Wallis en Bokke in dieselfde bootjie

wallis-draak-groterWatter rugbyspan het die beste vertoningslys teen Wallis?

Nieu-Seeland, Australië of Engeland? Nee.

Suid-Afrika? Ja.

Wallis kon die Bokke nog net twee keer in 31 toetse klop, ʼn wenpersentasie van slegs 6.45%. Wallis het die All Blacks drie keer in 33 toetse geklop. ʼn Wenpersentasie van 9.09%.

Maar soos die Bokke nou speel, weet ek nie of hulle Saterdag in Cardiff in staat is om op die trotse vertoningslys voort te bou nie – nie eers al word die span met Lions gelaai en al omarm die Bokke ʼn vindingryke spelpatroon nie, en selfs nie al kry die Bokke opdrag om met die bal te hardloop nie.

Die letsels is reeds daar.

Die Bok-afrigter, Allister Coetzee, het verbrou en moes dit in die eerste toerwedstryd teen die Barbarians gedoen het, en moes Saterdag in Florence teen Italië daarop voortgebou het. Hy moes reeds lankal vergeet het van JP Pietersen, Bryan Habana , Damian de Allende, Rudy Paige en Beast Mtawarira.

Dis eintlik vreemd dat Wallis so swak teen die Bokke vaar. Dit is ʼn land waar rugby koning is, en waar legendes soos Gareth Edwards, JPR Williams, Phil Bennett, John Dawes, Mervyn Davies en Shane Williams hul tande geslyp het. Dit is ʼn land waar daar Wallies gepraat word; van koolmyne en kore, en waar almal Delilah, Land of our Fathers en Bread of Heaven saam met hul graanvlokkies in die oggende kry en by rugbywedstryde sing.

Cardiff is ʼn stad waar alles letterlik tot stilstand kom wanneer daar Saterdae toetsrugby gespeel word.

Dit reën gemiddeld 146 dae elke jaar, met die hoogste reënvalsyfers wat in Desember en Januarie aangeteken word. Dis hoekom die dak van die Principality-stadion (voorheen die Millennium-stadion) toegemaak kan word, om te sorg dat die veld droog bly en nie in ʼn modderbad verander nie.

En dit is hoekom daar Saterdag nie (weer) doelloos geskop mag word nie en daar met die bal gehardloop moet word.

♦  Net soos die Bokke, ondervind die Walliese Rugbyunie ook groot probleme met Walliese spelers wat elders speel. Hulle pas ʼn beleid toe waar die afrigter (Warren Gatland en nou Robert Howley) drie tot vier spelers mag kies wat in Engeland (en Frankryk) speel.

Net soos die Bokke is Wallis ook met die rug  teen die muur. Hulle spelers is ook gestroop van hul selfvertroue, en daar is kommer oor spelers se spelpeil en afrigting. Dit is (was, sou baie ondersteuners sê)  twee trotse rugbylande.

Vir die wenner is daar baie op die spel, Wallis is sesde op die wêreldranglys en kan die Bokke uit die vyfde posisie skuif as hulle wen. Dit sal ʼn impak hê op die loting vir die 2019-Wêreldbekertoernooi

Vir die wenner is daar ontsettend baie op die spel,  vir die verloorder is dit nag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico K ·

Ek dink die rede hoekom Waliis so min teen sA gewen het, is bloot omdat Wallis ekonomies sukkel en die meeste van hulle Engeland toe trek. Hulle bevolking is baie laag gemeet teen Engeland. En vroeër jare toe Wallis regtig goed was het ons maar baie min teen hulle gespeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.