Wallis se agt Britse en Ierse Leeus terug vir Novembertoetse

Suid-Afrika, wat ʼn appeltjie met Wallis te skil het ná vier neerlae in die afgelope vyf toetse, sal op 24 November die kans kry om wraak te neem ‒ en dit gaan sommer baie moeilik wees.

Die Walliese afrigter Warren Gatland het agt van die nege Britse en Ierse Leeus wat nie op die Junietoer was nie, ingesluit. Die agsteman Taulupe Faletau het sy arm verlede maand gebreek en is nie oorweeg nie.

Die agt Leeus in die groep sluit die Walliese kaptein en slot, Alun Wyn, Jones in. Die ander is die haker Ken Owens, die heelagter/vleuel Leigh Halfpenny, die vleuel, Liam Williams, die flanke Dan Lydiate en Justin Tipuric, die losskakel Dan Biggar en die senter Jonathan Davies, wat weer fiks is.

Daar is twee nuwelinge in die groep, Luke Morgan (vleuel) en Jonah Holmes (vleuel/heelagter), en ook ʼn aantal van die spelers wat in Junie met ʼn uitgedunde span die Springbokke in Washington en toe twee toetse teen die Poemas in Argentinië gewen het. Dit sluit die twee stutte, Leon Brown en Dillon Lewis, en die flank Aaron Wainwright in.

Wallis se bepalings

vs Skotland (3 November)
vs Australië (10 November)
vs Tonga (17 November)
vs Suid-Afrika (24 November)

Wallis se groep (37 spelers) ‒

Voorspelers
Rob Evans, Wyn Jones (albei Scarlets), Nicky Smith (Ospreys), Elliot Dee (Dragons), Ryan Elias, Ken Owens (albei Scarlets), Leon Brown (Dragons), Tomas Francis (Exeter Chiefs), Samson Lee (Scarlets), Dillon Lewis (Cardiff Blues), Jake Ball (Scarlets), Adam Beard, Bradley Davies (albei Ospreys), Cory Hill (Dragons), Alun Wyn Jones (Ospreys), Ellis Jenkins (Cardiff Blues), Dan Lydiate (Ospreys), Ross Moriarty (Dragons), Justin Tipuric (Ospreys), Aaron Wainwright (Dragons).

Agterspelers
Aled Davies (Ospreys), Gareth Davies (Scarlets), Tomos Williams, Gareth Anscombe (albei Cardiff Blues), Dan Biggar (Northampton Saints), Rhys Patchell, Jonathan Davies (albei Scarlets), Tyler Morgan (Dragons), Hadleigh Parkes (Scarlets), Owen Watkin (Ospreys), Josh Adams (Worcester Warriors), Steffan Evans, Leigh Halfpenny (albei Scarlets), Jonah Holmes (Leicester Tigers), Luke Morgan, George North (albei Ospreys), Liam Williams (Saracens).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Ws ·

Ek sit my “geld” op die Walliesers vir nog ‘n wen!Go Red Dragons GO!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.