Wallaby-legende oor tjoekie-stilblyery beboet

George Smith – beboet. (Foto: Reds)

Die Queenslandse Rugbyunie (QRU) het ʼn legendariese Wallaby beboet omdat hy sy 18 dae van aanhouding in ʼn Japanse tronk teenoor die unie verswyg het.

Die uithalerflank George Smith (37) is luidens berigte toegesluit nadat hy glo geweier het om ʼn Tokiose taxibestuurder te betaal, en toe die man op sy geld aandring, hom toegetakel het.

Hy is op die ou end van geen misdryf aangekla nie.

Smith, wat vir die klub Suntory Sungoliath in Japan gespeel het, het pas na Brisbane teruggekeer om Superrugby vir die Reds te speel.

Hy het van die Reds se oefeninge en behandeling vir ʼn beseerde rug misgeloop terwyl hy aangehou is.

Na wat berig word het die QRU Smith gewaarsku, en beboet met ʼn gedrag blykbaar gelykstaande aan sy salaris vir die tyd van sy afwesigheid.

Smith het die Wallabies van 2000 tot 2013 in 111 toetse verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.