Wallabies swig teen All Blacks se teenaanvalle

Dit is moeilik genoeg om die All Blacks mét genoeg besit te klop, en dis feitlik onmoontlik daarsonder.

Dít was die verhaal Saterdag in Sydney waar die All Blacks in die tweede helfte vyf van hulle ses drieë gaan druk en 33 punte in hulle oorwinning met 38-13 aangeteken het.

Die eerste helfte het ook aan die All Blacks behoort omdat hulle die besit en daarmee saam ook gebied oorheers het. Hulle kon egter met die baie eerstefase-besit nie veel uitrig teen goeie verdediging nie. Die Wallabies het weinig regte aanvalskanse gehad, maar het ná volgehoue besit en baie fases en heelwat amperse drieë laat in die eerste kwart, die kans weggesmyt om die telling na 10-0 op die skuif.

Toegegee, die All Blacks se trots was in dié tydperk op die spel en onbetwisbaar duidelik met hulle ondeurdringbare keerwerk. Aanval is miskien hul sterkpunt, maar hulle kán werklik keer as dit moet (soos die Crusaders in verlede week se Superrugby-eindstryd teen die Lions gewys het).

Self deurkom kon die Swartspan ondanks die baie besit nie. Daarvoor het die opskietverdediging van die Wallabies gesorg wat selfs heelwat hanteerfoute aan die All Blacks se kant tot gevolg gehad het.

Maar toe het Nieu-Seeland se eerste drie met tipiese goeie oordeel, aangeë en die identifisering van spasie twee minute voor rustyd gekom. Twee minute na rustyd het nog een gevolg en daarna was die Wallabies se fut hoofsaaklik uit nadat hulle rustyd met 6-5 voor was.

Die All Blacks se bekende teenaanvalle het ná rustyd begin toe die Wallabies ook by die afbreekpunte te veel balle omgekeer het en veral by die lynstane, waar hulle sewe van hul eie ingooie afgestaan het, gesukkel het.

Nieu-Seeland het ook in die skrum beter gevaar. Hul oortuigende oorheersing by die voorspelers, waar die Wallabies die Iere twee maande gelede vasgevat het, getuig daarvan dat hierdie ʼn span is wat op elke gebied sy stempel kan afdruk en kan oorheers.

Maar dit het ons tog darem geweet, of hoe?

Puntemakers ‒

Australië (6) 13: Drie: Jack Maddocks. Strafdoele: Bernard Foley, Reece Hodge. Doelskop: Foley. Nieu-Seeland (5) 38: Drieë: Aaron Smith, Jack Goodhue, Beauden Barrett, Brodie Retallick, Waisake Naholo (2). Doelskoppe: Barrett (4)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dries du Toit ·

Sad to say,maar daar is niemand op hierdie aarde wat hierdie ouens kan klop nie. Selfs al daag hulle nie op vir die 2de helfte nie????

What a joke! ·

Ja en die swak swak swak skeidsregter ou Jaco het met oogklappe gespeel soos die manne in swart omkant speel ,die bal vertraag reg op hul doellyn wat n geel kaart moes wees en duike uitvoer wat n duidelik n rooi kaart sal wees vir enige ander span in die wereld???? Twee stelle reels een vir die All blacks en een vir die res van die wereld!!! Ironies hul is goed genoeg hul is die beste maar die voortrekking maak dat ek dag na dag minder van rugby hou….

Rupert Ashford ·

Moet ook byse Jaco Peyper het die ABs met moord laat wegkom op die onkantlyn (skrums, maar dit is baie tegnies). Hulle het nie sulke hulp ook nog nodig nie.

@Rupert van Jean ·

Stem %200 met jou Rupert..erg swak van Jaco Peyper.Hoe mis jy hy daai “spear tackle”??? Enige ander span en dit was n rooi kaart! nog n duidelikke oortreding,reg op hul doellyn maak die All Blacks die spel stadig met sinniese spel enige ander span n geel kaart die All blacks niks, nog blantante omkant spel reg voor Peyper die All Black speler kom gryp sommer die bal na hy reg rondom die skrum gehardloop het uit die Wallaby se hande???En wat gebeur net mooi niks.Die skrums het ok maar lekker elke liewe strafskop in die All Blacks se guns geval,dit was 50/50!!!!Kyk die Wallabies was swak en die All Blacks het nie hul gelyke maar wragtag die vader weet hul kom weg met moord !!.Die All Blacks word maar altyd voorgetrek en hul het dit die minste nodig! Dit maak rugby nogal ondraaglik om na te kyk met dinge so eenkantig..sorry Jaco Peyper jy kry 1 uit 10 vir hoe jy blatant vir die All blacks geblaas het swak man uiters swak!Dit is dinge soos die wat die spel rugby doodwurg en hoekom ek nie honderde rande of $ ‘s sal spandeer om n spel te gaan kyk nie…net nie meer dit werd nie…

Niklaas ·

My opinie van skeidsregter Jaco Peyper het bietjie gedaal. Die AB’s het weggekom met moord. Moet byvoeg dat daai NZ span onoorwinlik lyk. Verdedig soos tiere en geen bal word laat val. Daai span is soos een goed geoliede masjien. Niemand sal hul klop in die volgende twee jaar nie !

Riaan ·

Dis net suur druiwe, die All Blacks gaan die groen bokkies in die grond in speel.
SA wen mos nou weer klaar die beker na hulle die Pumas gewen het.
Julle kyk die game met oog klappe aan en probeer net die All Blacks se foute raak sien.

Rupert Ashford ·

Geen suur druiwe nie Riaan. ABs lyk baie goed maar reels geld vir almal.

Frans C ·

All Black gered het in die spear tackle’ want saam met die speler grond toe en hom nie gelos het nie.Jaco Peyper is nie so sleg soos mense hom maak nie.Die All Blacks
is net baie slimmer en ken mi die reëls (wette) beter.
Die denkbeeldige onkantlyn gaan by die ‘ruck’ en ‘maul’ deur die verste agtervoet van die speler agter in die ‘ruck’ of ‘maul’ is. Met voete onder hom , kan die nie betrokke spelers nader kom,vorentoe beweeg sodat dit soms lyk of hul onkant is.
As ‘n 2 meter lange slot dus die laaste man is en sy voete agtertoe gooi is die denkbeeldige onkantlyn veel verder as bv ‘n kort haker wat met kort vinnige treë vorentoe beweeg.
In die ou tyd het vleuels die bal by die lynstan ingegooi.Hoekom dit nie meer gebruik word nie weet ek nie,want in alle gevalle is dit die haker wat moet hardloop om aan te sluit en die bal te ontvang.

Indien die Leeus dit teen die Crusaders probeer het was Marx se krag en gewig onmiddellik beskikbaar en kon dit rolbeweging dalk suksesvol uitgevoer gewees het.
Skeidsregters se vertolking van die teendryf by die Lynstaan.Die
All Blacks dryf sodra die ou se voet net raak aan die gras.Mi moet die speler wat die bal bemeester eers toegelaat word om met voete grond te vat,voordat teenstanders begin dryf en nie wanneer hy nog van balans is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.