Walliese rugbyklub jaag ondersteuner weg ná BLM-kritiek

Ben Jeffreys. Foto: Twitter.

’n Uitgesproke Walliese rugbyondersteuner is in die openbaar gevra om ’n ander klub te soek nadat hy die Black Lives Matter-beweging op Twitter gekritiseer het.

Ben Jeffreys, die voorsitter van Pontypool RFC, het heftig op die die ondersteuner se kritiek gereageer.

“Kry ’n ander klub om te ondersteun, jy is nie meer welkom hier nie,” het Jeffreys op Twitter geskryf.

Dié tirade volg nadat een van Pontypool se ondersteuners ’n Amerikaanse vrouesokkerspeler geloof het wat nie met die beweging saamgestem het nie.

Sokkerspelers in die Engelse Premierliga en Amerika buig deesdae die knie vóór hul wedstryde ter ondersteuning van Black Lives Matter.

In Amerika het ’n vrouespeler – wat deur die plaaslike pers as Samantha Murphy geïdentifiseer is –egter staande gedurende die volkslied gebly.

“Sy het meer ruggraat as al haar spanmaats én die ganse Engelse Premierliga-spelersgroep te midde van Marxistiese ekstremisme en intimidasie,” het die Pontypool-ondersteuner geskryf.

In sy antwoord hierop het Jeffreys beloof dat hy persoonlik sal toesien dat die ondersteuner nooit weer ’n kaartjie vir ’n Pontypool-wedstryd bekom nie.

Jeffreys se Twitter-inskrywing. Foto: Twitter.

“Voorspoed, jy sal nie gemis word nie,” het Jeffreys sy boodskap afgesluit.

Volgens Wales Online is die Pontypool-baas vroeër in die hospitaal opgeneem nadat hy ernstig met depressie gesukkel het. Hy het George Floyd se dood glo beskryf as ’n oomblik wat sy lewe verander het.

Intussen sal Engeland en Wes-Indië se krieketspelers BLM-embleme op hul hemde gedurende die komende toetsreeks tussen die twee lande dra.

Mercedes het ook aangekondig dat hulle in swart renmotors vir die komende F1-seisoen sal jaag in ’n poging om rassisme te beveg, terwyl daar gepoog word om ’n meer diverse span op die been te bring.

Lewis Hamilton, die eerste swart F1-kampioen, sal saam met sy spanmaat Valtteri Bottas in swart renpakke jaag; die Brit het ook met die ontwerp van die nuwe Mercedes gehelp.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael 1

Ek stem saam dit is belaglik en ek weier om dit te ondersteun ek het immers nog n goeie verstand.

Robert

So wat het geword van vryheid van spraak en vryheid van uitdrukking. Die klub baas is geruk deur GF se dood maar daar sterf baie ander swartes ook op die manier maar word nie deur die media gedek nie. Tyd om die regte pille te drink meneer.

AJ

Die ironie van die George Floyd gekheid is dat die wettelose geweld, vandalisme en stropery wat daarna gevolg het … het die rasse stereotipe BEVESTIG en VERSTERK?

Gaan lees “How to make friends and influence people.”

Andre

Die Ponypool is onbekend aan my, maar dis een plek waar ek sekerlik ook nie welkom sal wees nie.

'n Simpelman

Sport = Politiek
Stuit my ondersteuning vir WI en engel and krieket en Mercedes koop ek nie weer.
Wel gedien deur die hokkie speler

Ek kan dieper hierop ingaan maar dan word my boodskap weer verwyder.