Wallabies verloor teen tuinmaak; lesse vir Saru

ʼn Mens kan dit nog so half-half verstaan dat daar meer televisiekykers in Australië na ʼn nuusbulletin sal kyk as na ʼn Wallabies-toets, maar na ʼn tuinbouprogram?

Dit moes Woensdag een van die grootste skokke vir die Australiese Rugbyunie (ARU) gewees het, dat meer mense in saalinge, bemesting en die snoei van rose belang stel as om na Israel Folau, Kurtley Beale en Michael Hooper te kyk.

Die ARU moet dankbaar wees dat die Wallabies teen die All Blacks gespeel het, want al het hulle met 34-54 in Sydney verloor, was daar sekerlik baie meer kykers ingeskakel omdat die All Blacks gespeel het.

Dink net daaraan as die Wallabies teen Georgië, die Poemas of selfs die Springbokke gespeel het.

Daar was net 600 000 kykers (betaal- en nie-betaal) op die rugbytoets ingeskakel. Dit was slegs die negende gewildste program en het agter in die ry ná drie nuusbulletins en TV-reekse soos Father Brown en Shetland gestaan, asook Tuinbou Australië. Daar het ook meer kykers na die rugbyliga-klubwedstryd tussen die Roosters en West Tigers gekyk.

Dink net daaraan as daar meer mense in Suid-Afrika na “Woef”, “Slank” of “Chatnou” as na die Bokke sou kyk!

Rugby in Australië is op sy knieë, die kop van die ARU se uitvoerende hoof, Bill Pulver, en nog drie ander senior bestuurslede het reeds gerol. Die Force se aansoek is toegestaan om teen sy weglating uit aanstaande jaar se Superreeks te appèlleer. Die kop van die Wallabies-afrigter, Michael Cheika, word geëis, spelersgetalle daal, die geldkraan het opgedroog, noem dit maar op.

Is daar lesse vir Suid-Afrikaanse rugby hieruit te leer?

Ja, moenie in rooi truie toetsrugby speel nie, moenie uitsprake maak dat daar dalk in die toekoms twee Springbokspanne gekies sal word nie, moenie die Curriebeker-reeks verder verwater nie, moenie krap waar dit nie jeuk nie, en moenie ondersteuners verder kwaad maak oor daai gewraakte T-woord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nico ·

As hulle met rooi wil speel vat die bok asb ook weg en sit n gupta kop op want dis n klug

zack ·

Pieter Kruger—Dit T-woord is TRANSFORMASIE
In eenfoudige terme Kwotas
Gaan jy hierdie een delete omdat dit die waarheid is?

Nico K ·

Die regering gaan nie omgee as rugby vou nie. Dit is net ons wat daaroor gaan jammer wees. So om te sê ek kyk nie meer rugby nie, benadeel ons net onsself. Dit is die rugbyraad wat mooi moet dink as hy reekse soos die Curriebeker afwater. Die bestuur van die rugbyraad kan oor ‘n paar jaar bedank (met baie geld in hul sakke.) Maar ons wil nog graag jare lank rugby kyk.

Fires ·

Zack stem saam! Tyd dat ons as liefhebbers van die sport dit begin boycot! Waar gaan SARU dan geld kry as stadions leeg loop. Behalwe vir Nuweland is die oor grootte meerderheid toeskouers wit? Of is ek verkeerd?

Verkeerd ·

Jy is verkeerd! Die swart rugby spelers van AL die spanne het hul ondersteuners wat die wedstryde bywoon. Moet asb. nie altyd op Nuweland pik nie. Ten minste word Nuweland goed ondersteun. Loftus kan nou net vir sokkerwedstryde gebruik word.

Verkeerd ·

Jy is verkeerd. Moet asb nie op Nuweland pik nie. Die swart spelers van AL die spanne het hul ondersteuners. Loftus kan nou gebruik word vir sokker wedstryde want daar is nie meer ondersteuners vir die Blou Bulle nie.

Barry ·

Om rugby te vernietig is als deel van n slinkse plan…dink ook onderwys, godsdiens en landbou. Vernietig als wat net effens ruik na Afrikaner-belange.

Rooiwillem ·

Mense. Fokus en kry die feite reg. Rugby was nog nooit ‘n groot sport hier in Australië nie. Dit sal sukkel teen rolbal. 1 uit 5 Aussies kyk Aussie rules en 1 uit 10 kyk Rugby League. Union is 4 uit elke 100 en met die Wallabies wat nou al vir jare sukkel is laer kykergetalle maar net wat dit is. Ek sukkel om te sien watter lesse daar in is vir SA rugby?

T.v.S. ·

Heeltemal reg. Hulle het tot dusver verbasend presteer vir ‘n land waar dié sport so ongewild is.

Dit is waarom die ARU se kortsigtigheid om ‘n immer ontwikkelende span soos die Western Force te verraai en eenkant te skuif om die vervelige Super-kompetisie te plesier, die verstand te bowe gaan.

Meer as 10 jaar se groei in Wes-Australië word tot niet gemaak en Australië se rugby kan net afdraand van hier af.

Pieter ·

Rugby is sy eie grootste vyand.
Met soveel skeidsregters per wedstryd (wat op die aarde niks beteken nie, want die kordaat-mannetjie op die veld met die fluitjie dikteer die uitslag van die wedstryd!), soveel kritiese reëls wat eenvoudig deur “Mr. Ref” misgekyk word, kan geen sport meer toeskouers trek nie.
Wêreld Rugby (die nuwe IRR) kan gerus maar erken dat hulle gefaal het. Geld-rugby is ‘n reuse flop en ‘n skande vir liefhebbers van die “eens trotse” spel.
Nag ou grote…

Pieter Strydom ·

Rugby is sy eie grootste vyand.
Met soveel skeidsregters per wedstryd (wat op die aarde niks beteken nie, want die kordaat-mannetjie op die veld met die fluitjie dikteer die uitslag van die wedstryd!), soveel kritiese reëls wat eenvoudig deur “Mr. Ref” misgekyk word, kan geen sport meer toeskouers trek nie.
Wêreld Rugby (die nuwe IRR) kan gerus maar erken dat hulle gefaal het. Geld-rugby is ‘n reuse flop en ‘n skande vir liefhebbers van die “eens trotse” spel.
Nag ou grote…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.