Wallis ook op jaareind-toerlys, Bokke speel 13 toetse vanjaar

Wallis het besluit om ʼn vierde wedstryd tydens die jaareindtoetse in die Noorde in te pas en sal nou benewens die Wallabies en die All Blacks binne drie weke ook teen Suid-Afrika speel.

Vir Suid-Afrika beteken die bekendmaking van die bepaling  ook ʼn vierde wedstryd nadat hulle op 11 November teen Ierland en die twee daaropvolgende Saterdae (weer) teen Frankryk en Italië sal speel.

Benewens die Wallabies en die All Blacks speel Wallis ook in Cardiff teen Georgië, wat op nr 12 drie plekke bo Italië op die ranglys is.

Die Walliese kragmeting sal die Springbokke se aantal toetse na 13 vir die jaar opstoot: die drie teen Frankryk, wat in Junie hier kom speel, die twee toetse teen elk van die ander drie Sanzaarlande, en dan die vier op die jaareindtoer.

Wallis, wat verlede jaar in Cardiff teen die Springbokke op die jaareindtoer met 27-13 gewen het, is tans agste op Wêreldrugby se amptelike ranglys. Die Springbokke is sewende en Frankryk is sesde.

♦  Om noemenswaardig te klim van die vrot sewende plek waar die Bokke hulle nou bevind, sal hulle veral teen die All Blacks en die Wallabies moet wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

En teen einde November lees die berig, Bokke verloor 13 toetse en 2017, Alister Coetzee blameer spelers vir die rekord en word deur SARU geloof vir sy eerlikheid en ‘n bonus betaal. viva viva afrika standaard

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.