Wallabies boelie All Blacks in Perth

Foto: (AP Photo/Trevor Collens)

Die All Blacks is in groot moeilikheid slegs sewe weke voor vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Japan.

Ná hulle drie weke gelede gesukkel het om die Argentynse Poemas met 20-16 in Buenos Aires te klop en twee weke gelede met 16-elk teen die Springbokke gelykop gespeel het in Wellington, is hulle Saterdag in Perth met 47-26 deur die Wallabies in die Rugbykampioenskap verneder ná die Aussies rustyd reeds met 16-12 voor was.

Word jy verneder as jy 26 punte aanteken?

Ja, as jy die All Blacks is, want hulle het die laaste tien van 11 toetse teen die Wallabies gewen. Hulle is hul kleed van onoorwinlikheid kwyt en is nie meer die voorste span op Wêreldrugby se ranglys nie. Hulle is nie meer die span voor wie almal bewe nie, doen proefnemings wat nie slaag nie en hul dissipline (veral speldissipline) haal hulle in.

Foto: (AP Photo/Trevor Collens)

ʼn Mens sal altyd die vraag vra: Wat sou gebeur het as die Franse skeidsregter Jérôme Garcès nie Saterdag vir die All Black-slot Scott Barrett kort voor rustyd met ʼn rooi kaart afgestuur het ná hy die Wallaby-kaptein, Michael Hooper, sonder om sy arms te gebruik, met die skouer teen sy nek en kop by ʼn losskrum disnis geloop het nie?

Barrett is slegs die vierde All Black ná Cyril Brownlie, Colin Meads en Sonny Bill Williams wat in toetse afgestuur is.

Was dit te kras? Nee, want daar was vantevore al baie soortgelyke voorvalle, maar die All Blacks kom al jare lank daarmee weg, sonder dat dit suur druiwe is.

Kom ons kyk wat het die statistieke vertel voordat Barrett afgestuur is. Die Wallabies was heeltemal in beheer, hulle het 81% besit en 87% gebiedsvoordeel gehad. Die All Blacks moes 80 duikslae uitvoer teenoor die Wallabies se 20, die Wallabies het 319 m met die bal gevorder en die All Blacks net 152.

Foto: (AP Photo/Trevor Collens)

Die Wallabies het in die tweede helfte die All Blacks van hul voete af gehardloop (dis seker maklik teen net 14 spelers, maar ʼn rits spanne het voorheen al toetse gewen wanneer hulle ʼn speler kort was).

Die Wallabies het dit reggekry om die All Blacks se leemtes oop te vlek, net soos die Bokke dit vanjaar en verlede jaar (en die Iere in 2016) ook reggekry het.

Net soos enige ander rugbyspan, is hulle onder druk wanneer jy in hul gesig speel en hul besit vertraag, wanneer jou verdediging rotsvas is en jy hulle agter die voordeellyn onder druk plaas.

Foto: (AP Photo/Trevor Collens)

Dit sou dwaas wees om die All Blacks summier af te skryf, daarvoor is hulle te passievol, maar daar lê baie werk voor vir Steve Hansen en sy afrigtingspan.

Die Wallabies het hul beste vertoning van die afgelope dekade gelewer. Dit was immers hul grootste sege nog oor die All Blacks.

Kurtley Beale was briljant op heelagter, James O’Conor se skeppende vermoë bring op senter slaankrag saam met Samu Kerevi en in Christian Leali’ifano en Nick White het hulle nou die ideale skakelpaar.

Voorlangs raak hul skrumwerk al hoe stewiger, hulle het slotte wat lynstane wen en, les bes, wat sal gebeur wanneer David Pocock ook weer binnekort begin speel?

Puntemakers:

Australië 47 (16): Drieë: Reece Hodge (2), Lukhan Salakaia-Loto, Nic White, Marika Koriobete, Kurtley Beale. Doelskoppe: Christian Leali’ifano (2), Matt Toomua (2). Strafdoele: Leali’ifano (3).

Nieu-Seeland 26 (12): Drieë: Anton Lienert-Brown, Rieko Ioane, Beauden Barrett, Ngani Laumape. Doelskoppe: Richie Mo’unga (3) .

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Swartwolf ·

Wat ‘n wedstryd ? Aussie agterlyn wys wat aanval is. Nick White beste agterspeler op die veld en Michael Hooper beste voorspeler – regte leier. Vat die punch en deel dit uit. Lei van heel voor af en gaan nie bankie toe op 50 min nie. Oordonder Kieran Read heeltemal.

Frm ·

Haha wat n klug. Bokke gaan hierdie reeks wen en die all blacks die wereld beker. Dis maar hoe dit is.

Valerie ·

So reg; baie van my familie lede woon in Auckland en hulle is nie in die minste gepla oor hierdie “reeks” simpel wedstryde in ‘n WB jaar nie. Die ABs is steeds jare voor die naaste span, fisies en met met breinkrag.
‘n Klug; ‘n opwarm wedstrydjie.

Pb ·

Ag jys n negatiewe ou pruim? Gelukkig het ons jou tipe ondersteuning nie nodig in SA nie.

willem Botha ·

Ek stem saam die rede vir die all blacks se swak vertoning is oor daar net sewe weke oor is wag vir die wêreldbeker dan sien julle hoe n ware span die proteas en australiërs platvee

Albert ·

Ja die AB het verloor almal juig dit met 14 man het hulle steeds driee gedruk teen die Ausies. Wys jou hulle ag hierdie reeks nie hoog op hulle beplanning nie, kom kyk met die wereldbeker gaan dit n heel ander storie wees. Hul het die reeks gebruik om n klomp proefnemings te doen.

Vintcent ·

Nee wat. Die ABs skakel willekeurig oor na hoogste rat, op hul eie tyd en wanneer dit regtig saakmaak. Dit is realiteit. Die kanse dat die DA die volgende verkiesing gaan wen, is groter as die kans dat die ABs nie weer gekroon gaan word as kampioene nie.

Naas ·

Barrett se rooi kaart omstrede? Nooit. Dit is maar hoe die All Blacks speel en daarmee wegkom.

Swartwolf ·

Rooi kaart 100% korrek. Gelukkig het hul nie die keer weggekom nie.

Antoon ·

Die AB se gesigte het vertel hulle het dit swaar gevat. As hulle net-net verloor het sou ek dalk die snert storie geglo het :-)

Poot ·

@Albert
Die “magtige” AB’s wys al n geruime tyd krake. Om nou proefnemings te doen is nie in hul raamwerk nie. Hulle moes al skag gereed gewees het vir die WB. Geen span wil met stegte verloor WB toe gaan nie. Hul gaan swaar wen aan die beker….. sou hulle hom wel wen.

Riaan ·

Ag en daar wen die Groen koeie alweer die World Cup voor dit begin het omdat die All Blacks verloor het.
Kom ons kyk maar wat gebeur oor n maand van nou af.

kolla ·

Toe die Aussies teen ons verloor toe sê die grootpraters hier hulle is useless. Ek het toe al gesê pasop vir hulle, hulle het altyd ‘n goeie agterlyn en dis net ‘n kwessie van voorlangs verbeter en hulle kanse is so goed soos enige van die top spanne. Ons moet ons afvra wat sou die Bokke gedoen het met 14 spelers op die veld?

Gaan voort ·

Moet Kolla hier krediet gee. Almal vergeet egter volgende week se kragmeting!!

SjN ·

Rooikaart was reg, maar onregverdig, stuur hom af, vervang met ander speler en gee bv 3 punte aan ander span, ons betaal baie om game te sien, man teen man moet kompeteer.

@SjN ·

Dan sal dissipline en reëls ‘n klug word. Leer maar by spelreëls hou, dis waaroor sport gaan. As jy met swak dissipline jou span van ‘n speler ontneem moet jy en jou span maar sukkel totdat jy leer. Die reels geld tog vir albei spanne, so niemand word onregverdig bevoordeel nie.

Nico ·

SJN dit is 100% reg dat ‘n span ‘n speler inboet vir gevaarlike spel. As hy vervang word dan kry die die verontregte span geen voordeel nie en sal vuilspel aan die orde van die dag wees. Vuil speler moet afgestuur word en ‘n automatiese skorsing van 6 weke kry en in die verhoor kan dit selfs uitwys dat dit sommer baie langer moet wees. As span se bestuur nie spelers dissipliene kan leer nie moet hulle voel en watter beter manier as om vuil speler af te stuur met lannnnnng skorsing en sommer groooot boete op die koop toe.

Sarel ·

AB flous almal. Hulle gaan wêreldbeker wen. Die ander topspanne spartel vir 2de plek.

Cuda ·

NZ se wêreld oorheersing is besig om minder te raak. Dis asof hulle die druk voel en mens sien dat spelers nie “kliek” soos in verlede nie. Hulle maak self foute en skeidsregters vat hulle ook meer vas met goed wat hulle altyd weggekom het. 2019 gaan ‘n baie goeie WB wees..

Niklaas ·

Die Wallabies was erg gemotifeerd en hul wou wen , het sterker wenmotief as AB’s gehad. Tog het ek die vermoede dat ons n rat voor die oë gedraai word deur Steve Hansen en sy span. Dalks hou hul bietjie terug. Na die WB sal ons almal weet. New Zeeland is nie goeie verloorders nie. Dis dalks slim en skelm taktiek hierdie om almal om die bos te lei.

Henry ·

Koddigste gedeelte van die pak slae wat die AB’s gekry het, is die getemery van hul ondersteuners – veral die ou lotjie wat in hierdie droewe land woon.
Om nie eers van die seuntjies se weenkoor te praat wat altoos hier smous met anderland se pêrels nie.
Die ’14 man’ verskoning is lagwekkend.
Selfs my arme Bulle het met 14 man en soms met slegs 13 spelers, die rooibontes van Jo’burg pak gegee!
Kry vi’ djille!!!

Swartwolf ·

Netjies gese Henry. Vat so daai Cape maori AB kuipers. Bulle was great gisteraand hulle wou wen. Daar klop hulle die Leeus met 14 man en die stompies het teen die leeus verloor met 15 man. Wat ‘n grap.

Frans C ·

Die All Black se proefneming met twee losskakels op die veld het misluk en met Goodhue
beseer en van die veld af was daar geen ritme in die agterlyn nie.
Moet ‘n skeidsregter soveel beheer hê dat hy met een beslissing die verloop van ‘n wedstryd kan verander? ‘n Oplossing sou wees as daar ‘n rooikaart oortreding is die oortredende span moet kan besluit om met veertien man te bly speel of saam met die afgestuurde speler een van sy 8 reserwes te verloor as spanboete.

Jy gaan beslis nie gewild wees as jy ‘n rooikaart kry en een van jou medespelers moet saam met jou boet.So behou jy 15 teen 15.Sou jou span nog ‘n rooikaart kry verloor jy nog ‘n reserwe.Indien ‘n span meer as drie geelkaarte kry moet hul nog ‘n reserwe inboet.So gaan 2 rooikaarte en drie geles jou drie reserwes en dalk die wedstryd kos.

Dit is net eenoog toeskouers wat so’n ongelyke stryd kan geniet.Die Wallabies het anders as die Leeus gewys wat hul teen 14 man kan doen.Vir die eerste keer in ‘n lang tyd sit Hansen nou met ‘n kopseer wat lank die Bokke se probleem was. Swak span keuses en kombinasies.

Henry ·

Vergeet maar van jou sogenaamde ‘eenoog toeskouers’. Dit is ‘n growwe veralgemening.
Rooikaarte en 14 man spanne is enige tyd verkieslik, ipv ‘n jong man wat vir die res van sy leeftyd in ‘n rystoel moet deurbring, of nog erger.
Die rooikaart oortredings is daargestel om sotte wat spelers se lewens en liggame met onnooslike en gevaarlike spel verwoes en/of in gevaar stel, van die speelveld te verwyder.
Rugby is steeds ‘n sport wat deur beide spelers en toeskouers geniet word. Dit is/was toe nog nooit ‘n oorlog gewees wat sonder grense gevoer kan word nie.
Plaasvervangers is vir seker nie die antwoord nie.

Kokkie ·

Die Ozzies het die All Blacks gister met goeie rugby ore aangesit. Nou kom die groot toets , nl. konstantheid. ‘n Span wat werklik briljant is, doen dit Saterdag na Saterdag, wedstryd na wedstryd. Kom ons kyk of dit gebeur.

Frans C ·

Metr ‘n rooikaart oortreding moet daar ‘n element van opsetlik (deliberate) met ander woorde jy beseer ‘n speler opsetlik met die doel om hom so te beseer dat hy nie verder kan speel nie.In ‘Assessment of seriousness of the Foul Play’ geld die volgende:(a) whether the offending was intentional or deliberate;(b) whether the offending was reckless, that is the Player knew (or should have known) there was a risk of committing an act of Foul Play; (c)the gravity of the Player’s actions in relation to the offending;
REGULATION 17(d) the nature of the actions, the manner in which the offence was committed including part of body used (for example, fist, elbow, knee or boot);(e) the existence of provocation;(f) whether the Player acted in retaliation and the timing of such;(g)whether the Player acted in self-defence (that is whether he used a reasonable degree of force in defending himself); (h) the effect of the Player’s actions on the victim (for example, extent of injury, removal of victim Player from the game.(i) the effect of the Player’s actions on the Match;(j) the vulnerability of the victim Player including part of victim’s body involved/affected, position of the victim Player, ability to defend himself;(k)the level of participation in the offending and level of premeditation;(l) whether the conduct of the offending Player was completed or amounted to an attempt; and(m) any other feature of the Player’s conduct in relation to or connected with the offending. “

Toe Nou. ·

Ek praat nie ongedissiplineerde spel goed nie. My vraag is wat is die assistent skeidsregters se rol op die veld? Dit is mos logies dat die skeidsregter die assistente sal nader en ook die TV skeidsregter. In my opinie is die assistente maar nog net steeds die die ou vlagmanne van ouds. Assistente is vir my die grootse klug.

Toe Nou. ·

Ek praat nie ongedissiplineerde spel goed nie. My vraag is wat is die assistent skeidsregters se rol op die veld? Dit is mos logies dat die skeidsregter die assistente sal nader en ook die TV skeidsregter. In my opinie is die assistente maar nog net steeds die die ou vlagmanne van ouds. Assistente is vir my die grootse klug.

Marius ·

Wie onthou nog vir ene Shaun Fitzpatrick?. ‘n Regte vuil uil en het male sonder tal met vuilspel weggekom. Wie onthou nog vir ene Richie McCaw – Fitzpatrick se leerling. En so kan mens voortgaan, hoe All Blacks skeidsregters te intimideer het en altyd male sonder tal met fyn vooraf geoefende truuks, vuilspel laat skitter het, En wat van die Haka – hoekom is dit slegs die All Blacks van alle rugby-unie spelende lande wat dit beoefen. Is dit nie intimiderend nie?. Ek glo nie ander lande se rugby spelers wil graag Maori-kultuur sien nie, dit mag vir toeskouers snaaks lyk maar vir my is dit alles behalwe snaaks. Die Springbokke toi-toi nie, die Wallabies doen nie ‘n Aboriginal riel-dans nie, die Engelse marsjeer nie met stywe nekke op en af nie, die Iere grou nie gat vir goud nie en die Franse jaag nie hoenderhane rond nie, en nog minder het die Poemas ‘n Jaguar aan ‘n leiband.

Henry ·

Dankie Marius!
Die haka manewales en bloutong uitstekery is eerder lagwekkend as wat dit van enige intimiderende waarde is. Uiteindelik vertel dit meer van die uitvoerders van sulke primitiewe en agtergeblewe gedoentes, as wat dit van enige nut vir mens of dier is.
:-)

Swartwolf ·

Die haka is ‘n deel van rugby geskiedenis. Maar die vraag bly is dit nodig ? By die tyd is dit nie meer intimiderend nie baie opponente glimlag as die wreedaardige gesigte getrek word en die gegillery oorneem.

Charles ·

Vir die saffa Kiwis in NZ, speel die Kiwis ooit omte verloor….

Iggie ·

Ons praat weer na eerskomende Saterdag. Die All Blacks gaan die Aussies se gatte skop op tuisbodem, watch the space!

JohanL ·

Ek dink FransC het ‘n punt beet met die rooikaart en die gevolglike “ongelyke stryd”. Ek stem nie noodwendig saam met sy detail nie, maar in wese ondersteun ek sy kommer.

My persoonlike gevoel is dat die SPELER wat oortree het, natuurlik afgestuur moet word en dan ‘n (kwaai) straf moet kry itv boete en skorsing van wedstryde. Die span in my beskeie opinie moet wel die afgestuurde speler kan vervang. Hoekom moet die span vir die res van die wedstyd ly onder die waansinnige optrede van die individuele speler? Saam met die afstuur van die speler, kry die ander span ook outomaties ‘n straf-strafskop (pasella 3 punte) en spel begin weer (as ‘n opsie) op die middellyn met afskop, of met ‘n skrum waar oortreding plaasgevind het (het reeds 3 pasella punte gekry). Die ekwivalent van krieket se straflopies.

Wat gebeur byvoorbeeld as die haker afgestuur word van span A? Span A bring die reserwe haker op en ‘n ander (onskuldige) genomineerde speler moet die veld verlaat. Hoe onregverdig is dit?

SjN ·

Ek ondersteun jou een honderd persent Johan, ongelukkig word reels nie konsekwent uitgevoer nie, die strafpunte stelsel kan werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.