Wallabies ‘ploeterende eenheid met hovaardige houding’

Nie dat ʼn mens sommer vir ʼn Australiese sportman simpatie het nie, maar die Wallabies se afrigter Michael Cheika ‒ en eintlik sommer die hele span ‒ is onder druk van veral die Nieu-Seelandse media.

Hulle speel Saterdag op Edenpark teen die All Blacks waar Australië 32 jaar en 17 toetse laas gewen het.

Die Wallabies oefen tans op die eiland Waiheke, sowat 21 minute per veerboot buite Auckland. Daar word in die media deur  Chris Rattue van die New Zealand Herald na hulle verwys as die “Wobbly Waiheke Wallabies”; dat hul Afrigter Michael Cheika “net ʼn enkele jaar voor die Wêreldbeker-toernooi na lug snak” en dat nóg ʼn neerlaag sy span “in chaos” voor die toernooi in Japan sal laat.

Die vooraanstaande Australiese rugbyskrywer Greg Crowden van ESPN skryf “die span se ontstellende (gebrek aan) vaardigheid maak ʼn bespotting van beroepsrugby, en hul arrogante, hovaardige houding verdien nie enige respek van almal wat al siek en sat is vir hierdie ploeterende eenheid wat voortdurend gekke van hulself in groot wedstryde maak nie.”

In Australië het die land se rugbybase die kritiek probeer wegpraat deur hul steun vir Cheika uit te spreek ‒ maar die realiteit is dat die kritiek sal toeneem indien die Wallabies nie die loesing van 17-38 verlede Saterdag in ʼn onwaarskynlike oorwinning kan omswaai nie.

♦ Die All Blacks sal Saterdag hul tweede toets in die Rugbykampioenskap-reeks teen Australië ‒ en ook die tweede van vanjaar se drie Bledisloe-toetse ‒ met geweldige selfvertroue tegemoet gaan.

Hulle is feitlik onoorwinbaar op Edenpark, waar hulle 41 toetse, insluitende die bogenoemde 17 teen die Wallabies, laas verloor het.

Voeg daarby dat die All Blacks die afgelope 15 jaar die Bledisloe-reeks gewen het. Hulle sal dit 16 keer maak as hulle Saterdag sou wen, want hulle het verlede Saterdag wéér maklik met die Wallabies in die eerste toets van die driewedstryd-reeks afgereken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Frans C ·

Die Bokke moet maar daarteen waak dat hul nie ‘n groter pak as die Wallabies op die lyf koop nie.

Se maar net ·

As hulle dit van Australia se wat gaan hulle dan nie van die bokke se nie.

Frikkie ·

Ek hoor jou Frans C! Hou ook in gedagte dat rugby union sukkel om huidiglik te oorleef in Australie, nevermind ‘n goeie span uitstuur wat hulle nog so nou en dan regkry.

GATVOL ·

Frikkie,
Jy is heeltemal in die kol.Hoe gouer Western Force weer deel word van Aus. union rugby, hoe beter vir hulle. Die xpats van RSA is besig om n kragtige Western force op te bou.

nico k ·

Dis waar dat rugby nie eintlik ‘n groot sport in Australië is nie en hulle doen dan nie te sleg nie. Ek het eenkeer getalle gehoor dat daar in ‘n jaar ongeveer 100 000 mense in Australië na Rugby union gaan kyk het. Sowat 300 000 het Rugby League gekyk en 700 000 na Australian football.

Marius ·

Nico K – jy is absoluut reg. Ek het in Suid-Afrika by ‘n skool in Sprinsg aan die Oos-Rand rugby vir lank afgerig en ek woon nou al 18j in Australie. Hierso het ek het vir amper 5jaar rugby afgerig by ‘n plaaslike h/skool by Mandurah, 70km suid van Perth waar ek woonagtig is. In die skole liga in Perth is daar net 16 skole wat rugby union speel, terwyl daar amper 700 skole is[beide h/ sowel as l/skole]. Jy kry ook nie baie ondersteuning van jou skool se bestuur af nie. Wat eienaardig was is dat ons 3 Suid-Afrikaners was wat in die suide van Perth met elkeen van ons spanne groot sukses behaal het. Van die 5 universiteite in Perth is dit net Curtin-universiteit wat rugby speel, die klubspanne is egter sterk met ‘n mengelmoes van Kiwis/eilanders/Suid-Afrikaners/Australiers/Engelse. Die Western Force is deur die Australiese rugby unie afgehaal met absurbe aantuigings en dit moet vir hulle ‘n dolksteek wees om te sien dat rugby geensins ondergegaan het in Perth nie. Groete tuis!

Andre ·

Jy is reg Nico. Ek is in Melbourne. Die wiki statestieke vir TV kykers in 2017 is oor die 7 miljoen for AFL, 3 miljoen for League, 1.7 miljoen vir A league sokker en 700,000 vir Rugby. Jy kan live toeskouers seker met 10 deel alhoewel die MCG maklik 100,000 trek vir n AFL game.

Rupert Ashford ·

Het julle geweet die AFL doen ook ontwikkelingswerk in Suid Afrika?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.