Wallabie kaptein onttrek weens besering

james horwill
James Horwill, kaptein van die Wallabies het onttrek van die span wat eerskomende Saterdag teen die Springbokke in Brisbane speel, weens ‘n besering aan sy hampees. Horwill sal die Castle Rugby kampioenskap wedstryd uitsit nadat hy beseer is tydens Dinsdag se oefening. Hy sal ook die Wallabies se wedstryd teen die Poemas misloop.

Die 28-jarige slot word vervang deur Kane Douglas en Ben McCalman is gekies vir die plaasvervangersbank.

Skrumskakel Will Genia sal die kapteinskap oorneem by Horwill. Die einste Genia was ook die kaptein van die span wie die Springbokke in Perth’n jaar gelede met 26-19 geklop het.

“Will is ‘n bewese leier en het baie sukses gehad as kaptein van die Reds en die Wallabies. Hy floreer onder die ekstra verantwoordelikheid en ek is seker hy sal ons nie teleurstel hierdie keer nie”, het die afrigter van die Wallabies, Ewen McKenzie gese.

Horwill se besering word tans konserwatief bestuur en McKenzie verwag dat dit betyds sal opklaar vir die Australiers se toer na Suid-Afrika en Argentinie oor twee weke.

Die aangepaste Wallabie span sien so daaruit 15 Israel Folau, 14 Nick Cummins, 13 Adam-Ashley Cooper, 12 Christian Lealiifano, 11 James O’Connor, 10 Quade Cooper, 9 Will Genia (kaptein), 8 Ben Mowen, 7 Michael Hooper, 6 Scott Fardy, 5 Kane Douglas, 4 Rob Simmons, 3 Sekope Kepu, 2 Stephen Moore, 1 James Slipper.
Plaasvervangers: 16 Saia Faingaa, 17 Scott Sio, 18 Ben Alexander, 19 Ben McCalman, 20 Jake Schatz, 21 Nic White, 22 Matt Toomua, 23 Jesse Mogg.

Skeidsregter: George Clancy (Ierland)

Assistente: Nigel Owens (Wallis) Glen Jackson (Nieu Seeland)

TV skeidsregter: Ben Skeen (Nieu Seeland)

Afskoptyd: 12:05

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.