Wallabies kies twee nuwes vir toer na SA en Argentinië

Die Wallabies, wat in hul laaste ses toetse net die een teen die Springbokke drie weke gelede gewen het, het twee spelers sonder toetservaring ingesluit in hul toerspan wat aanstaande naweek teen die Bokke in Port Elizabeth en die daaropvolgende week teen die Poemas in Salta speel.

Die losvoorspeler Pete Samu, wat verlede week vir Michael Hooper in die verloortoets teen die Poemas ingestaan het, het ʼn kniebesering en word deur Angus Cottrell in die groep vervang.

Hy sal terselfdertyd vir die plaasvervanger-slot Lukhan Tui instaan.

Tui se stiefpa is oorlede. Hy was ook in ʼn onaangename onderonsie met ʼn ondersteuner (wat ongelukkig was oor die neerlaag van 19-23 teen die Poemas) betrokke. Tui het gevra dat hy nie vir die twee oorblywende toetse in die Rugbykampioenskap oorweeg word nie.

Benewens Cottrell, is die skrumskakel Jake Gordon in die toergroep om vir Will Genia en Nick Phipps by te staan. Gordon het ook nog nie vir Australië gespeel nie.

Die haker Tolu Latu word ook tuis gelaat om, soos Powell, speeltyd in die Aussies se Nasionale Rugbykampioenskap te kry. Brandon Paenga-Amosa toer in Latu se plek.

Wallabies-toergroep ‒

Voorspelers
Allan Alaalatoa, Rory Arnold, Adam Coleman, Angus Cottrell, Folau Fainga’a, Ned Hanigan, Michael Hooper (kaptein), Sekope Kepu, Brandon Paenga-Amosa, David Pocock, Tatafu Polota-Nau, Tom Robertson, Izack Rodda, Rob Simmons, Scott Sio, Caleb Timu, Taniela Tupou.
Agterspelers

Tom Banks, Kurtley Beale, Israel Folau, Bernard Foley, Will Genia, Jake Gordon, Dane Haylett-Petty, Reece Hodge, Marika Koroibete, Jack Maddocks, Sefa Naivalu, Nick Phipps, Matt Toomua.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.