Wallabies vrees die Springbokke steeds

SPRINGBOK EMBLEMSuid-Afrika se rugbypubliek sit nog soos Job op die ashoop ná twee onoortuigende seges teen die Poemas, maar die Wallabies vrees die Springbokke nog.

Die rede hiervoor is dat die Bokke meer fisiek is, skryf Matt Burke op die werf RugbyHeaven. Hy skryf ook dis moeilik om by te hou wanneer die Bokke die skroewe begin aandraai, soos toe hulle die Wallabies verlede jaar in Brisbane met 38-12 verniel het.

Op dieselfde werf se meningsopname stem meer as 60% van die deelnemers vir ‘n Springbokoorwinning.

Burke skryf die Bokke is meer fisiek as die ander spanne. Hulle is, soos die meeste spanne, groot en sterk, maar daar die manier waaarop hulle met rou intensiteit fisiek laat geld, skei hulle van ander spanne.

“Dit lyk of hul begeerte om hulself op die veld te laat geld in hul DNS ingebou is. Dit word van generasie na generasie deurgegee en daardie vlam brand nog hoog.

“In toetse raak die Bokke skoon halsoorkop (helter skelter) sonder enige respek vir hul eie selfbehoud. Dit gooi wedstrydplanne omver.”

Burke skryf die Aussies sal slimmer as die Bokke moet wees. Die Bokvoorspelers skep ‘n platvorm wat belangrik is, maar dit gaan vir hulle ook oor trots.

“Dit werk nie om teen hulle arm te druk nie – jy moet die bal teen hul agterspelers opneem. Hulle is aggressief op die verdediging, maar ek vind dat hulle dikwels die verkeerde roep vir die duikslag maak.”

Suid-Afrika speel volgende Saterdag in Perth teen Australië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louis le Roux ·

Pasop, die sagmaakproses het begin. Dit is so dat geen span onderskat moet word nie, maar die Ausies is nie dom nie. ‘n span wat die All Blacks byna geklop het is soveel meer gevaarlik. Moenie te gou rustig raak nie.

Johannes ·

Dis wens denkery dat Aussies bang is vir die springbokkies veral na die flou bokkies se vertoning die afgelope twee weke.Die All Black afrigter het dan self gese die Aussies het verlede week net ‘n af dag gehad komende van die All Black afrigter self wil ek weer se dis wensdenkery van die SA pers.Ek persoonlik hoop die Aussies speel die bokkies in die grond in en ek is nie ‘n Aussie of Springbok ondersteuner nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.