Wallabies blaas Ierland se stoom af

Die Wallabies se heelagter, Israel Folau, was skitterend onder die hoë bal en ook op die aanval. (Foto Twitter@qantaswallabies)

Dit gebeur nie aldag in vandag se rugby met relatiewe hoë tellings dat net twee spelers byna al die punte in ʼn toetswedstryd aanteken nie.

Saterdag in die toetswedstryd tussen die Wallabies en Ierland in Brisbane het dit vir 70 minute gelyk of dit wel kan gebeur.

Die Wallabies het met 18-9 gewen nadat hulle rustyd met 8-6 voor was.

Die Wallabies se losskakel, Bernard Foley, het ʼn drie gedruk en met twee strafdoele en ʼn doelskop geslaag vir 70 minute ‘n bydrae van 13 punte terwyl David Pocock eers in die 71ste minuut ʼn drie vir die Wallabies gedruk het.

Vir Ierland het die losskakel, Joey Carbery met drie strafdoele geslaag.

Die Iere se stoom het in die tweede helfte opgeraak en dit was duidelik dat die lang seisoen, wat verlede Augustus begin het, sy tol geëis het.

Die Wallabies het al hoe sterker na vore getree en die Springbokke kan hulle maar vetsmeer dat die Aussies hul man in vanjaar se Rugbykampioenskap behoorlik sal staan.

Puntemakers ‒
Australië (8) 18:
Drieë:  Bernard Foley, David Pocock. Doelskop: Foley. Strafdoele: Foley (2).
Ierland  (6) 9: Strafdoele: Joey Carbery (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.