Load sal beslis gevind word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.