Asof die wonde wat Allister Coetzee se termyn as Springbok-afrigter gelaat het nie rou genoeg is nie, vryf die Wallisers nog sout daarin ook.
Die webwerf Wales Online sê die Drake moet hul oorwinning teen die Bokke in perspektief beskou, en as hulle dink hul derde sege op die ry af (teen die Suid-Afrikaners) is ʼn geskiedkundige kordaatstuk wat volslae verering regverdig, bluf hulle bloot hulself.
“Hoe dikwels in die verlede het ʼn Suid-Afrikaanse span ʼn gebrek aan toewyding aan die dag gelê soos wat in die eerste helfte die geval was?
“Sonder om doekies om te draai, is die huidige spul onherkenbaar van die grootse individue en spanne wat Suid-Afrika in die verlede opgelewer het.
“Die foute, die gebrek aan fisiekheid, die gemis aan sterre in die agterlyn… ʼn mens kan die hele dag só aangaan.”
Die South Wales Argus erken die Bokke se oorheersing in die voorhoede, maar gebruik woorde soos “hopeloos”, “sameskraapsel”, “dooierig” en “ontstellend” vir die res van die besoekers se vertoning, en verwys na ʼn gebrek aan afronding.
Eina, eina, eina.
Wat sê Serfonteintjie en Claasentjie nou. Waar is jul petisie?
Ja, toe. Kom nou Wynand en Divan. Waar is jul groot monde nou? Julle het gekla oor Heyneke se spelpatroon wat nog steeds ‘n respektabele wenpersentasie opgelewer het. Of is julle meer bekommerd oor die HOE as oor die resultaat?
Die Walliesers het ñ nuwe naam vir die Springbok”span”. Hulle moet voortaan die “Hopelose spul Sameskraapsels” genoem word
Hulle moes lankal herdoop gewees het na die Zebras met swart en wit streep truie.Die Springbok embleem is deur die modder gesleep.Ek kan net dink hoe voel Frik Du Preez,Mannetjies Roux,Dawie De Villiers ,Naas Botha ens,ens oor die’ spul paloekas wat ”sprinbokke” genoem word.
Waar was Heimlig eiers se ruby n wen persentasie, kom seker net van flou bulls ondersteuners af.
Vat so Japan!!!!